settings icon
share icon
Vraag

Wanneer kan ‘n doktrine beskou word as werklik bybels?

Antwoord


‘n Doktrine kan slegs beskou word as werklik bybels, indien dit eksplisiet in die Bybel geleer word. ‘n Kwessie sou onbybels wees (die lerings van die Bybel opponeer), ekstra-bybels (buite of nie in die Bybel genoem word nie), bybels gebaseer (verband hou met die leringe van die Bybel), of bybels.

‘n Onbybelse doktrine is enige lering wat die Bybel se duidelike lering opponeer. Byvoorbeeld, ‘n oortuiging dat Jesus gesondig het, is onbybels. Dit staan in direkte kontras met wat die Bybel ons leer op baie plekke, insluitende Hebr 4:15; “Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.”

‘n Ekstra-bybelse doktrine sou enige lering wees wat nie direk in die Bybel geleer word nie. Dit kan goed of sleg wees. Byvoorbeeld, om in ‘n demokratiese verkiesing te stem, is ‘n positiewe gebruik, maar dit word nie eksplisiet in die Bybel genoem nie. Om sekere vakansies na te volg, is dikwels nie goed of sleg nie: “Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ‘n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting” (Rom 14:5). Enige lering aangaande die onderhouding van Vasdag (Lent), byvoorbeeld, is ekstra-bybels.

Ander leringe kan gebaseer word op bybelse beginsels, maar nie direk in die Bybel geleer word nie. Byvoorbeeld, rook word nêrens in die Bybel gemeld nie. Tog kan ons aanvaar dat die praktyk vermy moet word, gebaseer op 1 Kor 6:19-20, “Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie?. . . . . en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.” As ‘n bybelse beginsel van toepassing is, kan ons met oortuiging leer dat dit ‘n bybels gebaseerde lering is.

Bybelse doktrines, dan, is leringe wat eksplisiet in die Bybel geleer word. Voorbeelde van dit sluit God se skepping van die hemel en aarde in (Gen 1:1), die sondigheid van alle mense (Rom 3), die maagdelike geboorte van Jesus (Matt 1:20-25; Luk 1:26-38), die fisiese dood en letterlike opstanding van Jesus (1 Kor 15:3-11), redding slegs deur genade en slegs deur geloof (Ef 2:8-9), die inspirasie van die Skrif (2 Tim 3:16-17) en baie ander.

Probleme ontstaan as mense hierdie kategorieё verwar, Byvoorbeeld, om te verkondig dat die maagdelike geboorte ‘n opsionele doktrine is wat Christene vry is om te glo of nie, is om ‘n kernlering van die Bybel te verwerp. Dit beeld ‘n bybelse doktrine uit as onbelangrik. Dan is daar diegene wat ekstra-bybelse lerings aanbied, asof dit bybelse doktrines is. ‘n Persoon se opinies en voorkeure plaas nadruk op God se Wet; dit gebeur soms in die keuse van kleredrag, musiekstyl en voedselkeuses. As ons die ”leerstellings van mense as gebooie van God” voorhou (Markus 7:7), dan raak ons soos die Fariseёrs wat Jesus ten sterkste veroordeel het.

Ons doel moet wees om duidelik en beslis te praat, as die Skrif ondubbelsinnig is. In geval van ekstra-bybelse kwessies, moet ons versigtig wees om dogmatisme te vermy. Soos baie gesê het: in die essensiёle eenheid; in die nie-essensiёles, diversiteit; in alle dinge, mensliewendheid.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wanneer kan ‘n doktrine beskou word as werklik bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries