settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het God die boom van kennis van goed en kwaad in die paradys geplaas?

Antwoord


God het die boom van goed en kwaad in die paradys geplaas sodat Adam en Eva ‘n keuse gehad het om na Hom te luister of om ongehoorsaam te wees. Adam en Eva was vry om te doen wat hulle wou, maar hulle mag nie van hierdie boom ge-eet het nie. Genesis 2:16-17, “Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” Indien God nie vir Adam en Eva ‘n keuse gegee het nie sou hulle net robotte gewees het en slegs gedoen het waarvoor hulle geprogameer was. God het Adam en Eva geskape as “vry” mense wat hulle eie besluite kan maak, wat kon kies tussen goed en verkeerd. Vir Adam en Eva om werklik vry te wees moes daar ‘n keuse wees.

Daar is eintlik niks verkeerd met die boom van goed of kwaad nie. Dit is heel onwaarskynlik dat die eet van die vrug enige verdere wysheid aan Adam en Eva gegee het. Dit was die feit van ongehoorsaamheid wat Adam en Eva se oë oopgemaak het. Hulle sonde van ongehoorsaamheid teenoor God het sonde en euwel in die wereld gebring. Die eet van die vrug was ‘n aksie van ongehoorsaamheid teenoor God wat Adam en Eva laat bewus word het van kwaad of euwel (Genesis 3:6-7).

God wou nie gehad het dat Adam en Eva sonde moes pleeg nie. Maar God het geweet wat die gevolg van sonde sou bring. God het geweet dat Adam en Eva sou sondig en daardeur euwel die wereld binne sou dring, asook dat dit sou lei tot lyding, smart en dood. Hoekom het God dan toegelaat dat Satan vir Eva en Adam verlei het? God het dit toegelaat sodat Adam en Eva geforseer sou word om ‘n keuse te maak. Adam en Eva het wel gekies, uit hulle eie vry wil, hulle het gekies om ongehoorsaam te wees. Die resultaat – euwel, sonde, lyding, siekte en dood het toe die wereld binne gedring. Adam en Eva se aksies het tot gevolg gehad dat elke persoon met sonde bevlek is en geneig is om te sondig. Adam en Eva se besluit het uiteindelik veroorsaak dat Jesus Christus vir sonde gekruisig sou moes word en Sy bloed vir ons uitstort. Deur geloof in Christus kan ons vry wees van die gevolg van sonde asook om uiteindelik vry te wees van sonde. Luister na die woorde van Paulus in Romeine 7:24-25. “Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here. So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde”.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God die boom van kennis van goed en kwaad in die paradys geplaas?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries