settings icon
share icon

Is dit moontlik dat meer boeke by die Bybel bygevoeg kon word?

Antwoord


Ons lewe in ‘n tyd waar daar ‘n geneigdheid is om skouers op te trek, as na foute verwys word. In plaas daarvan om soos Pilatus te vra, “Wat is waarheid?”, sê die hedendaagse mens, “Niks is waar nie” of dalk “Daar is waarheid, maar ons weet dit nie.” Ons het algaande daaraan gewoond geraak, om die leuen te aanvaar en baie mense aanvaar gemaklik die onware opmerking dat die Bybel ook foute bevat.

Daar is geen rede om te glo dat God enige verdere openbaring daar sou stel, om by Sy Woord by te voeg nie. Die Bybel begin met die werklike ontstaan van die mensdom – Genesis – en eindig met die einde van menswees, soos ons dit ken – Openbaring. Alles tussenin is vir ons as gelowiges tot ons voordeel, om in ons daaglikse lewe bekragtig te word met God se Waarheid, volgens 2 Tim 3:16-17, “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarhede te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

Indien verdere boeke tot die Bybel toegevoeg sou word, sou dit daaraan gelykgestel kon word, dat ons hedendaagse Bybel onvolledig is – dat dit nie alles sê wat ons behoort te weet nie. Alhoewel dit net op Openbaring van toepassing is, leer Openbaring 22:18-20 ons ‘n belangrike waarheid, rakende enige toevoeging tot God se Woord: “As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is…”

Ons het alles wat ons nodig het in die huidige 66 Bybelboeke. Daar is nie ‘n enkele situasie in die lewe wat nie deur die Skrif aangespreek word nie. Wat in Genesis begin is, word in Openbaring beëindig. Die Bybel is absoluut volledig en genoegsaam. Kon God nog tot die Bybel toegevoeg het? Natuurlik kon Hy. Tog is daar geen rede, Bybels of teologies, om te glo dat Hy so iets sal doen nie, of dat daar enige nodigheid vir Hom is om dit te doen nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit moontlik dat meer boeke by die Bybel bygevoeg kon word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries