settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor kapitalisme?

Antwoord


Die woordeboek definieer "kapitalisme" as "'n ekonomiese stelsel, gekenmerk deur private of korporatiewe eiendomsreg van kapitale goedere, deur beleggings wat deur private besluitneming bepaal word en deur pryse, produksie en die verspreiding van goedere wat hoofsaaklik deur kompetisie in 'n vrye mark bepaal word." Aangesien die Bybel nie kapitalisme by die naam noem nie, praat dit baie oor ekonomiese kwessies. Byvoorbeeld groot gedeeltes van die boek Spreuke en baie gelykenisse van Jesus handel oor ekonomiese kwessies. Dus leer ons wat ons optrede teenoor rykdom moet wees en hoe 'n Christen sy finansies moet hanteer. Die Bybel voorsien ons ook van 'n beskrywing oor ons menslike natuur, wat ons help om die moontlike sukses te evalueer van en mislukking van 'n ekonomiese stelsel in die samelewing.

Omdat ekonomie 'n gebied is waar baie van ons daaglikse lewe plaasvind, moet ons dit evalueer vanuit 'n bybelse perspektief. As ons die Bybel gebruik as ons raamwerk, kan ons begin om die model vir 'n regering te konstrueer en 'n ekonomie wat menslike potensiaal ontsluit en menslike sondigheid beperk. In Genesis 1:28 sê God dat ons die aarde moet onderwerp en beheer daaroor moet neem. Een aspek hiervan is dat mense 'n eiendom kan besit, waaroor hulle hul beheer kan uitoefen. Aangesien ons beide wilshandeling en private eiendomsregte het, kan ons aanvaar dat ons die vryheid het om hierdie private eiendomsregte in 'n vryemark te verruil, waar goedere en dienste geruil kan word.

As gevolg van die verwoesting van sonde, word baie dele van die wêreld plekke van verval en skaarsheid. Alhoewel God ons beheer oor Sy skepping gegee het, moet ons goeie rentmeesters wees van die bronne tot ons beskikking. In die verlede het die vrye ondernemingstelsel die grootste hoeveelheid vryheid en die mees effektiewe ekonomiese voordele van enige ekonomiese stelsel ooit ontwerp. Nogtans wonder Christene dikwels of hulle kapitalisme kan ondersteun. In wese word eiebelang beloon in 'n vrye kapitalistiese sisteem. Maar selfs die evangelie doen 'n beroep op ons eiebelang , omdat dit in ons eiebelang is om Jesus Christus as ons Verlosser aan te neem, sodat ons ewige bestemming verseker kan wees.

Vanuit 'n Christelike perspektief lê die basis van privaat eiendom in ons wese, geskep na God se beeld. Ons kan keuses maak rakende eiendom wat ons in die marksisteem kan verwissel. Soms egter groei die begeerte na privaat eiendom vanuit sondigheid. Gelykstaande daaraan produseer ons sondige natuur luiheid, nalatigheid en traagheid. Die feit is dat ekonomiese regmatigheid die beste bereik kan word as elke persoon verantwoordelik is vir sy eie produktiwiteit.

Volgens die geskiedenis het kapitalisme 'n aantal voordele gehad. Dit het bevrydende ekonomiese potensiaal. Dit het ook die fondasie vir heelwat politieke en ekonomiese vryheid. As die regering nie die markte beheer nie, dan is daar ekonomiese vryheid om betrokke te wees in 'n reeks van entrepreneurs- aktiwiteite. Kapitalisme het ook gelei tot 'n groot mate van politieke vryheid, omdat as ons eers die rol van die regering in die ekonomie beperk het, ons dan die omvang van die regering in ander areas beperk. Dit is nie per ongeluk dat die meeste lande met die grootste politieke vryheid gewoonlik 'n groot deel ekonomiese vryheid het nie.

Christene kan en moet egter nie elke aspek van kapitalisme aanhang nie. Byvoorbeeld, baie voorstanders van kapitalisme handhaaf 'n siening, bekend as utilitarisme (nuttigheidsleer), wat die opvatting van bybelse suiwerheid opponeer. Sekerlik moet ons hierdie filosofie verwerp. Daar is ook sekere ekonomiese en morele kwessies wat aangespreek moet word. Alhoewel daar sommige geldige ekonomiese kritisisme oor kapitalisme bestaan, soos monopolieë en die byproduk van besmetting, kan dit beheer word deur beperkte regeringsbeheer. Indien kapitalisme met wysheid beheer word, genereer dit belangrike ekonomiese voorspoed en ekonomiese vryheid vir die mense.

Een van die hoof morele argumente teen kapitalisme is hebsug, wat maak dat baie Christene onseker voel oor die vryemarkstelsel. Kritiek aangaande kapitalisme voel dat hierdie stelsel mense gulsig maak. Dan moet ons egter vra of kapitalisme mense gulsig maak of is daar reeds hebsugtige mense wat die ekonomiese vryheid van die kapitalistiese stelsel gebruik om hul doel te behaal? In die lig van die bybelse beskrywing van die menslike natuur (Jer 17:9), is die laasgenoemde meer gesog. Aangesien mense sondig en selfsugtig is, gaan sommige die kapitalistiese stelsel gebruik om hul hebsug te bevredig. Dit is egter nie so 'n groot kritiek teenoor kapitalisme nie, as wat dit 'n realisering van die menslike toestand is. Die doel van kapitalisme is nie om slegte mense te verander nie, maar om ons teen hulle te beskerm. Kapitalisme is 'n stelsel waarin slegte mense die minste leed kan doen en goeie mense die vryheid het om goeie werke te doen. Kapitalisme werk goed saam met volkome morele individue, maar dit funksioneer ook goed met selfsugtige en gulsige mense.

Dit is belangrik om te besef dat daar 'n verskil tussen eiebelang en selfsugtigheid is. Alle mense het eiebelang wat op verskillende wyses kan werk, wat nie selfsugtig is nie. Byvoorbeeld, dit is in ons eiebelang om 'n werk te kry en inkomste te verdien, sodat ons ons familie kan ondersteun. Ons kan dit doen op maniere wat nie selfsugtig is nie. In kontras, is daar ander ekonomiese krag wat gesentraliseerd is en krag konsentreer in die hande van 'n paar hebsugtige mense. Hulle wat kla oor die invloed van hoofkorporasies in ons lewens moet die sosialistiese alternatief oorweeg, waar 'n paar regerings-amptenare beheer oor elke aspek van ons lewens het.

Alhoewel hebsug soms voor die hand liggend is in die kapitalistiese stelsel, moet ons verstaan dat dit nie as gevolg van die stelsel is nie – dit is omdat gulsigheid deel vorm van die mens se sondige natuur. Die oplossing lê nie in verandering van die ekonomiese stelsel nie, maar in hartsverandering van die mens deur die krag van die evangelie van Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor kapitalisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries