settings icon
share icon

Die boek Obadja

Skrywer: Obadja verse 1 identifiseer die skrywer as die profeet Obadja.

Datum van Skrywe: Obadja is blykbaar tussen 848 en 840 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Obadja, die kortste Boek in die Ou Testament, is net 21 verse lank. Obadja is 'n profeet van God wat hierdie geleentheid gebruik om Edom te veroordeel, rakende sonde teen God en Israel, Die Edomiete is afstammelinge van Esau en die Israeliete is afstammelinge van sy tweelingbroer, Jakob. 'n Stryery tussen die broers het hul nakomelinge van oor 'n duisend jaar lank geaffekteer. Hierdie verdeling het veroorsaak dat die Edomiete Israel verbied het om deur hul land te trek, gedurende die Israelitiese uittog uit Egipte. Edom se trots was 'n groot sonde en verdien 'n kragtige woord van straf van die Here af.

Sleutelverse: Obadja vers 4. "Al bou jy daar in die hoogte soos 'n aasvoël, al sit jy jou nes tussen die sterre, Ek sal jou daar afhaal, sê die Here."

Obadja vers 12, "Jy moes jou nie daarin verlekker het dat jou broer se dag gekom het nie, die dag toe die ongeluk hom getref het; jy moes nie so bly gewees het oor wat gebeur het met die mense van Juda die dag toe hulle omgekom het nie."

Obadja vers 15, "Die dag van die Here is naby, naby vir al die nasies. Wat jy gedoen het Edom, sal aan jou gedoen word, jou dade sal op jou eie kop afkom."

Kort Samevatting: Obadja se boodskap is finaal en seker: die koninkryk van Edom sal heeltemal verwoes word. Edom is arrogant, grootpraterig oor Israel se mislukkings en wanneer die vyand Israel aanval en die Israeliete om hulp vra, weier die Edomiete en kies om eerder teen Israel te veg, as saam met hulle. Hierdie sonde van trots kan nie langer oorgesien word nie. Die Boek eindig met die belofte van vervulling en vrymaking van Sion gedurende die Laaste Dae, wanneer die land aan God se mense herstel sal word en Hy oor hulle sal regeer.

Voorspellings: Vers 21 bevat 'n vooruitskouing van Christus en Sy Kerk. "Die bevrydes op Sionsberg sal optrek om oor die bergland van Esau te regeer en die heerskappy sal aan die Here behoort." Hierdie "bevrydes" (ook "vrygemaaktes" in sommige vertalings genoem) is die apostels van Christus, bedienaars van die Woord en die verkondigers van die Evangelie in hierdie laaste dae. Hulle word "verlossers" genoem, nie omdat hulle ons verlossing verkry het nie, maar omdat hulle verlossing verkondig deur die Evangelie van Christus en ons die weg aanwys tot ware redding. Hulle, en die Woord wat hulle preek, is die wyse waardeur die Goeie Nuus van redding aan alle mense versprei word. Terwyl Christus die enigste Redder en Verlosser is, wat alleen gekom het om verlossing te koop en die outeur daarvan is, sal redders en draers van die Evangelie meer en meer as getuies optree, soos die eindtye naderkom.

Praktiese Toepassing: God sal namens ons oorwin, indien ons getrou aan Hom bly. Anders as Edom, moet ons gewillig wees om ander in tye van nood te help. Trotsheid is sonde. Ons het niks om op trots te wees nie, behalwe Jesus Christus en wat Hy vir ons gedoen het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Obadja
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries