settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor die “buite-die-liggaam” ondervinding/astraalprojeksie?

Antwoord


Inligting oor die “buite-die-liggaam”ondervinding is beide eindeloos en subjektief. Volgens Wikipedia, is daar een uit elke tien mense wat getuig dat hulle so ‘n ondervinding (OBE) gehad het. Sulke ondervindings strek van onwillekeurige buite-die-liggaam ondervindinge of “naby-die-dood” ondervindinge wat gebeur ná of gedurende ‘n trauma of ongeluk, tot ‘n “astrale projeksie,” waarin ‘n persoon willekeurig probeer om sy/haar liggaam agter te los en op te gaan in ‘n spirituele vlak waar waarheid en duidelikheid gevind kan word.

‘n Paar beroemde Christene het beleef, wat huidig bekend staan as “buite-die-liggaam” ondervinding en die bekendste is die van apostel Paulus. Hy sê in 2 Kor 12:1-4, “Om te roem het wel geen sin nie, maar terwyl dit dan nou moet, kom ek by gesigte en openbarings wat die Here gegee het. Ek ken ‘n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Ek weet ook dat hierdie man weggeruk is na die paradys toe. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Daar het hy woorde gehoor wat ‘n mens nie kan of mag uitspreek nie. “ In die voorafgaande verse van hierdie gedeelte, gee Paulus ‘n lys van sy trotshede of die dinge waarop hy staatgemaak het vir sy verlossing om hom in die hemel te bring. Alhoewel hy na iemand anders verwys, word daar ooreengestem dat hy van homself praat in die derde persoon. Buite-die-liggaam ondervindinge is sensasioneel, maar soos Paulus sê, “Om te roem, het wel geen sin nie.” Dit beteken egter nie dat hierdie buite-die-liggaam ondervinding nie werklik gebeur het nie, slegs dat hy nie daarop staatmaak dat dit homself of enigiemand anders op enige wyse tot voordeel kan strek nie.

‘n Onwillekeurige buite-die-liggaam ondervinding of naby-die-dood ondervinding moet op dieselfde wyse gehanteer word as ‘n droom in ‘n Christen se lewe – ‘n onverklaarbare verskynsel wat ‘n goeie storie maak, maar nie vir ons die waarheid bring nie. Die enigste plek waar ons die waarheid vind, is in die Woord van God. Alle ander bronne is merendeels subjektiewe menslike weergawes of interpretasies, gebaseer op wat ons kan ontdek met ons begrensde verstande.

Hierdie ondervindinge is geestelik gevaarlik. ‘n Persoon wat hierdie gebeure probeer verkry met die doel om met die geesteswêreld kontak te maak, is besig om die okkulte te beoefen, Daar is 2 vorme daarvan. Die eerste word genoem die “faseringsmodel,” waarin die persoon probeer om nuwe spirituele waarheid te vind deur ‘n gedeelte van die brein binne te gaan, wat “uitgesluit” is gedurende die daaglikse lewe. Hierdie praktyk is verbind met Boedhisme of postmodernisme en die oortuiging dat “enlightenment” verkry word deur na jouself, na binne te kyk. Die ander vorm word genoem “misieke model” en sluit die persoon in wat besig is om die liggaam volledig te verlaat, met sy/haar spirituele reis na ‘n mistieke vlak wat nie aan die fisiese wêreld gekoppel is nie.

Die Bybel waarsku eksplisiet teen okkultiese praktyke of towery en daardie waarskuwing kan toegepas word op willekeurige buite-die-liggaam ondervindinge en astrale projeksie (Gal 5:19-20). God se opdragte is altyd ten goede vir ons en Hy vermaan ons om weg te bly van okkultiese praktyke. Daar is groot potensiaal as daar probeer word om die spirituele wêreld in te gaan of om jouself oop te stel vir demone wat vir ons lieg oor God en ons verstand belemmer. Die faseringsmodel is ook sinloos volgens die Skrif. Jer 17:9 sê, “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” Dit is sinloos om te soek vir oneindige wysheid binne die eindigheid van die menslike verstand.

Onwillekeurige buite-die-liggaam gebeure is al opgeneem in boeke en films. Een voorbeeld is die populêre boek “90 Minutes in Heaven” deur pastoor Don Piper. Hy beskryf die buite-die-liggaam ondervinding wat hy gehad het na ‘n ernstige motorongeluk, waartydens hy glo dat hy gesterf het en vir 90 minute in die hemel vertoef het. Of Piper die hemel gesien het en tyd daar spandeer het, of nie, is debatteerbaar en op die einde weet niemand nie, alleen God weet dit. Tog is daar ‘n ernstige probleem, teologies gesproke, met die slotsom waartoe Piper gekom het. Hy vertel aan die leser nou dat hy in die hemel was, kan hy vertroosting bring aan gebroke mense by begrafnisse met “meer outoriteit” as vantevore. Piper se motiewe is goed: hy wil mense hoop gee. Dit is egter baie verkeerd om te sê dat sy eie subjektiewe ondervinding hom meer outoriteit gee om die hemelse hoop op ander uit te oefen. Die Skrif self, weg van enige ondervinding wat ons gehad het, is alleenlik dié outoriteit.

Samevattend, ‘n buite-die-liggaam ondervinding sal ons nie waarheid of kennis gee nie. Indien so ‘n gebeurtenis tydens ons Christene se lewens plaasvind, is dit die beste om dit in die kategorie van ‘n droom te plaas – interessant miskien, maar nie ‘n betroubare bron van waarheid nie. Christene moet ook nie daarna of na ‘n astrale projeksie soek nie. Die waarheid moet ons slegs in God se Woord vind. Jesus bid in Joh 17:17, “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U word is die waarheid.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor die “buite-die-liggaam” ondervinding/astraalprojeksie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries