settings icon
share icon
Vraag

Wat is die bruilofsmaal van die Lam?

Antwoord


In Johannes se visioen in Openbaring 19:7-10, het hy die hemelse menigtes gesien en gehoor hoe hulle God prys as gevolg van die bruilofsfees van die Lam – letterlik, die "bruilofsfees" het begin. Die konsep van die bruilofsfees word beter verstaan in die lig van die bruilofsgebruike in die tyd van Christus.

Hierdie bruilofsgebruike het drie hoofdele gehad. Eerstens was 'n huwelikskontrak deur die ouers van die bruid en bruidegom geteken en die ouers van die bruidegom of die bruidegom self moes 'n bruidskat aan die bruid of haar ouers betaal. Dit het begin met wat die verlowingsperiode genoem was – wat ons vandag verlowing noem. Hierdie periode was die een wat Josef en Maria in was, toe sy swanger geword het (Matt 1:18; Luk 2:5).

Die tweede stap in die proses het gewoonlik 'n jaar later plaasgevind, wanneer die bruidegom, vergesel deur sy mansvriende, na die bruid se huis gegaan het, om middernag. Dit was 'n optog met flitslig deur die strate. Die bruid het vooraf geweet dat dit gaan gebeur en dus was sy gereed met haar jong meisies. Hulle almal sluit dan by die optog aan en eindig by die bruidegom se huis. Hierdie gewoonte is die basis van die gelykenis van die tien maagde in Matt 25:1-13. Die derde fase was die bruilofsmaal self, wat daelank kon aangaan, soos geïllustreer word by die bruilof in Kana in Joh 2:1-2.

Wat Johannes se visioen in Openbaring uitbeeld, is die bruilofsfees van die Lam (Jesus Christus) en Sy bruid (die Kerk) in die derde fase. Die eerste twee fases het reeds plaasgevind. Die eerste fase is voltooi op aarde toe elke individuele gelowige sy/haar geloof in Christus as Verlosser geplaas het. Die bruidskat wat aan die bruid se ouer (God die Vader) betaal is, is die bloed van Christus wat gevloei het in die Bruid se plek. Die Kerk op aarde vandag is dan "verloof" aan Christus en soos die wyse maagde in die gelykenis, moet alle gelowiges gereed wees en wag vir die verskyning van die Bruidegom (die Wederkoms). Die tweede fase simboliseer die Wegraping van die Kerk, wanneer Christus kom om Sy Bruid te kom haal na Sy Vader se huis toe. Die bruilofsmaal volg dan as die derde en finale stap. Dit is ons siening dat die bruilofsmaal van die Lam plaasvind in die hemel, tussen die Wegraping en die Wederkoms (gedurende die Verdrukking op aarde).

Die bywoning van die bruilofsfees sal nie net die Kerk as die Bruid van Christus wees nie, maar andere ook. Die "andere" sluit die heiliges van die Ou Testament in – hulle sal dan nog nie opgewek wees nie, maar hulle siele/geeste sal in die hemel saam met ons wees. Soos die engel aan Johannes gesê het om neer te skryf, "Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is" (Openbaring 19:9). Die bruilofsfeesmaal van die Lam is 'n glorieryke viering van almal wat in Christus is!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die bruilofsmaal van die Lam?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries