settings icon
share icon

Die van Psalms

Skrywer: Die kort inleiding tot die Psalms dui aan dat Dawid die outeur van 73 Psalms is. Dawid se persoonlikheid en identiteit is duidelik op baie van hierdie Psalms afgedruk. Alhoewel Dawid baie van die individuele Psalms geskryf het, is hy nie die skrywer van die hele versameling nie. Twee van die Psalms (72) en (127) word erken as bydraes deur Salomo, Dawid se seun en opvolger. Ps 90 is ‘n gebed van Moses. ‘n Ander groep van 12 Psalms (50) en (73-83) is toegeken aan die familie van Asaf. Die seuns van Korag het 11 Psalms geskryf (42, 44-49, 84-85, 87-88). Ps 88 is deur Heman geskryf, terwyl (89) toegesê is aan Etan, die Esragiet. Met die uitsondering van Salomo en Moses, was al hierdie bykomende skrywers priesters of Leviete, wat verantwoordelik was vir die voorsiening van heilige aanbiddingsmusiek, gedurende Dawid se regeringstyd. Vyftig van die Psalms het geen spesifieke skrywer nie.

Datum van Skrywe: ‘n Deeglike ondersoek na die outeurskap, sowel as die onderwerpskwessie van die Psalms, dui daarop dat dit oor ‘n periode van baie eeue strek. Die oudste Psalm in die versameling is blykbaar die gebed van Moses (90), wat dui op die verganklikheid van die mens teenoor die ewigheid van God. Die laaste Psalm (137) is moontlik as ‘n klaaglied geskryf, gedurende die tyd toe die Hebreërs deur die Babiloniërs gevange gehou is, van ongeveer 586 tot 538 v C.

Dit is duidelik dat die 150 individuele Psalms deur baie verskillende mense oor ‘n periode van 1000 jare, gedurende Israel se geskiedenis geskryf is. Hulle moes in die huidige vorm saamgevat wees deur ‘n onbekende skrywer, nadat die ballingskap ongeveer 537 v C beeïndig is.

Doel van Skrywe: Die Psalms is die langste boek in die Bybel, bestaande uit 150 individuele Psalms. Dit is ook een van die mees diverse boeke, aangesien die Psalms handel oor onderwerpe soos God en Sy skepping, oorlog, aanbidding, wysheid, sonde en boosheid, oordeel, regverdigheid en die koms van die Messias.

Sleutelverse:
Ps 19:2, “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend.”

Ps 22:17-19, “Soos honde omsingel hulle my, die bende misdadigers sak op my toe, hulle bind my hande en voete vas. Al wat been in my is, kan ek tel; hulle kyk na my met leedvermaak. Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel.”

Ps 23:1, “Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.”

Ps 29: 1-2, “Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om Sy eer en mag! Prys die Here om die eer van Sy Naam! Buig voor die Here by Sy heilige verskyning!”

Ps 51:12, “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.”

Ps 119: 1-2, “Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met dié wat Sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart Sy wil doen.”

Kort Samevatting: Psalms is ‘n samevatting van gebede, gedigte en psalms, wat fokus op die aanbidder se gedagtes op God, in lofprysing en bewondering. Gedeeltes van hierdie boek is gebruik as gesangboek in die aanbiddingsdienste van antieke Israel. Die musikale erfenis van die Psalms word deur die opskrif aangedui. Dit kom van ‘n Griekse word wat “a song sung to the accompaniment of a musical instrument” beteken.

Voorspellings: God se voorsiening van ‘n Verlosser vir Sy mense is ‘n herhalende tema in die Psalms. Profetiese beelde van die Messias word in baie Psalms gesien. Ps 2:1-12 is beelde van die Messias se oorwinning en koninkryk. Ps 16:8-11 voorspel Sy dood en opstanding. Ps 22 verwys na die lydende Verlosser aan die kruis en verteenwoordig profesieë oor die kruisiging, almal wat presies só vervul is. Die glorie van die Messias en Sy bruid kom in Ps 45:6-7 voor, terwyl Ps 72:6-17, 89:3-37, 110;1-7 EN 132:12-18 Sy glorieryke en universele ryk verteenwoordig.

Praktiese Toepassing: Een van die gevolge van Geesvervulling of vervulling met die Woord van Christus, is sang. Die Psalms is die gesangboek van die vroeë kerk, wat die nuwe waarheid in Christus weerspieël het.

God is dieselfde Here in al die Psalms, maar ons beleef Hom op verskillende maniere, afhangende van die spesifieke omstandighede van ons lewens. Wat ‘n wonderlike God aanbid ons nie, verklaar die psalmis, Een wat hoog verhewe is bokant ons menslike belewenisse, maar ook Een wat naby genoeg is om aan te raak en wat langs ons loop op die lewenspad.

Ons kan al ons gevoelens na God toe bring – ongeag hoe negatief en beklaenswaardig dit is – en ons kan tevrede voel dat Hy sal hoor en verstaan. Die psalmis leer ons dat die diepste gebed van alle gebede is, as ons uitroep na God, wanneer ons probleme ons heeltemal oorweldig in die lewe hier op aarde.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die van Psalms
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries