settings icon
share icon
Vraag

Is die lering aangaande bewaring bybels?

Antwoord


Die lering in verband met bewaring ten opsigte van die Skrif, beteken dat die Here Sy Woord ongeskonde behou het, volgens die oorspronklike betekenis. Bewaring beteken eenvoudig dat ons die Skrif kan vertrou, omdat God in Sy soewereiniteit daarna omgesien het in die oordragsproses deur die eeue.

Ons moet ook in ag neem dat ons nie die oorspronklike geskrifte of outobiografieë besit nie. Wat ons wel het, is duisende kopieë van manuskrifte. Hierdie manuskripte bevat verskille, maar hulle is uiters klein en onbelangrik en het op geen manier enige effek op die basiese leringe of betekenis van God se Woord nie. Die verskille is meestal dinge soos klein spelvariasies. Dit is wel so dat anderse spelling nie die akkuraatheid van die Skrif affekteer nie, en dit beteken ook nie dat God nie Sy Woord bewaar het nie. In daardie gevalle waar een manuskrip meer substansieel van 'n ander verskil, kan ons deur deeglike ondersoek en vergelyking van alle manuskripte, vasstel wat die oorspronklike bewoording was.

Die antieke skrywers, wie se werk dit was om presiese afskrifte van die Skrif te maak, was baie puntenerig. Een voorbeeld van hul noukeurige presiesheid is die beoefening van die lettertelling in 'n gegewe boek en die notering van die middelste letter van die boek. Hulle sou dan al die letters tel in die kopie wat hulle gemaak het en die middelste letter vind om seker te maak dat dit ooreenstem met die oorspronklike. Hulle het sulke tydrowende en nougesette metodes gebruik om akkuraatheid te verseker.

Verderaan is dit so dat die Skrif getuig oor God se plan om Sy Woord te bewaar. In Matt 5:18 het Jesus gesê, "Dit verseker Ek julle: 'Die hemel en aarde sal eerder vergaan, as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.''' Jesus kon nie daardie belofte gemaak het, tensy Hy nie seker was dat God Sy Woord sou bewaar nie. Jesus het ook gesê, "Die hemel en die aarde sal vergaan, maar My woorde nooit" (Matt 24:35; Mark 13:31; Luk 21:33). God se Woord sal bly bestaan en verkry wat God beplan het.

Die profeet Jesaja, deur die krag van die Heilige Gees, het gesê dat God se Woord vir ewig sal leef. "Gras verdor en blomme verwelk, maar die Woord van ons God bly vir ewig" (Jes 40:8). Dit word opnuut bevestig in die Nuwe Testament, toe Petrus Jesaja aanhaal en na die Skrif verwys het as "En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is" (1 Pet 1:24-25). Nie Jesaja of Petrus kon sulke aannames maak, sonder die verstaan van God se bewaring van die Skrif nie.

Wanneer die Bybel praat van God se Woord wat vir ewig bly, kan dit nie beteken dat dit weggesteek is in soort kluis in die hemel nie. Godswoord is spesifiek aan die mensdom gegee en dit sou nie 'n vervullingsdoel kon bereik het, indien dit nie vir ons beskikbaar was nie. "Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees" (Rom 15:4). Verder kan 'n persoon nie gered word sonder die evangelieboodskap wat in God se Woord saamgevat is nie (1 Kor 15:3-4). Dus, om sodoende "tot in die uithoeke van die aarde" (Hand 13:47) die Evangelie te verkondig, moet die Woord bewaar word. As die Skrif nie Bonatuurlik bewaar is nie, sou daar geen manier wees om eenvormigheid in die boodskap te verseker nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die lering aangaande bewaring bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries