settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ‘n Christen se beskouing oor selfbeeld lyk?

Antwoord


Baie mense definieer selfbeeld as “gevoelens gebaseer op hul vaardighede, prestasies, status, finansiële bronne of voorkoms.”Hierdie tipe van selfbeeld kan daartoe lei dat ‘n persoon onafhanklik en trots voel en verval in selfaanbidding, wat ons begeerte na God verswelg. Jak 4:6 sê dat “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Indien ons alleenlik staatmaak op ons aardse bronne, sal ons sin vir waardes onafwendbaar op trots gebaseer wees. Jesus het vir ons gesê, “So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen” (Lukas 17:10).

Dit beteken nie dat Christene ‘n lae selfbeeld moet handhaaf nie. Dit beteken slegs dat ons siening rakende ‘n goeie persoon, hang nie af van wat ons doen nie, maar eerder wie ons in Christus is. Ons moet nederig wees voor Hom en Hy sal ons eer. Ps 16:2 herinner ons, “Ek het vir die Here gesê: Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie, behalwe by U”. Christene verkry selfwaarde en aansien deur ‘n regte verhouding met God te hê. Ons kan weet ons is waardevol, as gevolg van die hoë prys wat God vir ons betaal het deur die bloed van Sy Seun, Jesus Christus.

In ’n sekere sin is lae selfbeeld die teenoorgestelde van trots. In ‘n ander is dit weer ‘n vorm van trots. Sommige mense het lae selfbeeld, omdat hulle wil hê dat mense jammer vir hul moet voel, aandag aan hulle moet gee, om hulle gemaklik te laat voel. Lae selfbeeld kan ‘n vertoon wees van “kyk na my”, dieselfde as ‘n trotse houding. Dis eenvoudig net ‘n ander roete na dieselfde bestemming: om vol te wees van jouself, om ‘n obsessie oor jouself te hê en selfsugtig te wees. In plaas van dat ons onsself moet aflê, sterf in onsself en enige aandag wat op ons gevestig word, na God moet oorplaas, die grote God wat ons geskep het en onderhou.

Die Bybel sê dat God ons waardig geag het, toe Hy ons gekoop het as Sy eie mense (Ef 1:14). As gevolg hiervan, is Hy waardig om geëer en geprys te word. As ons ‘n gesonde selfbeeld het, sal ons onsself waardig genoeg ag om nie in sonde betrokke te raak, waarvan ons slawe kan word nie. Ons sal liewer onsself gedra as mense wat nederig is en meer van ander dink as onsself (Fil 2:3). Rom 12:3 waarsku, “Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.” English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ‘n Christen se beskouing oor selfbeeld lyk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries