Vraag
Wat is bybelse tipologie?
Antwoord
Tipologie is ‘n spesiale soort simbolisme. (‘n Simbool is iets wat iets anders verteenwoordig.) Ons kan ‘n tipe definieer as “profetiese simbool,” omdat alle tipes voorstellings van iets is, nietemin toekomstig. Meer spesifiek, ‘n tipe in die Skrif is ‘n persoon of ding in die Ou Testement wat ‘n persoon of ding in die Nuwe Testament voorafskaduwing. Byvoorbeeld, die sondvloed in Noag se dae (Gen 6-7) word gebruik as ‘n tipe doping in 1 Pet 3:20-21.
As ons sê dat iemand ‘n tipe van Christus is, sê ons dat ‘n persoon in die Ou Testament so optree dat dit met Jesus se karakter korrespondeer of sekere asksies in die Nuwe Testament. As ons sê dat iets “tipies” van Christus is, sê ons dat ‘n voorwerp of gebeurtenis in die Ou Testament gesien kan word as verteenwoordigend van sommige kwaliteite van Jesus.
Die Skrif self identifiseer verskeie Ou Testamentiese gebeure as tipes van Christus se verlossing, insluitende die tabernakel, die offerstelsel en die Paasfees. Die Ou Testementiese tabernakel word geïdentifiseer as ‘n tipe in Hebr 9:8-9: “die verbondstent. . . .Dit wys alles vooruit na die huidige tyd.” Die hoëpriester se ingang na die allerheiligste eenmaal per jaar is ‘n vooraf-uitbeelding van die tussenspraak van Christus, ons Hoëpriester. Later, die voorhangsel van die tabernakel word gesien as ‘n tipe van Christus (Hebr 10:19-20) deurdat Sy liggaam geskeur was, (soos die voorhangsel, toe Hy gekruisig was) om sodoende ingang te berei na God se teenwoordigheid, vir hulle wat deur Sy offerande gedek is.
Die hele offerandestelsel word gesien as ‘n tipe in Hebr 9:19-26. Die artikels van die eerste testament” was opgedra met die bloed van offerande; hierdie artikels word genoem “Die aardse afbeeldings van die hemelse dinge” en “’n namaaksel van die ware” (verse 23-24). Hierdie gedeelte leer dat die Ou Testamentiese offerandes Christus se finale offerande vir die sondes van die wêreld uitbeeld. Die Paasfees is ook ‘n tipe van Christus, volgens 1 Kor 5:7, “Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.” Deur presies te ontdek wat die gebeure van die Paasfees ons van Christus leer, is ‘n ryk en belonende studie.
Ons moet die verskil uitwys tussen ‘n illustrasie en ‘n tipe. ‘n Tipe word altyd geïdentifiseer as sulks in die Nuwe Testament.’n Bybelstudent wat korrelasies tussen ‘n Ou Testamentiese storie en die lewe van Christus vind, is eenvoudig besig om illustrasies te vind, nie tipes nie. Met ander woorde, tipologie word deur die Skrif bepaal. Die Heilige Gees het die gebruik van tipes geïnspireer; illustrasies en analogieë is die resultaat van die mens se studie. Byvoorbeeld, baie mense sien parallelle tussen Josef (Gen 37-45) en Jesus. Die vernedering en daaropvolgende verheerliking van Josef lyk asof dit korrespondeer met die dood en opstanding van Christus. Tog gebruik die Nuwe Testament nooit vir Josef as ‘n model van Christus nie; dus word Josef se storie ‘n illustrasie genoem, maar nie ‘n tipe van Christus nie.
English
Wat is bybelse tipologie?