settings icon
share icon

Die boek Rut

Skrywer: Die boek Rut noem nie ‘n spesifieke skrywer nie. Volgens tradisie is Rut deur die profeet Samuel geskryf.

Datum van Skrywe: Die presiese datum is onseker: blykbaar tussen 1011 en 931 v C.

Doel van Skrywe: Rut is aan die Israeliete geskryf. Dit leer dat opregte liefde soms onversetlike opoffering vra. Ongeag ons lotgeval in die lewe, kan ons volgens die voorskrifte van God lewe. Ware liefde en omgee sal beloon word. God seën oorvloediglik diegene wat in gehoorsaamheid lewe. Gehoorsame lewe maak nie plek vir “ongelukke” in God se plan nie. God brei Sy genade uit aan hulle wat genade betoon.

Sleutelverse: Rut 1:16, “Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God.”

Rut 3:9, “Hy vra toe vir haar: ‘Wie is jy?’ en sy antwoord: ‘Ek is Rut, ek is van u afhanklik en u is my losser; neem my nou onder u beskerming.’”

Rut 4:17, “Haar buurvroue het die seuntjie toe ‘n naam gegee. Hulle het hom Obed genoem en gesê: ‘’n Seun is vir Naomi gebore.’ Obed was die voorvader van Dawid.”

Kort Samevatting: Die boek Rut se begin is in die heidense land van Moab, ‘n streek noordoos van die Dooie See, maar dan skuif dit na Betlehem. Hierdie ware gebeurtenis vind plaas gedurende die somber dae van die Israeliete se mislukking en rebellie, naamlik die periode van die Rigters. ‘n Droogte het Elimelek en sy vrou, Naom, gedwing om hul tuiste in Israel te verskuif na die land Moab. Elimelek is dood en Naomi is agtergelaat met haar twee seuns, wat kort daarna met twee Moabitiese meisies, Orpa en Rut getrou het. Later het beide die seuns gesterf en Naomi het alleen agtergebly met Orpa en Rut in ‘n vreemde land. Orpa gaan na haar ouers terug, maar Rut dring daarop aan om by Naomi te bly, terwyl hulle na Betlehem reis. Hierdie storie van liefde en toewyding vertel van Rut se uiteindelike huwelik met ‘n ryk man, Boas. Hulle kry ‘n seun, Obed, wat die oupa van Dawid geword het en die voorvader van Jesus. Gehoorsaamheid bring vir Rut in die bevoorregte geslag van Christus.

Voorspellings: ‘n Baie belangrike tema in die boek Rut is dié van losser. Boas, ‘n familielid van Rut, aan die kant van haar man, het soos sy plig in die Mosaïese Wet uiteengesit was, opgetree en ‘n verarmde familielid uit haar omstandighede bevry (Lev 25:47-49). Hierdie scenario is deur Christus herhaal, wat ons verlos het, die geestelike verarmdes, van die slawerny van sonde. Ons hemelse Vader het Sy eie Seun na die kruis gestuur, sodat ons kinders van God kan word en broers en susters van Christus. Deur ons Verlosser te wees, raak ons Sy verloste kinders.

Praktiese Toepassing: Die soewereiniteit van ons grote God is duidelik uitgebeeld in Rut se storie. Hy het haar elke tree op die pad gelei om Sy kind te word en Sy plan vir haar vervul om ‘n voorouer van Jesus Christus te word (Matt 1:5). So het elkeen van ons ook die versekering dat God vir ons ‘n plan het. Soos Naomi en Rut Hom vertrou het om vir hulle te voorsien, so behoort ons ook.

Ons sien in Rut ‘n voorbeeld van die voortreflike vrou in Spreuke 31. Daarmee saam was sy toegewyd aan haar familie (Rut 1:15-18; Spreuke 31:10-12) en vol vertroue en in afhanklikheid van God (Rut 2:12; Spreuke 31:30). Dus sien ons in Rut ‘n vrou na God se hart. Haar woorde is liefdevol, goed en respekvol teenoor Naomi en ook Boas. Die voortreflike vrou: Spreuke 31:26, “As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.” Ons sal moeilik in vandag se lewe ‘n vrou vind, wat vir ons ‘n rolmodel soos Rut kan wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Rut
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries