settings icon
share icon
Vraag

Wat is bybelse teologie?

Antwoord


Bybelse teologie is die studie van die doktrines van die Bybel, gerangskik volgens hul kronologie en historiese agtergrond. In kontras met sistematiese teologie, wat doktrine kategoriseer ten opsigte van spesifieke onderwerpe, toon bybelse teologie die blootlegging van God se openbaring soos dit deur die geskiedenis verloop. Bybelse teologie mag soek om die teologiese leringe van ‘n spesifieke Skrifgedeelte te isoleer en uit te druk, soos die teologie van die Pentateug (eerste 5 Boeke van die Ou Testament) of die teologie opgeneem in Johannes se geskrifte, ens. Of dit mag fokus op ‘n spesifieke tydsperiode, soos die teologie van die verenigde koninkryksjare. ‘n Ander vertakking van bybelse teologie mag ‘n sekere motief of tema in die Bybel bestudeer: ‘n studie van “die oorblyfsel,” byvoorbeeld, mag navors hoe daardie motief bekendgestel en ontwikkel is regdeur die Skrif.

Baie het groot agting vir J. P.Gabler, ‘n Duitse bybelse student, wat begin het met die veld rakende bybelse teologie. Soos hy ingehuldig was tot professorskap in 1787, het Gabler hom beroep op ‘n skerp onderskeiding tussen dogmatiek (sistematiese of doktrinale) teologie en bybelse teologie. Vir Gabler moet bybelse teologie ‘n streng historiese studie wees van wat geglo en geleer was in die verskeie periodes van bybelse geskiedenis, afhangend van moderne denominasionele, doktrinale, filosofiese of kulturele oorwegings. In die algemeen, die beginsels wat Gabler voorgestaan het, is korrek en hy het die ontwikkeling van bybelse teologie beïnvloed vir baie jare vorentoe.

Daar moet egter op gelet word dat daar nie so iets is soos ‘n studie van die Bybel met volkome objektiwiteit nie. Elke interpreteur bring sekere vooropgesteldes na die tafel. Hierdie partydigheid het aansienlike invloed op die proses van hoe die Skrif geïnterpreteer word. Die gevolg daarvan is dat die veld van bybelse teologie met elke moontlike opinie en variasie van wat die Bybel leer, gekontroleer word. Bybelse teologie is uiters afhanklik van die hermeneutiek van die teoloog. Die metodes wat aangewend word om die Skrif te interpreteer, is uiters belangrik vir bybelse teologie. Iemand se bybelse teologie kan geensins beter wees as die metodes wat hy gebruik om die Skrif te interpreteer nie.

Hier is ‘n basiese verskil tussen sistematiese en bybelse teologie: sistematiese teologie vra, “Wat sê die Bybel as ‘n geheel aangaande engele?” en ondersoek dan elke gedeelte betreffende engelagtige wesens, maak gevolgtrekkings en organiseer al die informasie in ‘n afdeling van waarheid, genaamd “engele.” Die finale produk is, van Genesis tot Openbaring, die totaliteit van God geopenbaarde waarheid oor hierdie onderwerp.

Bybelse teologie vra, “Hoe ontwikkel ons begrip aangaande engele regdeur bybelse geskiedenis?” en begin dan met die Pentateug se lering oor engele en spoor God se progressiewe openbaring van hierdie wesens regdeur die Skrif, na. Langs die pad, kom die bybelse teoloog tot gevolgtrekkings oor hoe mense se denke oor engele verander het, soos meer en meer waarheid geopenbaar was. Die samevatting van so ‘n studie, is natuurlik, ‘n begrip van wat die Bybel te sê het oor engele, maar dit plaas ook daardie kennis in die konteks van die “groter prent” van God se hele openbaring. Bybelse teologie help ons om die Bybel te sien as ‘n totale eenheid, eerder as ‘n samestelling van nie-verwante doktrinale punte.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is bybelse teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries