settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor trots?

Antwoord


Daar is ‘n verskil tussen die soort trots wat God haat (Spreuke 8:13) en die soort trots wat ons voel as ons sukses behaal het. Die soort trots wat van selfregverdigheid afstam, is sonde en God haat dit, omdat dit verhinder dat ons Hom soek. Ps 10:4 verduidelik dat die trotsaards so vol van hulself is, dat hul gedagtes ver van God af is, “Neus in die lug sê hy:’ God vra tog geen rekenskap nie! ‘ In al sy planne is daar geen plek vir God nie.” Hierdie soort van hoogmoedige trots is die teenoorgestelde van ‘n gees van nederigheid wat God soek, “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Matt 5:3). Dié wat “arm van gees” is, is diegene wat hulle algehele geestelike bankrotskap besef en hul onvermoë om na God te kom, sonder Sy goddelike genade. Die trotsaards aan die ander kant, is so verblind deur hul trots, dat hulle nie vir God benodig nie of nog erger, hulle dink dat God hulle so moet aanvaar, omdat hulle Sy aanvaarding verdien.

Dwarsdeur die Skrif word daar gepraat van die gevolge van trots. Spreuke 16:18-19, “Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.” Die Satan is uit die hemel gegooi as gevolg van trots (Jes 14:12-15). Hy het die selfsugtige houding gehad om te probeer om God te vervang, as die wettige regeerder van die heelal. Satan sal egter in God se finale oordeel in die hel gewerp word. Vir diegene wat teen God in opstand kom, is daar niks anders in die vooruitsig as vernietiging nie (Jes 14:22).

Trots is die oorsaak dat baie mense nie vir Jesus Christus as Verlosser aangeneem het nie. Om sonde te erken en te bely dat ons nie in eie krag iets kan doen om die ewige lewe te verkry nie, is ‘n voortdurende struikelblok vir trotse mense. Ons kan nie op onsself roem nie; as ons wil roem, moet ons dit in die Naam van God doen. Wat ons oor onsself sê, beteken niks in God se werk nie. Dit is wat God oor ons sê, wat die verskil maak (2 Kor 10:13).

Hoekom is trots so ‘n groot sonde? Trots gee vir onsself die krediet vir iets wat God behaal het. Trots neem die eer wat God alleen toekom en hou dit vir onsself. Trots is hoofsaaklik selfaanbidding. Enigiets wat ons in hierdie wêreld bereik, sou nie moontlik gewees het as God ons nie die vermoë gegee het en ons toegerus het nie. “Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?” (1 Kor 4:7). Dit is waarom ons al die eer aan God alleen gee – Hy alleen verdien dit. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor trots?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries