settings icon
share icon
Vraag

Steun die Bybel Kommunisme?

Antwoord


Kommunisme, 'n vertakking van Sosialisme, is 'n eksperimentele sosiale stelsel gebaseer op 'n groep ideale wat, met die eerste oogopslag, lyk asof dit met sommige bybelse beginsels ooreenstem. By nadere ondersoek, egter, kan min getuienis gevind word, dat die Bybel werklik Kommunisme steun of onderskryf. Daar is 'n verskil tussen Kommunisme in teorie en Kommunisme in praktyk en die Bybelverse wat lyk asof dit ooreenstem met kommunistiese ideale, word deur die praktyke van die kommunistiese regering weerspreek.

Daar is 'n verrassende sin in 'n beskrywing van die kerk in Hand 2, wat gemaak het dat baie mense begin wonder het of die Bybel Kommunisme ondersteun en het gemaak dat sommige mense ten sterkste die idee dat Kommunisme eintlik bybels is, verdedig het. Die gedeelte lees, "Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte" (Hand 2:44-45). Dit lyk asof hierdie stelling wil sê dat Kommunisme (wat 'n begeerte in sy hart het om armoede te elimineer deur "die rykdom te versprei") hier in die vroegste Christelike kerke gekry word. Tog is daar 'n groot verskil tussen die kerk in Hand 2 en 'n kommunistiese samelewing wat verstaan moet word.

In die kerk van Hand 2, gee die mense oor en weer uit hulle eie aan diegene wat 'n behoefte gehad het en hulle het vryelik gegee, sonder voorskrif van hoeveel hulle moes gee. Met ander woorde, hulle het gedeel vanuit 'n gedeelde liefde vir mekaar en 'n algemene doelwit – geleef vir Christus en om God te vereer. In 'n kommunistiese samelewing gee mense omdat 'n regeringstelsel hulle forseer om te gee. Hulle het geen keuse van hoeveel hulle moet gee en vir wir hulle gee nie. Dit reflekteer dus nie wie hulle is nie; dit sê niks oor hul identiteit of karakter nie. Onder Kommunisme, word van die blymoedige, ruimhartige gewer en die suinige mens beide vereis om presies dieselfde bedrag te gee – naamlik, alles wat hulle verdien.

Die kwessie is een van blymoedige gee (wat die Bybel steun) versus geforseerde gee. 2 Kor 9:7 sê, "Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die vrymoedige gewer lief." Ten slotte, die Bybel bevat 'n groot aantal verwysings om die armes te help, om vrygewig te wees met wat ons het en op die uitkyk te wees vir hulle wat minder bevoorreg is. As ons op hierdie vlak gehoorsaam met blymoedige harte en die opregte motivering, is ons skenking welgevallig voor God. Andersins, om te gee uit verpligting, is nie vir God welgevallig nie, omdat geforseerde skenking is nie om uit liefde te gee nie en dus het dit niks voordeel in die geestelike sin nie. Paulus sê aan die Korintiërs, "Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks" (1 Kor 13:3).

Liefdelose skenking is die onvermydelike resultaat van Kommunisme.

Kapitalisme is eintlik 'n beter stelsel as dit kom by gee, omdat dit bewys is dat dit individuele rykdom vermeerder, wat die burgers toelaat om uit hul aanwas te gee. Kommunisme het bewys dat hulle eenvoudig al hul burgers arm maak, behalwe die paar in gesag, wat besluit waarheen die rykdom gaan. Maar selfs Kapitalisme sou nie op sigself werk as 'n stelsel om vir die armes by te staan nie. Dit hang af van die burgers om vlytig te wees (Spreuke 10:4) en vrygewig met die vrug van hul arbeid (1 Tim 6:18) en om te gee uit liefde vir God en buurman. Dus sien ons dat God begroot het vir die fisiese en finansiële behoeftes van die armes, om deur Christen-individue bygestaan te word, eerder as deur enige regeringstelsel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Steun die Bybel Kommunisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries