settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is dit belangrik om die Bybel binne konteks te bestudeer? Wat is verkeerd daarmee om verse buite konteks aan te haal?

Antwoord


Dit is belangrik om Bybelgedeeltes en stories binne hul konteks te bestudeer. Om verse uit hul konteks uit te haal, lei tot allerhande soorte foute en verkeerde interpretering. Om 'n konteks te verstaan, begin met 4 beginsels: letterlike betekenis (wat dit sê), historiese agtergrond (die gebeure van die storie, aan wie is dit geadresseer en hoe was dit op daardie tydstip verstaan), taalkundig (die onmiddellike sin en paragraaf waarin 'n woord of frase gevind is) en sintesis (die vergelyking met ander dele van die Skrif). Konteks is uiters belangrik vir Bybelse uitlegging. Nadat ons die letterlike, historiese en grammatikale aard van die gedeelte bekyk het, moet ons fokus op die stuktuur van die boek, dan die hoofstuk, dan die paragraaf. Al hierdie dinge is ingesluit in "konteks." Om te illustreer: dit is soos om na 'n wêreldkaart op "Google Maps" te kyk en geleidelik nouer en naderby te fokus op een huis.

Om gedeeltes en verse uit konteks te haal, lei gewoonlik na misverstand. Neem byvoorbeeld die frase "God is liefde" (1 Joh 4:7-16) buite sy konteks. Dan mag ons dink dat God alles liefhet, asook almal te alle tye met 'n borrelende, romantiese tipe liefde. In die letterlike en grammatikale konteks verwys "liefde" hier na "agape" liefde: waar die essensie van die liefde 'n opoffering is tot voordeel van 'n ander, nie 'n sentimentele of romantiese gevoel nie. Die historiese konteks is ook uiters belangrik, omdat Johannes besig was om gelowiges toe te spreek in die eerste-eeuse Kerk en hulle opdrag gegee het, nie net spesifiek oor God se liefde nie, maar hoe om ware gelowiges van valse voordoeners te identifiseer. Ware liefde – die offervaardige, heilsame soort – is die kenmerk van 'n ware gelowige (v 7); Diegene wat nie liefhet nie, behoort nie aan God nie (v 8); God het ons liefgehad voordat ons Hom liefgehad het (vv 9-10); en dit is hoekom ons mekaar moet liefhê en sodoende bewys dat ons aan Hom behoort (v 11-12).

Verderaan, deur die frase "God is liefde" in die konteks van die hele Skrif (sintesis) in ag te neem, sal ons ons daarvan weerhou om tot valse en té 'n algemene slotsom te kom, dat God net liefde is of dat Sy liefde groter is as al Sy ander karaktereienskappe. Ons weet vanuit baie ander gedeeltes dat God ook heilig en regverdig, getrou en geloofwaardig, genadig en barmhartig, goed en vol medelye, almagtig, alomteenwoordig , alwetend is en nog baie ander dinge. Ons weet ook vanuit ander gedeeltes dat God nie net liefde is nie, maar dat Hy ook haat (Ps 11:5).

Die Bybel is die Woord van God, letterlik "deur God geïnspireer" (2 Tim 3:16) en ons het die opdrag om dit te lees, te bestudeer en te verstaan, deur gebruik te maak van goeie Bybelstudiemetodes en altyd met die illuminasie (openbaring) van die Heilige Gees om ons te lei (1 Kor 2:14). Ons studie word grootliks versterk deur ons ywer te behou ten opsigte van konteks. Dit is nie moeilik om plekke uit te wys wat ander Skrifgedeeltes weerspreek nie, maar indien ons versigtig na hul konteks kyk en die geheel van die Skrif as verwysing gebruik, kan ons verstaan wat die betekenis van die gedeelte is en sodoende die klaarblyklike weersprekinge verduidelik. "Konteks is koning" beteken dat konteks dikwels die betekenis van die frase uitwys. Om konteks te ignoreer, plaas ons onsself in 'n geweldige swak posisie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is dit belangrik om die Bybel binne konteks te bestudeer? Wat is verkeerd daarmee om verse buite konteks aan te haal?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries