settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is Christelike argeologie belangrik?

Antwoord


Argeologie kom van twee saamgestelde Griekse woorde – “archae” beteken “antiek” en “logos” beteken “kennis”; dus, “kennis of studie van die antieke.” ‘n Argeoloog is baie meer as ‘n Indiana Jones-tipe individualis wat al om die wêreld hardloop en uitkyk vir ou artefakte om in ‘n museum te plaas. Argeologie is ‘n wetenskap wat antieke kulture bestudeer deur materiale van die verlede op te spoor en te dokumenteer. Christelike argeologie is die wetenskaplike studie rakende kulture wat ‘n impak op die Christendom, Judaïsme en die Joodse en Christelike kulture op sigself gehad het. Die Christelike argeoloë probeer nie net om nuwe dinge vanuit die verlede te ontdek nie, maar hulle probeer ook bepaal wat hulle reeds oor die verlede weet en brei ons begrip oor die doen en late van die Bybelse mense uit. Die Bybelse teks en ander geskrifte is die belangrikste stukke informasie wat ons het oor die geskiedenis van die antieke Bybelse mense. Hierdie geskrifte het egter baie onbeantwoorde vrae gelaat en dit is hier waar Christelike argeoloë in die prent kom. Hulle kan die gedeeltelike prent wat die Bybelse verhaal voorsien, invul. Opgrawings van antieke vullishope en verlate stede voorsien stukkies en brokkies, wat vir ons ‘n idee van die verlede gee. Die doel van Christelike argeologie is om die belangrike waarhede van die Ou en Nuwe Testamente deur die fisiese artefakte van antieke mense te verifieer.

Christelike argeologie het eers in die 19de eeu ‘n wetenskaplike dissipline geword. Die boustene daarvan is gelê deur manne soos Johann Jahn, Edward Robinson en sir Flinders Petrie. In die 20st eeu het William F. Albright die dominante figuur geword. Dit was Albright wat die Christelike argeologie in die kontemporêre debatte oor die oorspronge en betroubaarheid van die Bybelse verhale gevoer het. Dit was hy en sy studente wat die meeste van die fisiese bewyse vir die historiese gebeure in die Bybel beskryf, voorsien het. Vandag lyk dit of daar nogtans baie meer argeoloë is wat probeer om die Bybel te weerlê, as wat daar is om dit as akkuraat te bewys.

Ons hoef nie baie ver te gaan om nuwe aanvalle op die Christendom deur die sekulêre wêreld te vind nie. ‘n Voorbeeld daarvan is te vinde op Discovery Channel: “The Da Vinci Code” en ander soos die geskiedkundigheid van Christus. Een program deur James Cameron beweer dat die graf en kis van Jesus gevind is. Volgens hierdie “ontdekking” is daar tot die slotsom geraak dat Jesus nie uit die dood opgestaan het nie. Wat die program egter nalaat om te sê, is dat die ontdekking jare vantevore gebeur het en dat dit toe reeds bewys is dat dit nie Christus se graf was nie. Hierdie kennis is ingewin deur die harde werk van Christelike argeoloë.

Dit is argeologiese bewyse wat die beste moontlike fisiese inligting oor die lewe en tye van die antieke mense en gebeure oplewer. Wanneer behoorlike wetenskaplike metodes aangewend word vir opgrawings op antieke persele, kom daar inligting en bewyse na vore wat ons kennis verbreed oor die antieke mense en hul kulture, wat dan weer die Bybelse teks geloofwaardig maak. Sistematiese opgawes van hierdie bevindinge is met wêreldwye deskundiges gedeel en gee aan ons die volledigste inligting oor die Bybelse tye. Christelike argeologie is maar net een van die instrumente wat gebruik word om ‘n meer volledige vertoë te rig ten opsigte van die Bybel en die Evangelie van Jesus Christus. Dikwels wanneer ons ons geloof met ongelowiges deel, word ons gevra oor die Waarheid van die Bybel. Een van die antwoorde wat ons kan gee, is dan deur die werk en navorsing van Christelike argeoloë wat die geloofwaardigheid van die Bybel bepaal.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is Christelike argeologie belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries