settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel aangaande bygelowe?

Antwoord


Bygelowigheid word gebaseer op die onkundige geloof dat ‘n voorwerp magiese kragte het. ‘n Ander woord daarvoor is “afgodery.” Die Bybel steun nie die denke dat dinge per toeval gebeur nie, want niks vind plaas buite God se soewereine beheer nie. Hy laat gebeur of bewerkstellig alles binne Sy goddelike plan (Hand 4:28; Ef 1:10).

Daar is baie soorte bygelowe in die wêreld, met ‘n reikwydte van heilsaamheid – soos om nie onder ‘n leer deur te loop nie – tot die okkultiese praktyke van astrologie, swart towerkuns, waarsêery, voodoo en toorkuns (2 Kon 21:6, Jes 2:6). Afgodery is ook verbied en niemand wat dit beoefen , sal die koninkryk van God binnegaan nie (Openbaring 21:27). Hierdie tipe van praktyke is uiters gevaarlik, omdat dit die verstande van die beoefenaars open om die bose invloede in te laat. 1 Pet 5:8 waarsku ons om “nugter en wakker te wees.” “Julle vyand, die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.”

Ons moenie ons geloof kry van voorwerpe of rituele van mensgemaakte oorsprong nie, maar van die Een ware God wat die ewige lewe gee. Kol 2:8-10, “Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. In Hom is die volle wese van God beliggaam en in verbondenheid met Hom deel julle in Sy volheid. Hy is die hoof oor al die bose magte.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel aangaande bygelowe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries