settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Bybelse doktrine in verband met beligting/openbaring?

Antwoord


Eenvoudig gestel, openbaring in die geestelike sin is "skakel die lig aan": om iets te verstaan in 'n sekere omgewing/area. Wanneer goddelike openbaring met nuwe kennis of toekomstige dinge handel, noem ons dit "profesie." Wanneer openbaring met begrip en die toepassing van kennis, wat reeds gegee is, handel, noem ons dit "illuminasie." Die vraag ontstaan dan, " Hoe belig God die verstand van hulle wat Sy Woord bestudeer?"

Die mees basiese vlak van beligting is die kennis van sonde; sonder daardie kennis, is al die ander dinge sonder betekenis. Ps 18:29 sê, "U, Here laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my." Ps 119, die langste hoofstuk in die Bybel, is 'n lied oor God se Woord. Vers 130 sê, "Wanneer U woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is." Hierdie vers staaf die basiese metode van God se illuminasie. Wanneer God se Woord in 'n persoon se hart ingaan, gee dit lig en begrip. Om hierdie rede word ons herhaaldelik aangesê om die Woord van God te bestudeer. Ps 119:11 sê, "Aan U beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U." Verse 98 en 99 sê, "U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, en is altyd by my. Ek munt uit bo al my leermeesters, want U verordeninge bly my by."

Gereëlde studie van Godswoord sal rigting en begrip gee in dinge op my lewenspad. Dit is die eerste metode van God se illuminasie en die beginpunt vir ons almal. In Ps 119 vind ons ook 'n ander tipe illuminasie wat God gebruik. Vers 18 sê, "Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van U wet ervaar." Hierdie "kragtige werking" is nie nuwe openbarings nie, maar dinge wat reeds lank gelede geskryf is en nou eers deur die leser verstaan word. Byna dieselfde vind ons in vers 73, "Met U eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek U gebooie kan verstaan." Die pleidooi hier is vir begrip om God se wette toe te pas. Vyftien keer in hierdie Psalm word God gevra om te onderrig of begrip te gee vir Sy gebooie.

Een gedeelte wat soms omstredenheid veroorsaak ten opsigte van illuminasie in Joh 14:26, "en wanneer die Vader in My Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het." Jesus het met Sy dissipels in die bovertrek gepraat en die laaste opdragte voor Sy dood gegee. Hierdie spesiale groep mans was verantwoordelik vir die verspreiding van die goeie nuus van Jesus Christus, aan die hele wêreld. Hulle het drie en 'n halwe jare saam met Hom gespandeer, wonderwerke gesien en Sy leringe gehoor. Deur daardie leringe aan die res van die wêeld oor te dra, sou hulle God se spesiale hulp benodig om akkuraat te onthou. Jesus het gesê dat die Heilige Gees hulle sou leer en herinner, sodat hulle kon aanklang vind by mekaar. Hierdie vers leer dat die apostels goddelike hulp sou ontvang om die Evangelies te skryf, maar dit sê nie dat die Gees dieselfde met al die gelowiges sal doen nie.

Wat is dan die Heilige Gees se openbaringswerk in gelowiges? Ef 1:17-18 sê dat die Gees wysheid en openbaring gee aangaande Jesus Christus en die geestesoë oopmaak om te verstaan, sodat ons kan weet wat God se doel vir ons lewens inhou. In 1 Kor 2:10-13 openbaar God Sy planne vir ons deur Sy Gees, wat ons geestelike dinge leer. Die konteks hier verwys na die Woord van God as openbaring. Die Gees van God sal ons altyd verwys na God se Woord om ons te onderrig. Soos Jesus Sy dissipels in Joh 16:12-15 geleer het, herhaal die Gees eenvoudig wat die Vader en die Seun reeds gesê het. Hierdie herhaling help ons om te onthou en volledig te hoor wat God reeds aan ons gesê het. Soms moet ons dinge verskeie kere hoor, voordat ons werklik "gehoor" het. Dit is waar die Gees inkom.

Een ding wat soms nagelaat word in die illuminasiegesprek, is die doel daarvan. Om sekere argument te hoor, sou lyk asof die hele doelwit van illuminasie 'n akkurate en akademiese begrip is, aangaande die Woord van God. Daar bestaan geen twyfel dat God begeer dat ons akkuraat verstaan wat Hy ons gegee het nie. Woode het betekenis en ons moet aandag gee aan die wyere betekenis van daardie woorde. Tog, is dit so dat 'n akademiese begrip van feite niks goeds beteken, sonder die toepassing van daardie feite nie.

Om terug te keer na Ps 119: ons vind doelbewuste stellings wat verbind word met die verse, betreffende illuminasie. "Ek wil van U magtige dade vertel" (v 27), Gee my insig, dat ek U wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou" (v 34), "onderrig my tog in U verordeninge" (v 125), "dat ek kan lewe" (v 144). Die illuminasie verwys altyd na handeling. Hoekom help God ons om Sy Woord te verstaan? Dat ons by magte kan wees om in die lig daarvan te lewe. 1 Joh 1:6 daag ons uit, "As ons beweer dat ons aan Hom deel het en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie." Ons kan dit op die volgende wyse uiteensit: "Indien ons sê dat ons belig is, maar steeds in die donkerte lewe, lieg ons dat ons God se Woord verstaan." Die Gees van God, wat ons belig om God se Woord te verstaan, neem daardie kennis en lei ons op die pad om dit uit te leef. Rom 8:14 sê, "Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God." Die openbarende werk van die Heilige Gees in ons lewens, is 'n bevestiging dat ons inderdaad kinders van God is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Bybelse doktrine in verband met beligting/openbaring?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries