settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor bose geeste?

Antwoord


Openbaring 12:9 is die skrif wat ons die mees duidelikste beskrywing gee oor die identiteit van bose geeste, “Die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wereld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom”. Satan se se val uit die hemel word simbolies in Jesaja 14:12-15 en Esegiël 28:12-15 beskryf. Dit blyk in Openbaring 12:4 dat Satan een derde van die engele in die hemel saam met hom geneem het toe hy gesondig het. Judas 6 noem ook dat engele gesondig het. Die Bybel toon aan dat bose geeste vervalle engele is, wat saam met Satan, teen God gerebelleer het.

Satan en sy bose geeste poog nou om almal wat God volg en loof, te vernietig en te mislei (1 Petrus 5:8; 2 Korintiërs 11:14-15). Die bose geeste word ook beskryf as onrein geeste (Matteus 10:1; Markus 1:27), en engele van Satan (Openbaring 12:9). Satan en sy bose geeste mislei die wereld (2 Korintiërs 4:4), val Christene aan (2 Korintiërs 12:7; 1 Petrus 5:8), en veg teen die heilige engele (Openbaring 12:4-9). Bose geeste of demone is geestelike wese maar kan ook in die fisiese vorm verskyn (2 Korintiërs 11:14-15). Die bose geeste / vervalle engele is vyande van God, maar hulle is verslae vyande. Hy wat in ons woon is groter as die wat in die wereld woon (1 Johannes 4:4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor bose geeste?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries