Vraag
Wat moet die optrede wees van ‘n Christen-eggenoot wie se maat ‘n buite-egtelike verhouding gehad het?
Antwoord
Ontrouheid skep ‘n baie moeilike en pynlike situasie, een wat al die emosies insluit en die Christen se geloof feitlik tot breekpunt kan toets. Die beste ding om te doen, is soos 1 Pet 5:7 sê, “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” As iemand jou verkeerd behandel het, gaan na die Here vir troos, wysheid en leiding op ‘n daaglikse basis. God kan ons deur die diepste beproewings help.
Egbreuk is altyd verkeerd. “Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom” (Heb 13:4). Die persoon wat seergemaak is, moet berus in die waarheid dat God die wreker is. Die individu wat leed aangedoen is, het nie nodig om hom/haar daaroor te verknies nie. God sal ‘n baie beter werk as ons doen, betreffende wraak neem. As ons verraai is, moet ons ons vereenselwig met die pyn van die Een wat alles weet tot in die fynste besonderhede en Hy sal toepaslik daarmee handel.
BID. Soek na die Here vir wysheid, vir genesing en vir leiding. Bid vir jouself, bid vir die oortreder en bid vir enigeen wat betrokke is. Bid vir die Here om jou gedagtes, woorde, handelinge en besluite reg te lei.
WEES EERLIK. ‘n Eggenoot wat verraai is, sal die gevolge van ‘n diepe seer dra. Dit is toepaslik om te werk aan die woede en seer wat deur ontrouheid veroorsaak is. Deur hierdie emosies aan God te vertel, kan die eerste stap wees tot werklike heling (Ps 77:1-2). Deur ons gevoelens en behoeftes aan God oor te gee, word Hy toegelaat om ons harte te bedien, sodat ons kan begin om die aanstoot weg te werk. Berading deur ‘n Christen-pastoor of berader kan ook van hulp wees.
WEES GEWILLIG OM TE VERGEWE. Ons moet ander vergewe soos ons ook vergewe is (Ef 4:32). Ons moet gewillig en gereed wees om vergifnis uit te brei na enigeen, insluitende ‘n lewensmaat wat ‘n buite-egtelike verhouding gehad het, en na ons gekom het vir vergifnis en sy /haar sonde bely het (Matt 6:14-15; 18:23-35; Ef 4:31-32; Kol 3:13). Ware vergifnis kom dalk nie dadelik nie, maar gewilligheid om te vergewe moet altyd teenwoordig wees. Om bitterheid op te krop, is sonde en sal jou daaglikse besluite negatief affekteer.
WEES WYS. Ons moet die moontlikheid oorweeg dat die ontroue maat NIE van sy/haar sonde afgesien het nie (berou het nie). Is ons veronderstel om so iemand wat nie sy/haar sonde bely het en sonder berou voortgaan, te vergewe? ‘n Deel van die antwoord is om te onthou wat vergifnis NIE is nie:
Vergifnis is nie om te vergeet nie. Ons word nie gevra om die ondervinding te vergeet nie, maar om daarmee te deel en aan te beweeg.
Vergifnis is nie die uitwissing van die gevolge nie. Sonde het natuurlike gevolge en selfs hulle wat vergewe is, mag steeds ly as gevolg van hul keuses van die verlede: “Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? Kan jy op brandende kole loop sonder dat jou voete verbrand? Net so min kan jy by ‘n ander man se vrou slaap sonder om gestraf te word, jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie” (Spreuke 6:27-29).
Vergifnis is nie ‘n gevoel nie. Dit is’n verbintenis om die oortreder te verskoon. Dit is ‘n onderhandeling tussen die oortreder en die een wat seergekry het. Gevoelens mag of mag nie vergifnis vergesel nie.
Vergifnis is nie ‘n privaat, geheime handeling in ‘n individu se hart nie. Vergifnis sluit ten minste twee mense in. Dit is hoekom belydenis en berou nodig is.
Vergifnis is nie die outomatiese herstel van vertroue nie. Dit is verkeerd om te dink dat om ‘n ontroue eggenoot te vergewe, beteken dat alles weer môre terug na normaal sou wees. Die Skrif gee vir ons baie redes om mense te wantrou, wat hulself as onbetroubaar bewys het (Luk 16:10-12). Om vertroue weer op te bou kan slegs begin ná ‘n proses van versoening, wat ware vergifnis behels – wat natuurlik belydenis en berou insluit.
Wat ook belangrik is, is dat vergifnis wat aangebied word, nie dieselfde is as vergifnis wat ontvang is nie. Die hantering van vergifnis – om gewillig te wees om te vergewe – verskil van die eintlike transaksie van vergifnis. Ons moenie die proses van belydenis en berou en die herbou van vertroue kortknip nie.
Vergifnis kan aangevbied word deur die eggenoot wat kwaad aangedoen is, maar om voltooi te word, benodig dit dat die een wat die buitehuwelikse verhouding gehad het, sy/haar behoefte aan vergifnis moet erken en dit ontvang en dit bring versoening ten opsigte van die verhouding.
WEES VERGEWE. “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh 1:9). Wanneer ‘n huwelik in ‘n krisis is, moet beide partye hulp by God soek en sodoende bydra tot die hele situasie en vrygemaak wees van die skuldlas voor God. Van daar af vorentoe sal daar vryheid wees om Sy raadgewing en leiding te soek. Sy Heilige Gees sal hul help om te doen wat hulle nie op hul eie kon doen nie. “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee” (Fil 4:13).
Soos God lei, is ware vergifnis en versoening moontlik. Ongeag hoe lank dit neem, elke poging moet gemaak word om te vergewe en te versoen (sien Matt 5:23-24). Om te bly of te gaan, ongeag, “elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk” (Matt 19:9). Al het die onskuldige party grond vir egskeiding, God se voorkeur bly vergifnis en versoening.
Opsommenderwys, as ‘n Christen se eggenoot ‘n buite-egtelike verhouding gehad het, moet die ander party veg teen bitterheid (Heb 12:15) en versigtig wees om kwaad met kwaad te vergeld nie (1 Pet 3:9). Ons moet gewillig wees om te vergewe en werklik versoening soek; terselfdertyd, moet ons nie vergifnis oorlaat aan die party wat nie wil bely nie. In alles moet ons die Here soek en ons heelmaking en genesing in Hom vind.
English
Wat moet die optrede wees van ‘n Christen-eggenoot wie se maat ‘n buite-egtelike verhouding gehad het?