settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ons weet watter gedeeltes van die Bybel is vandag op ons van toepassing?

Antwoord


Baie misverstande vind plaas as ons opdragte wat ons moet volg, beskou as tydperkgebonde en net van toepassing op 'n spesifieke gehoor of ons ken verkeerdelik sommige opdragte toe aan 'n sekere gehoor as tydlose waarhede. Hoe onderskei ons die verskil? Die eerste ding om te besef is dat die kanon van die Skrif teen die einde van die eerste eeu A.D. gesluit is. Wat dit beteken, is dat die Bybel nie oorspronklik aan ons geskryf was nie. Die outeurs het die hoorders van daardie tyd in gedagte gehad en heel moontlik nie besef dat mense regoor die wêreld eeue later dit ook sou lees nie. Dit sou veroorsaak dat ons baie versigtig moet wees, wanneer ons die Bybel vertaal vir hedendaagse Christene. Dit wil voorkom asof baie van die kontemporêre prediking so begaan is oor relevansie dat ons die Bybel gebruik as 'n bron waaruit ons gedeeltes haal vir hedendaagse Christene. Dit word gedoen ten koste van behoorlike eksegese (kritiese interpretasie).

Die 3 hoofreëls van hermeneutiek (Bybelse uitlegkunde) is: 1) konteks; 2) konteks; en 3) konteks. Voordat ons aan die hedendaagse Christene kan vertel hoe die Bybel op hul van toepassing is, moet ons eerstens tot die beste moontlike begrip kom van wat die Bybel ten opsigte van sy eerste hoorders bedoel het. Indien ons met 'n toepassing na vore kom wat vreemd is vir die oorspronklike gehoor, dan is dit baie moontlik dat ons nie die gedeelte korrek geïnterpreteer het nie. Eers as ons gemaklik voel met die betekenis van die teksgedeelte vir die oorspronklike hoorders, dan kan ons die verskille tussen ons en hulle in ag neem. Wat is die verskille in taal, tyd, kultuur, geografie, agtergrond en situasie? Al hierdie dinge moet in ag geneem word, voordat 'n toepassing gemaak kan word. Eers as ons die uiteenlopendheid van ons kulture verstaan, dan kan ons ooreenkomste tussen die oorspronklike hoorders en onsself vind. Uiteindelik kan ons 'n toepassing vir onsself in ons tyd en situasie vind.

Ook belangrik is die feit dat elke gedeelte net een korrekte interpretasie het. Dit kan 'n reeks toepassings hê, maar net een interpretasie. Dit beteken dat sommige interpretasies beter is as die ander. Indien een toepassing nader aan korrek is wat interpretasie betref, dan is dit 'n beter toepassing van daardie gedeelte. Byvoorbeeld, daar is baie gepredik oor 1 Sam 17 (Dawid en Goliat) wat verwys na "oorwinning oor die reuse in jou lewe." Hulle maak net vlugtig gebruik van die besonderhede van die verhaal en gaan dan reguit na die toepassing, wat gewoonlik die versinnebeelding van Goliat insluit in 'n moeilike, intimiderende situasie wat moet oorkom word deur geloof. Daar is ook pogings om die vyf klippies wat Dawid opgetel het, te versinnebeeld. Hierdie preke bevat gewoonlik die vermaning dat ons so gelowig soos Dawid moet wees.

Terwyl hierdie interpretasies goeie preke maak, is dit twyfelagtig of die oorspronklike hoorders daardie boodskap vanuit hierdie storie sou kry. Voordat ons die waarheid van 1 Sam 17 kan toepas, moet ons weet hoe die oorspronklike gehoor dit verstaan het en dit beteken dat die algehele doel van 1 Sam as 'n boek bepaal moet word. Sonder om in 'n behoorlike interpretasie in te gaan, gaan dit nie daaroor om reuse in jou lewe te verslaan nie. Dit kan 'n veraf toepassing van die gedeelte wees, maar om te dien as interpretasie is dit ver verwyder van die teksgedeelte. God is die held van die storie en Dawid is Sy uitverkore werktuig om verlossing aan Sy mense te bring. Die storie kontrasteer die mense se koning (Saul) met God se koning (Dawid) en dit gee ook 'n vooruitskouing van wat Christus (die Seun van Dawid) sou doen om verlossing vir ons te voorsien.

'n Ander algemene voorbeeld van interpretasie met verontagsaming van die konteks, is Joh 14:13-14. Deur hierdie vers buite konteks te lees, sou voorkom dat aangedui word dat wanneer ons enigiets van God vra, ons dit sal ontvang, solank ons dit in Jesus se Naam vra. Deur die hermeneutiese reëls toe te pas in hierdie gedeelte, sien ons dat Jesus met Sy dissipels in die bokamer praat gedurende die nag toe Hy verraai is. Die onmiddellike gehoor is Sy dissipels. Dit is hoofsaaklik 'n belofte aan Jesus se dissipels dat God die nodige bronne vir hulle sal voorsien om hul taak uit te voer. Dit is 'n gedeelte wat vertroosting bring, want Jesus sou hulle binnekort verlaat. Is daar enige toepassing vir die hedendaagse Christene? Ja, sekerlik! Indien ons bid binne die wil van God (in Jesus se Naam), sal God vir ons voorsien van die nodige om Sy wil uit te voer, in en deur ons. Verderaan, die antwoord daarop wat ons kry, sal altyd wees om God te vereer. Dis ver weg van die gedagte om vir ons te gee wat ons wil hê, want hierdie gedeelte leer ons om in gebed ons te onderwerp aan God se wil en dat God sal voorsien wat ons benodig om Sy wil te bereik.

Deeglike Bybelse interpretering word op die volgende beginsels gebou:

Konteks. Om te verstaan, begin klein en brei uit: vers, gedeelte, hoofstuk, boek, skrywer en testament/verbond.

Probeer om te verstaan hoe die oorspronklike gehoor die teks sou verstaan.

Kyk na die verskille tussen jou kultuur en dié van die oorspronklike gehoor.

Indien 'n morele opdrag vanuit die Ou Testament in die Nuwe Testament herhaal word, beskou dit as 'n "tydlose waarheid."

Onthou dat elke gedeelte net een korrekte interpretasie het, maar baie toepassings kan hê (sommige beter as die ander).

Wees altyd nederig en moenie vergeet dat die Heilige Gees in elke interpretasie 'n rol speel nie. Hy het belowe om ons in die volle waarheid te lei (Joh 16:13).

Soos vroeër genoem is, Bybelse interpretasie is in net so 'n mate 'n kuns, as wat dit 'n wetenskap is. Daar is reëls en beginsels en sommige van die moeiliker gedeeltes vereis meer moeite as die ander. Ons moet altyd oop wees vir verandering in interpretasie , indien die Skrif oortuig en die getuienis ondersteun.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ons weet watter gedeeltes van die Bybel is vandag op ons van toepassing?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries