settings icon
share icon

Die boek Prediker

Skrywer: Prediker identifiseer nie ‘n outeur nie. Daar is tog ‘n paar verse wat impliseer dat Salomo hierdie boek geskryf het. Daar is ook ‘n paar aanduidings dat ‘n ander persoon die boek ná Salomo se dood geskryf het, moontlik verskeie honderde jare later. Tog word daar geglo dat Salomo die outeur is.

Datum van Skrywe: Salomo se regering as koning van Israel het geduur van om en by 970 v C tot 930 v C.

Doel van Skrywe: Prediker is ‘n boek met perspektief. Die vertelling van Prediker ontmasker die depressie wat onafwendbaar veroorsaak word deur te soek na geluk in wêreldse dinge. Hierdie boek gee aan Christene die kans om die wêreld deur die oë van ‘n persoon te sien, wat, alhoewel baie wys, besig is om betekenis te vind in tydelike, menslike dinge. Meestal elke vorm van wêreldse plesier is deur die Prediker ontdek en niks daarvan maak vir hom sin of betekenis nie.

Aan die einde kom die Prediker tot aanvaarding dat geloof in God die enigste manier is om persoonlik betekenis te vind. Hy besluit om die feit te aanvaar dat die lewe kort en uitermate waardeloos sonder God is. Die Prediker adviseer die leser om op ‘n ewige God te konsentreer, in plaas van tydelike plesier.

Sleutelverse:
Pred 1:2, “Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.”

Pred 1:18, “Baie wysheid stel hoë eise, wie kennis versamel, versamel smart.”

Pred 2:11, “Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, ‘n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie.”

Pred 12:1, “Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal sê: ‘Ek het daar niks aan nie.’”

Pred 12:13, “Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: ‘Dien God en gehoorsaam Sy gebooie.’”

Kort Samevatting: Twee sinsnedes word dikwels in Prediker herhaal. Die woord “vanity” in die KJV en “meaningless” in die NIV. Die woorde “Alles kom tot niks” en “’n gejaag na wind” verskyn dikwels in die Afrikaanse Bybel en word gebruik om die verbygaande aard van wêreldse dinge te beklemtoon. Die woorde “onder die son” kom ook dikwels voor en verwys na die sterflike wêreld. Wanneer die Prediker verwys na “alles onder die son”, praat hy van aardse, tydelike, menslike dinge.

Die eerste sewe hoofstukke beskryf al die wêreldse dinge “onder die son”, waarin die Prediker vervulling in probeer vind. Hy probeer wetenskaplike ontdekkings maak(1:10-11), wysheid en filosofie (1:13-18), plesier (2:1), alkohol (2:3), argitektuur (2:4), eiendom (2:7-8) en luuksheid (2:8). Die Prediker kyk na verskillende filosofieë om betekenis te vind, soos materialisme (2:19-20) en selfs morele kodes (hoofstukke 8-9). Hy vind dat alles sonder betekenis is en ‘n tydelike ontspanning sonder God het geen doel of duursaamheid nie.

Hoofstukke 8-12 beskryf die Prediker se voorstelle en opmerkings van hoe ‘n lewe behoort te wees. Hy kom tot die slotsom dat, sonder God in die lewe is daar geen waarheid of betekenis nie. Hy het baie booshede gesien en besef dat selfs die beste pogings van ‘n mens is sonder waarde op die lange duur. Hy adviseer dus die leser om God vanaf die jeugjare te erken (12:1) en Sy wil na te streef (12:13-14).

Voorspellings: Vir al die nietighede in die lewe wat in die boek Prediker beskryf word, is die antwoord Christus. Na aanleiding van Pred 3:17 oordeel God oor die regverdige en die onregverdige en die regverdiges is slegs diegene wat in Christus is (2 Kor 5:21). God het die begeerte na die ewigheid in ons harte geplaas (Pred 3:11) en het die Weg na die ewige lewe deur Christus voorsien (Joh 3:16). Ons word herinner dat om die aardse rykdom na te streef, is nie alleen nodeloos nie, maar dit bring ook nie tevredenheid nie (Pred 5:10), maar selfs al sou ons dit verkry, verloor ons ons siele sonder Christus en wat baat dit ons dan? (Markus 8:36). Uiteindelik het elke teleurstelling en nietigheid wat in Prediker beskryf word sy genesing in Christus, die wysheid van God en die enigste ware betekenis wat in die lewe te vind is.

Praktiese Toepassing: Prediker bied vir die Christen ‘n geleentheid om die leegheid en wanhoop van hulle wat God nie ken nie, te verstaan. Hulle wat nie ‘n verlossende geloof in Christus het nie, het ‘n lewe wat sinloos is en sonder betekenis eindig. Waar daar geen redding en geen God is nie, is daar geen sin in om te leef nie, geen doel of rigting nie. Die wêreld “onder die son”, sonder God, is frustrerend, wreed, onregverdig, kort en uiters betekenisloos, maar met Christus is die lewe ‘n skadubeeld van al die glorie wat in die hemel is en wat op ons wag, slegs verkrygbaar deur Hom.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Prediker
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries