settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor skinder?

Antwoord


In die Ou Testament is die Hebreeus vir die woord “skinder” in die volgende betekenis gebruik: “iemand wat geheime verklap, iemand wat bekend staan as ‘n storiedraer of ‘n skinderbek”. ‘n Persoon wat skinder, hou daarvan om persoonlike inligting oor mense uit te laat en gaan voort om daardie inligting deur te gee aan diegene wat dit nie hoef te weet nie en niks daarmee te make het nie. Skinder word gekenmerk as inligting wat met opset gedeel word. Skindertonge het die manier om hulself goed te laat lyk, deurdat ander sleggemaak word en verhef hulself as vertrouenswaardige mense.

In Romeine praat Paulus van die sondige natuur van die mens en hoe God wraak neem op diegene wat Sy verordeninge verwerp. Hulle het weggedraai van God se opdrag en leiding, dus het Hy hulle oorgegee aan hul “verdraaide opvattings” (sondige natuur). Die lys van sonde sluit skindertonge en lasteraars in (Rom 1:29b-32). Hier sien ons hoe erg die sonde van skinder is en dat dit diegene is wat onder God se wraak staan.

‘n Ander groep wat bekend was en nog steeds is vir hul betrokkenheid by skinder, is weduwees. Paulus waarsku die weduwees teen die genotvolle gewoonte van skinder en ydelheid. Hierdie vrouens word beskryf as “bemoeisiek en praatsiek en hulle praat oor dinge waaroor nie gepraat moet word nie” (1 Tim 5:12-13). Aangesien vrouens baie tyd in mekaar se huise spandeer en nou saamwerk met ander vrouens, hoor en neem situasies waar, wat hulle baie uit verband kan ruk, veral as dit oor en oor herhaal word. Paulus sê dat weduwees in die gewoonte raak om van een huis na die ander te gaan, besig om vir iets te soek om hul ydelheid te bevredig. Ledige hande is van die duiwel en God waarsku daarteen. “Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; bly weg van iemand wat baie praat” (Spreuke 20:19).

Vroue is sekerlik nie die enigste wat aan skinder skuldig is nie. Enigeen kan in skinder betrokke raak, deur net eenvoudig iets wat gehoor is, te herhaal. Spreuke gee ‘n lang lys van verse wat die gevare van skinder dek en die potensiële seer wat daarmee gepaard gaan. “’n Onverstandige mens praat met minagting van ‘n ander; ‘n verstandige mens swyg” (Spreuke 11:12-13).

Die Bybel sê dat “Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende” (Spreuke 16:28). Baie vriendskappe is al vernietig deur ‘n geskinder. Diegene wat hul aan hierdie gedrag skuldig maak, veroorsaak probleme en woede, bitterheid, asook pyn tussen vriende. Ongelukkig geniet sommige mense dit en soek geleenthede om mekaar te vernietig. Wanneer sulke mense aangespreek word, ontken hulle alle aantygings en antwoord met verskonings en rasionalisering. Eerder dat hulle erken dat hul verkeerd opgetree het, beskuldig hulle iemand anders of poog om die graad van ernstigheid van hierdie sonde te verminder. “’n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is ‘n dodelike strik. Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik” (Spreuke 18:7-8).

“Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar” (Spreuke 21:23). Dus moet ons ons tonge bewaak en terughou van die sonde van skinder. Indien ons ons natuurlike begeertes aan die Here oorgee, sal Hy ons help om regverdig te lewe. Mag ons almal die Bybel se lering oor skinder navolg en ons monde sluit, tensy dit nodig en van pas is om te praat. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor skinder?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries