settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor om demonies besete te wees? Kan mense vandag nog besete wees met bose geeste, en indien wel wat is die simptome?

Antwoord


Die Bybel gee voorbeelde van mense wat met bose geeste besete was, of wat beinvloed was deur bose geeste. Van hierdie voorbeelde is dit moontlik om die simptome van demoniese invloed te bepaal en ons kan ook sien hoe bose geeste mense kan beset. Hier is ‘n paar Bybel verse: Matteus 9:32-33; 12:22; 17:18; Markus 5:1-20; 7:26-30; Lukas 4:33-36; 22:3; Handelinge 16:16-18. In sommige van hierdie verse sien ons dat demoniese besetting fisiese siektes veroorsaak soos byvoorbeeld die onvermoë om te praat, epileptiese simptome, blindheid ens. In ander gevalle veroorsaak dit dat mense euwel doen soos byvoorbeeld in die geval van Judas. In Handelinge 16:16-18 voorsien die bose gees die slavin die vermoë om dinge te weet wat sy nie behoort te weet nie. Die man van Gadarenes wat besete was met baie bose geeste (legioen) het bomenslike krag gehad en het kaal tussen grafstene gebly. Koning Saul was ook deur ‘n bose gees gepla toe hy teen God gerebelleer het (1 Sameul 16:14-15; 18:10-11; 19:9-10) en dit het hom depresief gemaak met ‘n begeerte om Dawid dood te maak.

Dus is daar ‘n groot verskeidenheid van simptome vir bose gees besetting soos byvoorbeeld fisiese benadeling (verswakking) wat nie toegeken kan word aan ‘n sielkundige kondisie nie, ‘n persoonlikheids verandering soos depressie of aggressie, bomenslike krag, onwelvoeglikheid, anti-sosiale optrede en dit kan selfs wees om oor die vermoë te beskik om informasie te weet wat eintlik onmoontlik is om te weet (slavin in Handelinge). Dit is belangrik om kennis te neem dat daar ander redes ook kan wees vir elkeen van hierdie gevalle of simptome, so dit is belangrik dat ons nie almal wat depressie het, sien as demonies besete nie, of iemand wat byvoorbeeld lei aan epilepsie te sien dat hy of sy gevul is met bose geeste nie. Maar net so is dit ook dat westelike kulture nie genoem ag slaan op hierdie sataniese aktiwiteite nie.

Bo en behalwe hierdie fisiese en emotionele gedrag moet ons ook kyk na spesifieke geestelike benaderings of gedrag wat wel demoniese invloed kan wees. Die kan wees in die geval waar iemand weier om te vergeef (2 Korintiers 2:10-11) asook byvoorbeeld geloof en verspreiding van valse leringe, veral as dit kom by aspekte wat gaan oor Jesus Christus en Sy versoenings werk (2 Korintiërs 11:3-4, 13-15; 1 Timoteus 4:1-5; 1 Johannes 4:1-3).

Wat betref die invloed van demone in die lewe van Christene is die apostel Petrus ‘n bewys dat ‘n gelowige wel deur die duiwel beinvloed kan word (Matteus 16:23). Party mense verwys na Christene wat onder sterk demoniese invloed is as “demoniesbesete”, maar daar is geen voorbeeld in die Skrif dat ‘n gelowige wel deur bose geeste beset is nie. Meeste teoloë glo dat Christene nie deur bose geeste beset kan word nie omrede die Heilige Gees binne hulle is (2 Korintiërs 1:22; 5:5; 1 Korintiërs 6:19) en die Gees van God kan nie ‘n “huis” (mens) deel met ‘n bose gees nie.

Ons word nie duidelik vertel hoe iemand hulself oopmaak vir demoniese besetting nie. As ons na Judas kyk as ‘n voorbeeld sien ons hy het sy hart oopgemaak tot euwel – wat in sy geval geld gierigheid was (Johannes 12:6). So dit kan dus moontlik wees dat indien iemand se hart regeer word deur een of ander sonde kan dit ontaard in ‘n uitnodiging vir bose geeste om in te kom. Sendeling werk vertel ons dat bose gees besetting gewoonlik gekoppel word aan die aanbidding van afgode of waar iemand in besit is van okkult materiaal. Die Bybel verwys herhaaldelik dat die aanbidding van afgode, eintlik die aanbidding van bose geeste is (Levitikus 17:7; Deuteronomium 32:17; Psalm 106:37; 1 Korintiërs 10:20). Dus is dit duidelik dan die aanbidding van afgode na demoniese besetting kan lei.

Gebaseer op bogenoemde Bybel verse en ondervindinge van sendelinge kan ons sien dat mense hul self kan oopmaak vir bose gees besetting deur die navolging van sekere sonde of deur okkultiese beoefening (wetend of onwetend). Voorbeelde kan onsedelikheid of dwelm / alkohol misbruik wees wat iemand se bewustheid beinvloed. Of miskien rebelsheid, bitterheid of selfs transendentale mediteering.

Daar is wel ook additionele oorweging. Satan en sy euwel leër (bende) kan niks doen as die Here dit nie toelaat nie (Job 1-2). So dus, waar Satan dink hy bewerkstellig sy eie doel, is dit eintlik God wat alles werk tot Sy eie doelstellings, soos in die geval van Judas se verraad. Sekere mense jaag hierdie ongesonde obsessie met okkult en demoniese bedrywighede. Hierdie is nie slim nie en is on-Bybels. As ons God nastreef beskerm Hy ons met Sy wapentuig en kan ons op Sy krag vertrou (Effesiërs 6:10-18), dus hoef ons niks te vrees van die bose nie want God regeer oor alles!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor om demonies besete te wees? Kan mense vandag nog besete wees met bose geeste, en indien wel wat is die simptome?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries