settings icon
share icon
Vraag

Is die onfeilbaarheid van die Bybel slegs van toepassing op die oorspronklike manuskripte?

Antwoord


Om onfeilbaar te wees, beteken om foutloos te wees. Slegs die oorspronklike manuskripte wat deur die apostels en profete, ens. geskryf is, is onder die goddelike belofte van inspirasie en onfeilbaarheid. Die Bybelboeke wat oorspronklik geskryf is onder die inspirasie van die Heilige Gees (2 Tim 3:16-17; 2 Pet 1:20-21) was 100% foutloos, akkuraat, gesaghebbend en waar. Daar is geen Bybelse belofte dat kopieë van die oorspronklike manuskripte presies eenders onfeilbaar of vry van foute sou wees nie. Die Bybel is al duisende kere oor duisende jare gekopieer en dus het kopieerders heel waarskynlik foute gemaak.

Dit is belangrik om te onthou dat die Bybelse manuskripte wat ons vandag het, 99% ooreenstem met mekaar. Ja, daar is 'n paar kleiner verskille, maar die oorgrote meerderheid van die Bybeltekste is identies van die een manuskrip na die ander oorgedra. Die meeste verskille is in punktuasie, woordbeëindiging, kleiner grammatikale dinge, woordorde, ens. – dinge maklik verklaarbaar soos geskrewe foute of veranderinge in spelreëls. Geen belangrike teologiese sake word in twyfel getrek as gevolg van enige gemene fout of teenstrydigheid nie. Ons kan absolute vertroue hê dat die Bybel van vandag feitlik presies identies is met wat die apostels en profete van 2000-plus jare gelede geskryf het.

Ons moenie sommer net sê, "O ja dit is sommer 'n skrywersfout ." Die foute in die Bybel kan volgens 'n logiese en geloofwaardige manier verduidelik word. Teenstrydighede wat nie verduidelik kan word nie – of wat baie moeilik verduidelik word – kan net sowel 'n antwoord hê, wat ons eenvoudig net nie op hierdie stadium weet nie. Net omdat ons nie 'n oplossing kan vind nie, beteken nie dat 'n oplossing nie bestaan nie. Om te glo dat daar 'n skrywersfout is, moet absoluut die laaste opklaringsbron wees om enige veronderstelde Bybelse "fout" uit te sorteer.

Dit is moontlik dat kleiner foute in ons moderne manuskripte en vertalings van die Bybel ingesluip het. Kopieerders en vertalers is menslik en maak foute. Die feit dat die hedendaagse Bybel ongelooflik akkuraat is, is 'n getuienis van God se inspirasie en bewaring daarvan.

Kan ons steeds die Bybel vertrou? Absoluut! Moderne Bybelvertalings is God se Woord. Die hedendaagse Bybel is netso gesaghebbend soos wat dit was in die eerste eeu A.D. Ons kan die Bybel volkome vertrou as God se boodskap aan ons. Ja, die Bybelse beloftes van inspirasie en onfeilbaarheid is slegs direk van toepassing op die oorspronklike manuskripte. Dit het egter geen impak op ons moderne Bybel se akkuraatheid en outoriteit nie. God se Woord bestaan tot in ewigheid, ten spyte van die foute wat af en toe voorkom deur kopieerders en vertalers.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die onfeilbaarheid van die Bybel slegs van toepassing op die oorspronklike manuskripte?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries