settings icon
share icon
Vraag

Wat is die boeke van die Bybel? Wat beteken dit dat die Bybel saamgestel is uit verskillende boeke?

Antwoord


Die Heilige Bybel is ‘n versamelbundel of geskrifte wat 66 boeke insluit. Die boeke bestaan uit twee dele, die Ou Testament en Nuwe Testament. Die Ou Testament sluit 39 boeke in en die Nuwe Testament sluit 27 boeke in.

In die Ou Testament is daar vier belangrike afdelings van boeke. Die eerste afdeling is die Pentateug, wat bestaan uit Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium.

Die tweede afdelings word die Historiese Boeke genoem en sluit 12 werke in: Josua, Rigters, Rut, 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings, 1 en 2 Kronieke, Esra, Nehemia en Ester.

Die derde afdeling word die Poëtiese Boeke (of Boeke van Wysheid) genoem en bevat Job, Psalms, Spreuke, Prediker en Hooglied.

Die vierde afdeling word die Profetiese Boeke genoem en sluit 5 belangrike profete in (Jesaja, Jeremia, Klaagliedere, Esegiël en Daniël) en 12 minder belangrike profete (Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria en Maleagi).

Die Nuwe Testament sluit ook 4 belangrike afdelings in. Die eerste afdeling is die Evangelies, wat Matteus, Markus, Lukas en Johannes insluit.

Die tweede afdeling sluit die Historiese Boek, Handelinge in.

Die derde afdeling is die Sendbriewe. Hierdie sluit die 13 Sendbriewe van Paulus in (Romeine, 1 en 2 Korintiërs, Galasiërs, Efesiërs, Filippense, Kolossense, 1 en 2 Tessalonisense, 1 en 2 Timoteus, Titus en Filemon) en die 8 Algemene Sendbriewe (Hebreërs, Jakobus, 1 en 2 Petrus, 1 en 2 en 3 Johannes en Judas).

Die vierde afdeling sluit die Profetiese Boek, Openbaring in.

Hierdie 66 boeke was oor ongeveer 1 400 jaar deur 40 verskillende outeurs in Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf. Die geskrifte was deur die vroeë kerkleiers bekragtig (Joodse leiers in die geval van die Ou Testamentiese geskrifte). Die 66 boeke van die Bybel is die geïnspireerde woorde van God wat gebruik word om dissipels te maak (Matt 28:18-20) en gelowiges daagliks te laat groei (2 Tim 3:16-17). Die Bybel was nie geskep bloot deur menslike wysheid nie, maar was deur God geïnspireer (2 Pet 1:20-21) en sal vir ewig bestaan (Matt 24:35).

Alhoewel die Bybel baie onderwerpe aanspreek, is die sentrale boodskap dat die Joodse Messias, Jesus Christus in die wêreld gekom het om die weg van verlossing vir alle mense aan te wys (Joh 3:16). Dit is slegs deur Jesus Christus van die Bybel dat iemand gered kan word (Joh 14:16; Hand 4:12). “Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus” (Rom 10:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die boeke van die Bybel? Wat beteken dit dat die Bybel saamgestel is uit verskillende boeke?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries