settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is daar so baie verwarring in verband met die leringe van die Bybel?

Antwoord


God het vir ons die Bybel gegee, sodat ons van Hom en Sy maniere van optrede kan leer en aangesien God nie 'n God van wanorde is nie (1 Kor 14:33) is enige verwarring afkomstig van die verwoestende magte van die wêreld, die vlees en die duiwel. Die "wêreld" is die goddelose wêreldsisteem, waarvan die mense nie die Woord van God verstaan of daarvoor omgee nie; die "vlees" is die voortstuwende sondige natuur wat Christene besit en wat hul goddelike pad saam met God bederf; en die "duiwel" verwys na Satan en sy demone wat God se Woord verdraai en dikwels hulself voordoen as engele van die lig (2 Kor 11:14-15).

Elkeen van hierdie magte kan individueel werk of in harmonie, om sodoende mense aangaande die Woord van God te verwar. Tragies genoeg kan verwarring aangaande die Bybel tot vals hoop op redding lei. Satan se versoekinge teenoor Jesus was valse interpretasies van Godswoord (Matt 4:1-11). Satan gebruik steeds daagliks nog dieselfde taktiek. Hy is bekwaam daarin om die Woord van God net genoegsaam te verdraai om verwoestende gevolge te saai.

Soms word verwarring oor 'n Bybelse lering veroorsaak deur 'n swak Bybelse vertaling. Meer dikwels egter is dit 'n oorsaak van bolangse Bybelstudiemetodes tussen gelowiges en die doktrines van vals leraars, onderwysers en skrywers (2 Kor 11:12-13). Hierdie vals profete gebruik selfs goeie vertalings en deur onkunde of deur beplanning en verdraaiing van die Woord, om so hul eie agendas of optrede na die wêreld se denkrigting te swaai. In plaas van om alleenlik op ander te steun om die Woord aan ons oor te dra, moet ons eerder God se Woord self bestudeer en op die Heilige Gees steun.

Die gevaarlikste is verwarring met betrekking tot die waarheid aangaande die Evangelie. Aangesien die Skrif leer dat Jesus Christus die enigste weg, waarheid en lewe is (Joh 14:6; Hand 4:12), is daar baie wat hulself Christene noem, wat glo dat die hemel verkry kan word op ander maniere en ander godsdienste. Ten spyte van die verwarring, sal die opregte skape die stem van die Herder hoor en Hom wil volg (Joh 10:27). Diegene wat nie aan die Herder behoort nie, sal "die gesonde leer" nie meer verdra nie. "Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor" (2 Tim 4:3). God het aan ons Sy Gees gegee en die opdrag om Bybelse waarheid te predik met nederigheid en geduld, "tydig en ontydig" (2 Tim 4:2) en om arbeiders te wees "wat goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die Woord van die waarheid suiwer verkondig (2 Tim 2:150. Dit sal ons doen totdat die Here Jesus weer kom en 'n einde maak aan alle wanorde en verwarring.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is daar so baie verwarring in verband met die leringe van die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries