settings icon
share icon

Die boek Numeri

Datum van Skrywe: Numeri is tussen 1440 en 1400 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Die boodskap van Numeri is universeel en tydloos. Dit herinner gelowiges aan die geestelike oorlogvoering waarin hulle gewikkel is, want Numeri handel oor die diensbetoning en die pad wat God se mense loop. Die boek Numeri oorbrug hoofsaaklik die gaping tussen die Israeliete wat die Wet ontvang (Eksodus en Levitikus) en berei hulle voor om die Beloofde Land binne te gaan (Deuteronomium en Josua).

Sleutelverse: Numeri 6:24-26, “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee.”

Numeri 12:6-8, “Luister na wat Ek sê: As daar ‘n profeet van die Here onder julle is, maak Ek My aan hom bekend deur visioene en praat Ek met hom in drome. Maar met My dienaar Moses is dit anders. Hy is die betroubaarste in My diens. Met hom praat Ek direk en persoonlik, nie in raaisels nie. Hy sien selfs die gestalte van die Here. Waarom was julle dan nie bang om só met My dienaar Moses te praat nie?”

Numeri 14:30-34, “Nie een van julle sal die land betree wat Ek met ‘n eed aan julle as woonplek beloof het nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne en Josua seun van Nun. En wat julle kinders betref, van wie julle gesê het dat hulle krygsgevangenes sal word, vir hulle sal Ek inbring, en hulle sal die land wat deur julle verwerp is, liefkry. Maar julle lyke sal in hierdie woestyn bly lê. Julle kinders sal veertig jaar lank in die woestyn rondtrek. Hulle sal die gevolge van julle ontrou moet dra totdat julle almal se lyke in die woestyn lê. Julle het die land veertig dae lank verken. Julle sal veertig jaar, een jaar vir elke dag, die gevolge van julle ongeregtigheid moet dra. Dan sal julle besef wat dit beteken om My teen julle te hê.”

Kort Samevatting: Die meeste van die gebeure in die boek Numeri vind in die woestyn plaas, hoofsaaklik tussen die tweede en veertigste jare van die Israeliete se omswerwinge. Die eerste 25 hoofstukke van Numeri boekstaaf die gebeurtenisse van die eerste generasie Israeliete in die woestyn, terwyl die res die gebeure die tweede generasie beskryf. Die tema van gehoorsaamheid en rebellie, gevolg deur berou en seën gaan regdeur die hele boek, sowel as deur die hele Ou Testament.

Die tema van God se heiligheid word van Levitikus voortgesit tot in Numeri, wat God se opdrag en voorbereiding van Sy mense om die Beloofde Land, Kanaän in te gaan, bekend maak. Die belangrikheid van Numeri is aangedui, deurdat daar baie keer in die Nuwe Testament na verwys word. Die Heilige Gees verwys spesifiek na Numeri in 1 Kor 10:1-12. Die woorde “Hierdie dinge het gebeur as voorbeelde vir ons” verwys na die sonde van die Israeliete en God se ongelukkigheid met hulle.

In Romeine 11:22 praat Paulus oor die “goedheid en strengheid van God.” Dit, in ‘n neutedop is die boodskap van Numeri. Die strengheid van God word gesien in die dood van die opstandige generasie in die woestyn, hulle wat nooit die Beloofde Land ingegaan het nie. Die goedheid van God is deur die nuwe generasie eers besef. God het hierdie mense beskerm, bewaar en voorsien totdat hulle die land beset het. Dit herinner ons aan die liefde en regverdigheid van God, wat altyd in soewereine harmonie is.

Voorspellings: God se opdrag vir Sy mense om heilig te wees, is voltooi en finaal bevredig in Jesus Christus, wat gekom het om namens ons die wet te vervul (Matt 5:17). Die konsep van die beloofde Messias is deurlopend in Numeri. Die storie in hoofstuk 19 van die offerande van die rooi koei “sonder liggaamsgebrek of letsel” beeld Christus, die Lam van God sonder letsel of gebrek uit, wat vir ons sondes geoffer is. Die beeld van die bronsslang wat op die paal gelig is om fisiese genesing te bring (hoofstuk 21), verwys ook na Christus wat aan die kruis gehang het, opgelig is teen die kruis, sodat elkeen wat in geloof na Hom opkyk geestelik gesond sal word.

In hoofstuk 24 praat Bileam in sy vierde uitspraak van die ster en heerser wat uit Jakob sal voortspruit. Hier is ‘n profesie van Christus “ster uit Jakob” in Openbaring 22:16, tot Sy eer, helderheid en glans en vir die lig wat deur Hom ontstaan. Hy word ook ‘n heerser genoem, “scepter bearer” as gevolg van Sy Koninklikheid. Hy het nie alleenlik die naam van ‘n Koning nie, maar het ‘n Koninkryk en regeer met ‘n septer van genade, barmhartigheid en regverdigheid.

Praktiese Toepassing: ‘n Belangrike teologiese tema ontwikkel in die Nuwe Testament vanuit Numeri en dit is dat sonde en ongeloof, veral rebellie, God se straf ontlok. 1 Kor 10 sê spesifiek en Heb 3:7-4:13 lê sterk klem daarop dat hierdie gebeure geskrywe is as voorbeelde vir gelowiges om waar te neem en te vermy. Ons moenie ons harte deur “sondige begeertes laat dryf nie” (v6) of “onsedelikheid pleeg nie “ (v 8) of “Christus uittart nie” (v 9) of “teen God in verset kom nie” (v 10).

Netsoos die Israeliete 40 jaar in die woestyn geswerf het, as gevolg van hul rebellie, so laat God soms toe dat ons afdwaal van Hom af en eensaam word en ‘n tekort aan seëninge ervaar, omdat ons teen Hom in opstand kom. God is egter getrou en regverdig en soos Hy die Israeliete weer herstel het tot op die regte plek in Sy hart, wil Hy Christene ook altyd terugbring na die plek van seën en intieme omgang met Hom. Ons moet net berou hê en na Hom toe terugkeer (1 Joh 1:9).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Numeri
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries