settings icon
share icon
Vraag

Wat is bybelse hermeneutiek?

Antwoord


Bybelse hermeneutiek is die studie van die beginsels en metodes om die inhoud van die Bybel te interpreteer. 2 Tim 2:15 gee opdrag aan die gelowiges om betrokke te wees in hermeneutieks: “Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.” Die doel van bybelse hermeneutieks is om ons te help om te weet hoe om deeglik te interpreteer, te verstaan en die Bybel toe te pas.

Die belangrikste wet van bybelse uitlegkunde is dat die Bybel letterlik geïnterpreteer moet word. Ons moet die Bybel verstaan in sy normale of gewone betekenis, tensy die gedeelte vanselfsprekend veronderstel is om simbolies of figuurlik van spraak aangewend te moet word. Die Bybel sê wat dit bedoel en bedoel wat dit sê. Byvoorbeeld, waar Jesus praat van die 5 000 wat gevoed is in Mark 8:19, sê die wet van uitlegkunde dat ons die “vyfduisend” letterlik moet verstaan – daar was ‘n skare van honger mense in getal 5 000, wat met regte brood en vis gevoed was deur ‘n wonderwerkende Verlosser. Enige poging om die getal te “vergeestelik” of ‘n letterlike wonderwerk te ontken, doen onreg aan die teks en ignoreer die betekenis van die taalgebruik, wat gekommunikeer word. Sommige interpreteerders maak die fout deur tussen die lyne te probeer lees, om op te kom met esoteriese betekenisse wat nie werklik in die teks is nie – daar is in elke gedeelte versteekte geestelike waarheid wat ons moet soek om te ontsyfer. Bybelse uitlegkunde hou ons geloofwaardig ten opsigte van die bedoelde betekenis van die Skrif en hou ons weg van sinnebeeldige Bybelverse wat letterlik verstaan moet word.

‘n Tweede belangrike wet van bybelse hermeneutiek is dat die gedeeltes histories geïnterpreteer moet word, ook grammatikaal en kontekstueel. Om ‘n gedeelte histories te interpreteer, beteken dat ons moet soek om die kultuur te verstaan, ook die agtergrond en situasie wat aanleiding gee tot die teks. Byvoorbeeld, om Jona se vlug in Jona 1:1-3 ten volle te verstaan, moet ons die geskiedenis van die Assiriërs en hoe dit met Israel verband gehou het, navors. Om ‘n gedeelte grammatikaal te interpreteer, vereis van jou om die grammatikale reëls te volg en die nuanses van Hebreeus en Grieks te herken. Byvoorbeeld, toe Paulus skryf van “ons grote God en Verlosser, Jesus Christus” in Titus 2:13, sê die grammatikale reëls dat God en Verlosser parallelle terme is en hulle is beide in apposisie tot Jesus Christus – met ander woorde, Paulus praat duidelik van Jesus as “ons groot God.” Wanneer ‘n gedeelte kontekstueel geïnterpreteer word, sluit dit in dat die konteks van ‘n vers in ag geneem moet word, as daar gepoog word om die betekenis te bepaal. Die konteks sluit die voorafgaane en daarop volgende tekste in, die boek en veral, die hele Bybel. Byvoorbeeld, baie ingewikkelde stellings in Prediker raak duideliker wanneer dit in konteks behoue bly – die boek Prediker is geskrywe vanuit die aardse perspektief “onder die son” (Prediker 1:3). Hierdie frase “onder die son” word ongeveer 30 keer herhaal, en staaf sodoende die teks met alles wat tot “niks kom” in hierdie wêreld.

‘n Derde wet van bybelse uitlegkunde, is dat die Skrif altyd die beste interpreteerder van die Skrif is. Om hierdie rede vergelyk ons altyd Skrif met Skrif, as daar gepoog word om die betekenis van ‘n gedeelte te bepaal. Byvoorbeeld, Jesaja se veroordeling van Juda se begeerte om Egipte se hulp te soek en hul vertroue op ‘n sterk ruitery (Jes 31:1) te plaas, was gemotiveerd, deels deur God se eksplisiete opdrag dat Sy volk nie na Egipte moet gaan om perde te soek nie (Deut 17:16).

Sommige mense vermy bestudering van bybelse uitlegkunde, omdat hulle verkeerdelik glo dat dit hul vermoë sal beperk om nuwe waarhede vanuit God se Woord te leer of die Heilige Gees se beligting van die Skrif sal onderdruk. Maar hul vrese is nie gegrond nie. Bybelse hermeneutiek gaan alles oor die vind van die korrekte interpretasie van die besielende teksgedeelte. Die doel van dit is om ons te beskerm van verkeerde aanwending van die Skrif of om toe te laat dat bevooroordeling ons begrip van die waarheid beswadder. God se Woord is waarheid (Joh 17:17). Ons wil die waarheid sien, die waarheid ken en die waarheid lewe so goed as ons kan en dit is waarom bybelse uitlegkunde uiters deurslaggewend is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is bybelse hermeneutiek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries