Vraag
Hoe kan ons glo dat bybelse profesie inderdaad die toekoms kan voorspel?
Antwoord
Die hoofrede waarom ons bybelse profesie kan vertrou, is dat dit, soos die res van die Skrif, gegee was deur die Skepper van die heelal. Dit is goddelik geïnspireer, foutloos, perfek en waar. God kan nie lieg nie (Titus 1:2) en die geloofwaardigheid van bybelse profesie is gewortel in die karakter en kennis van God: “Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek” (Jes 46:10).
Bybelse profesie voorspel die toekoms en dit verduidelik wat die positiewe of negatiewe resultate van toekomstige gebeure sal wees. Profesie mag gebeure aankondig wat blydskap en vreugde en voorgevoel bring. As God se profesieë geïgnoreer word, is dit gewoonlik omdat die hoorders nie hou van wat hulle hoor nie, om een of ander rede. Bybelse profesie is gewoonlik baie spesifiek oor hoe dit iemand of iets sal affekteer. En dit is altyd betroubaar en waar as gevolg van ons volkome vertroue. Ons kan toelaat dat profesie help om ons lewens te vorm, deur ons rigting aan te wys hoe om ons Here te dien. Profesie behoort ‘n bron van sterkte en instruksie vir ons te wees. Ongeag wat ons deesdae hoor wat “profesie” genoem word, beide in die kerk en daar buite, ware bybelse profesie is altyd akkuraat en presies. Wat God profeteer, gebeur altyd (Jes 14:24).
Die profesie van die vloed in Gen 6 is ‘n voorbeeld. God verduidelik Sy redes vir die vloed, gee spesifieke opdragte vir Noag om die ark te bou om lewens te behou en bring dan hierdie wêreldwye katastrofe. Josef se drome in Gen 37:5-10 bevat profesieë wat later in sy lewe gebeur het. Deut 18:18 sê, “Ek sal ‘n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote (Moses); hy sal soos jy wees. Ek sal My woorde in sy mond gee en hy sal vir sy volksgenote alles sê wat Ek hom beveel.” Hierdie profesie wys na die Joodse Messias, ons Here Jesus en word in Hand 3:22 aangehaal. Jesaja 53 bevat ‘n uitgebreide profesie van Jesus Christus: Sy jeug, Sy bediening, Sy sondelas en lyding en Sy offerande van Homself. Ps 22 gee vir ons ‘n ander profesie van ons Here se lyding, saamgevat in ‘n beskrywing van koning Dawid.
In ons Here se eie profesieë, soos daardie in Matt 24, praat Hy van oorloë, droogtes, aardbewings, vervolginge, afvalligheid en misleidings en uiteindelik van Sy eie wederkoms. Hierdie en ander eindtyd-profesieë is so betroubaar soos God se waarskuwing aangaande die vloed. Soortgelyke voorspellings van katastrofiese gebeure wat nog moet kom, word in 2 Petrus 3 en Openbaring 6-16 gevind. En in 1 Tess 4:13-18 word aan Christene ‘n verlossing van daardie dag van swaarkry, belowe. Bybelse profesie voorsien ons van ‘n padkaart vir die toekoms. Om te faal om die profesie van die wegraping te verstaan, is om een van die grootste geskenke van God mis te loop. Ons kan glo dat God ons liefhet en Sy Seun vir ons gegee het (Joh 3:16). Ons kan sekerlik op Hom steun as die Skrywer van bybelse profesie. Ons Here het gesê, “In die huis van My Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie” (Joh 14:2). Dan gee Hy vir ons daardie geseënde versekering, “En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (vers 3). Dit moet ‘n bemoediging wees vir alle Christene. Plaas jou geloof in God se profesieë, netsoos jy jou geloof in Sy Seun plaas. “Hy is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God” (2 Kor 1:19-20).
English
Hoe kan ons glo dat bybelse profesie inderdaad die toekoms kan voorspel?