settings icon
share icon

Die boek Sagaria

Skrywer: Sagaria 1:1 identifiseer die skrywer van die boek Sagaria as die profeet Sagaria.

Datum van Skrywe: Die boek Sagaria is in twee hoofgedeeltes geskryf, tussen 520 en 470 v C.

Doel van Skrywe: Sagaria beklemtoon dat God Sy profete gebruik het om te leer, te waarsku en Sy mense op die regte pad te lei. Ongelukkig het hulle geweier om te luister. Hul sonde het God se straf verwek. Die boek lewer ook getuienis dat selfs profesie ook korrup kan wees. Geskiedenis bewys dat profesie gedurende hierdie periode in onguns onder die Jode geraak het en daartoe gelei het, dat gedurende die periode, tussen die Testamente, daar geen blywende profetiese woord teenoor God se mense gespreek is nie.

Sleutelverse: Sagaria 1:3, "En nou moet jy vir jou volk sê: So sê die Here die Almagtige: 'Bekeer julle tot My, sê die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, sê die Here die Almagtige.'"

Sag 7:13, "Hy het geroep, maar hulle het nie geluister nie en toe het die Here die Almagtige gesê: 'Ek sal ook nie luister as hulle nie roep nie.'"

Sag 9:9, "Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie."

Sag 13:9, "en dié derde sal ek met vuur louter soos silwer gelouter word. Hulle sal My aanroep en Ek sal hulle gebede verhoor. Ek sal sê: 'Hulle is My volk.' En hulle sal sê: 'Die Here is ons God.'"

Kort Samevatting: Die boek Sagaria leer dat verlossing deur almal verkry kan word. Die laaste hoofstuk beeld mense uit van oor die hele wêreld wat kom om God, wat begeer dat alle mense Hom sal volg, te aanbid. Hierdie is nie die lering van universalisme nie. Laasgenoemde beteken dat alle mense gered sal word, omdat dit God se natuur is om te red. Die boek leer eerder dat God verlang dat alle mense wat Hom aanbid en diegene aanvaar wat dit wel doen, ongeag van hul nasionale of politieke norme, soos Juda en Jerusalem van hul politieke vyande bevry is. Uiteindelik het Sagaria gepreek dat God soewerein ten opsigte van hierdie wêreld is, ongeag enige verskynsel ten opsigte van die teenoorgestelde. Sy visioene van die toekoms dui aan dat God alles sien wat sal gebeur. Die uitbeeldinge van God se ingryping in die wêreld leer dat Hy uiteindelik menslike gebeure tot 'n einde sal bring, soos Hy verkies. Hy stel nie die individuele vryheid tersyde om God te volg of teen Hom te rebelleer nie, maar Hy hou mense verantwoordelik vir hul keuses wat hulle maak. In die laaste hoofstuk is selfs die natuurkragte onderworpe aan God se beheer.

Voorspellings: Profesieë aangaande Jesus Christus en die Messiaanse tydperk kom volop in Sagaria voor. Vanaf die belofte dat die Messias sou kom en in ons midde woon (Sag 2:10-12; Matt 1:23) tot die simbolisme van die Loot en die Klip (Sag 3:8-9; 6:12-13; Jes 11:1; Luk 20:17-18) tot die belofte van Sy Wederkoms, waar hulle wat Hom deurboor het, na Hom sal kyk en treur (Sag 12:10; Joh 19:33-37), is Christus die tema van die boek Sagaria. Jesus is die Verlosser van Israel, 'n fontein waarvan die bloed die sondes van almal wat na Hom kom vir redding, sal bedek (Sag 13;1; 1 Joh 1:7).

Praktiese Toepassing: God verwag toegewyde aanbidding en 'n morele leefstyl van ons vandag. Sagaria se voorbeeld van die deurbraak van nasionale vooroordeel herinner ons daaraan om uit te reik na alle areas in ons samelewing. Ons moet God se uitnodiging van verlossing uitbrei na alle mense van alle nasionale herkomste, tale, rasse en kulture. Daardie verlossing is net verkrygbaar deur die bloed van Jesus Christus wat aan die kruis gestort is, wat in ons plek gesterf het vir die versoening van sonde. Indien ons egter daardie offerande verwerp, is daar geen ander offerande waardeur ons met God versoen kan raak nie. "Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie" (Hand 4:12). "Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding" (2 Kor 6:2).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Sagaria
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries