settings icon
share icon
Vraag

Hoe weet ons dat die Bybel die Woord van God is en nie die Apokriewe, die Koran, die Boek van Mormoon, ens., nie?

Antwoord


Die vraag watter (indien enige) godsdienstige boek is die ware Woord van God, is van uiterste belang. Om oor en weer redenering te voorkom, is die eerste vraag wat ons moet vra: hoe sou ons in die eerste plek weet as God gekommunikeer het? Wel, God moes op 'n manier gepraat het dat mense kon verstaan, maar dit beteken ook dat mense hul eie boodskappe kon opmaak en eenvoudig getuig dat dit van God gekom het. Dus klink dit redelik, dat indien God sou wou hê Sy kommunikasie moes aan Homself getrou bly, sou Hy dit op 'n manier moes staaf, dat dit nie deur mense gedupliseer kon word nie — met ander woorde, deur wonderwerke. Hierdie beperk die veld heelwat.

Ten spyte van die getuienis van die korrektheid van die Bybel (manuskripgetuienis) en die geskiedkundigheid (argeologiese getuienis), is die belangrikste bewys die inspirasie. Die ware bepaling van die Bybel se aanspraak op absolute geïnspireerde waarheid lê in sy bonatuurlike getuienis, insluitende profesie. God het profete gebruik om te praat en Sy Woord neer te skryf en God gebruik wonderwerke soos die vervulling van profesie om Sy boodskappers te bekragtig. Byvoorbeeld in Gen 12:7 beloof God dat die land Israel vir Abraham en sy nageslag bedoel was. In 1948 is Israel teruggegee aan die Joodse mense vir die tweede keer in die geskiedenis. Dit mag dalk nie so wonderlik klink nie, maar jy moet besef dat geen volk in die geskiedenis van die wêreld verstrooi is van sy geboortegrond en weer teruggebring is nie! Israel het dit twee maal beleef. Die boek Daniël voorspel met akkuraatheid die koms van die vier groot koninkryke van Babilon, tot Medo-Persië, tot Griekeland, tot Rome, eeue voordat sommige van daardie koninkryke bekend geword het met besonderhede hoe hulle sou regeer en verwoes word. Dit sluit die regerings van Alexander die Grote en Antiochus Epiphanies in.

In Esegiël 26 kan ons in verskriklike detail sien hoe die stad Tirus verwoes sou word, hoe dit uitmekaar geskeur sou word en hoe sy puin in die see gegooi sou word. Toe Alexander die Grote in daardie area gekom het, het hy met 'n groep mense slaags geraak wat in 'n toring geskuil het, op 'n eiland naby die kus. Hy kon nie oor die see gaan nie en kon dus nie die toring aanval nie. Hy wou nie wag nie en die trotse veroweraar gebruik toe sy leërmag om klippe in die see te gooi en 'n brug vanaf die land na die toring te bou. Dit het gewerk. Sy leër het die see oorgesteek en die vesting met mense oorwin. Waar het hy egter so baie klippe gekry? Die klippe was die oorblyfsels van die stad Tirus…. sy klippe is in die see gewerp!

Daar is so baie profesieë aangaande Christus (meer as 270!) en dit sou baie spasie opneem om almal te noem. Verderaan sou Jesus geen beheer oor baie van hulle gehad het nie, soos Sy geboorteplek of tyd van geboorte nie. Tweedens, die kanse dat een man per abuis slegs 16 van hierdie in vervulling bring, is 1 in 10^45. Hoeveel is dit? Om te vergelyk: daar is minder as 10^82 atome in die heelal! En Jesus wat die Bybel as die Woord van God bevestig het, het Sy betroubaarheid en godheid deur Sy opstanding bewys ('n historiese feit wat nie maklik geïgnoreer kan word nie).

Neem nou die Koran in ag – sy skrywer, Mohammed, het geen wonderwerke gedoen om sy boodskap te steun nie (selfs toe hy deur sy volgelinge gevra is – Sura 17:91-95; 29:47-51). In heelwat later tradisie (die Hadith) het beweerde wonderwerke gebeur en hierdie is almal baie onwerklik (soos Muhammed wat die maan in die helfte sny) en daar is geen betroubare bewyse om dit te steun nie. Die Koran maak ook duidelike historiese foute. Moslems glo dat die Bybel geïnspireer is, maar dat sommige foute deur redigering gebeur het (Sura 2:136, asook Suras 13, 16, 17, 20, 21, 23, 25). Die vraag wat hulle nie voldoende kan antwoord nie, is: "Wanneer was daar aan die Bybel gepeuter?" Indien hulle sê dis voor 600 AD, hoe kan die Koran gelowiges bemoedig om dit te lees? Indien hulle sê dit was ná 600 AD, dan het hulle uit die braaipan in die vuur gespring, aangesien ons absoluut geen twyfel het oor die akkuraatheid van Bybelse manuskripte van ten minste die derde eeu vorentoe nie. Selfs as die Christendom vals was, het die Koran 'n onoorkombare probleem, omdat dit beskuldigings maak teen Christene wat dinge glo wat hulle nie (hulle het ook nooit nie) geglo het nie. Byvoorbeeld, die Koran leer dat Christene glo dat die Drie-eenheid bestaan uit die Vader, die Moeder (Maria) en die Seun (Sura 5:73-75, 116) en dat Christene glo dat God seks met Maria gehad het om 'n seun te kon hê (Suras 2:116; 6:100-101; 10:68; 16:57; 19:35; 23:91; 37:149-151; 43:16-19). Indien die Koran werklik van God af kom, dan sou dit ten minste akkurate weergawes moes gee van wat Christene glo.

Joseph Smith, die skrywer van die " Book of Mormon", het probeer om 'n paar wonderwerke te doen, soos profesie ('n toets vir 'n ware profeet in Deut 18:21-22), maar het verskeie kere misluk. Hy het voorspel van Christus se Wederkoms in "History of the Church" (HC) 2:382. Joseph Smith het gepreek dat die koms van die Here binne 56 jare sou wees (ongeveer 1891). Die Wederkoms het nie in 1891 gebeur nie en die Mormoon Kerk het dit nie aanvaar dat dit gebeur het nie. Sederdien het dit ook nie gebeur nie. Hy het ook geprofeteer dat verskeie stede verwoes sou word in "Doctrine and Covenants " (D&C) 84:114-115. New York, Albany en Boston sou verwoes word, indien hulle die evangelie sou verwerp, volgens Smith. Joseph Smith het self na New York, Albany en Boston gegaan en daar gepreek. Hierdie stede het nie sy evangelie aanvaar nie, tog is hulle nie verwoes nie. 'n Ander valse profesie van Joseph Smith was sy "END OF ALL NATIONS" in D&C 87, rakende die rebellie van South Carolina in die oorlog tussen die state. Die Suide was veronderstel om hulp te vra van Groot Brittanje en as 'n resultaat sou oorlog gevoer word oor alle nasies; slawe sou in opstand kom; die inwoners van die aarde sou rou; droogte, plae, aardbewing, donder, weerlig en 'n volledige einde van alle nasies sou uitspeel. In 1861 het die Suide finaal in opstand gekom, maar die slawe het nie gerebelleer nie, oorlog oor alle nasies het nie gebeur nie, daar was geen wêreldwye droogte, plae, aardbewing, ens. nie en daar was geen beëindiging van alle nasies nie.

Die versameling van geskrifte wat Protestante die Apokriewe (versteekte geskrifte) noem, praat die Rooms Katolieke van as die "deuterocanonical" (later of tweede kanon) boeke. Hierdie boeke is tussen 300 vC en 100 AD geskryf, die Intertestamentele Periode tussen die geïnspireerde geskrifte van God se profete in die Ou Testament en daardie van die Apostels en hulle tydgenote in die Nuwe Testament. Hierdie was "as onfeilbaar" aanvaar as die Bybel deur die Rooms Katolieke Kerk in 1546 by die Coucil of Trent. Die Apokriewe sou gedek word onder dié getuienis as die Bybel, indien hierdie geskrifte werklik geïnspireer was – maar volgens bewyse is daar aanduiding dat hulle nie is nie. In die Bybel vind ons profete van God wie se boodskappe bekragtig is deur wonderwerke of profesie wat waar word en wie se boodskap onmiddellik aanvaar is deur die mense (Deut 31:26; Jos 24:26; 1 Sam 10:25; Dan 9:2; Kol 4:16; 2 Pet 3:15-16). Wat ons vind in die Apokriewe is net die teenoorgestelde – geen apokriewe boek is deur 'n profeet geskrywe nie. Geen van hierdie boeke was ingesluit in die Hebreeuse Geskrifte nie. Daar is geen bekragtiging van die skrywers van enige apokriewe boek nie. Geen apokriewe boek is opgeteken as gesaghebbend deur latere Bybelskrywers nie. Daar is geen profesie wat in vervulling gegaan het in enige apokriewe boek nie. Ten slotte, Jesus, wat vanuit elke gedeelte van die Ou Testamentiese Skrif aangehaal het, het nooit vanuit die Apokriewe aangehaal nie. Ook geeneen van Sy dissipels nie.

Tot dusver staan die Bybel by verre uit bokant elke kompeterende bron,dat dit God se openbaring is, en indien dit nie Godswoord is nie, dit onmoontlik is om tussen die oorblywendes te kies. As die Bybel nie God se Woord is nie, dan het ons geen duidelike kriteria waardeur ons kan weet dat dit wel so is nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe weet ons dat die Bybel die Woord van God is en nie die Apokriewe, die Koran, die Boek van Mormoon, ens., nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries