settings icon
share icon
Vraag

Kan/Moet ons die Bybel letterlik interpreteer?

Antwoord


Ons moenie die Bybel lettelik "kan" opneem nie, maar ons "moet" die Bybel letterlik opneem. 'n Letterlike houding ten opsigte van interpretasie is die enigste manier om vas te stel wat God probeer om met ons te kommunikeer. As ons enige stuk literatuur lees, moet ons vasstel wat die outeur wil kommunikeer. Baie sal 'n vers of gedeelte van die Skrif lees en dan daaruit hul eie definisie vir die woorde, frases of paragrawe skep en sodoende die konteks en skrywer se doelwit ignoreer. Dit is egter nie wat God in gedagte het nie en daarom leer God ons om die Woord van Waarheid korrek te hanteer (2 Tim 2:15).

Een rede waarom ons die Bybel letterlik moet opneem, is omdat die Here Jesus Christus dit letterlik opgeneem het. Wanneer die Here Jesus vanuit die Ou Testament aangehaal het, was dit altyd duidelik dat Hy in die letterlike interpretasie geglo het. Byvoorbeeld, toe die Satan vir Jesus versoek het in Luk 4, het Hy hom geantwoord deur uit die Ou Testament aan te haal. Indien God se gebooie in Deut 8:3, 6:13 en 6:16 nie letterlik was nie, sou Jesus dit nie gebruik het nie en sou dit kragteloos wees om Satan se mond toe te stop, wat dit tog wel gedoen het.

Die dissipels het die opdragte van Christus (wat deel van die Bybel is) ook letterlik verstaan. Jesus het die dissipels beveel om te gaan en meer dissipels te maak in Matt 28:19-20. In Handelinge vind ons dat die dissipels Jesus se opdrag letterlik opgeneem het, toe hulle regdeur die wêreld die Evangelie gepreek het en aan elkeen vertel het "Glo in die Here Jesus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin" (Hand 16:31). Ons moet ook Jesus se woorde letterlik opneem. Hoe kan ons seker wees van ons verlossing, indien ons nie glo dat Hy gekom het om te soek en te red wie verlore is nie (Luk 19:10), die skuld vir ons sonde betaal het (Matt 26:28) en die ewige lewe voorsien het nie (Joh 6:54)?

Om die Bybel letterlik op te neem, laat nog steeds toe dat vorme van taalgebruik plaasvind. 'n Voorbeeld daarvan is iemand wat sê, "die son kom op." Tegnies kom die son nie op nie; die aarde roteer en dit laat dit lyk asof die son "opkom". Tog verstaan byna almal die taalgebruiksvorme goed genoeg, sodat hierdie tipe kommunikasie kan plaasvind. Daar is vanselfsprekend taalvorme in die Bybel wat nie letterlik opgeneem kan word nie (Ps 17:8 bv.)

Laastens, as ons onsself die finale segsmanne maak van watter Bybelgedeeltes letterlik is en watter nie, dan verhef ons onsself bokant God. Hy het vir ons Sy Woord gegee om met ons te kan praat. Die verwarring en verdraaiing wat onvermydelik sou voortvloei vanuit 'n nie-letterlike interpretasie , sou hoofsaaklik die Skrif uitmekaar skeur, sodat dit van nul en gener waarde sou wees. Die Bybel is God se Woord vir ons en Hy het bedoel dat ons dit moet glo – letterlik en volkome.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan/Moet ons die Bybel letterlik interpreteer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries