settings icon
share icon

Die boek Nahum

Skrywer: Die skrywer van die boek Nahum identifiseer homself as Nahum (in Hebreeus "Consoler" (Trooster) of "Comforter"), die Elkosiet (1:1). Daar is baie teorieë oor waar daardie dorp was, alhoewel daar geen afdoende bewys is nie. Een so 'n teorie is dat dit verwys na die dorp Kapernaum by die see van Galilea (wat letterlik "die dorp van Nahum" beteken).

Datum van Skrywe: Gegewe die beperkte hoeveelheid inligting wat ons weet van Nahum, is die beste wat ons kan doen om die tydsraamwerk waarin die boek Nahum geskryf is, in te perk tussen 663 en 612 v C. Twee gebeurtenisse help ons om hierdie datums te bepaal. Eerstens noem Nahum Tebes (No Amon) in Egipte wat in die hande van die Assiriërs geval het (663 V C) in die verlede tyd, dus het dit reeds gebeur. Tweedens het die oorblyfsel van Nahum se profesieë in 612 v C waar geword.

Doel van Skrywe: Nahum het nie hierdie boek as waarskuwing of oproep tot berou vir die mense van Nineve geskryf nie. God het alreeds vir hulle die profeet Jona 150 jaar vroeër gestuur, met Sy belofte van wat sou gebeur, indien hulle met hul sondige weë aangaan. Die mense van daardie tyd het berou getoon, maar het toe net so sleg, indien nie erger as vantevore, geleef nie. Die Assiriërs het absoluut wreed opgetree in hul oorwinnings (die liggame van hul slagoffers aan pale opgehang en hul velle aan hul tente opgehang, te midde van ander wreedaardighede). Nou het Nahum aan die mense van Juda gesê om nie moed te verloor nie, omdat God straf aangekondig het en dat die Assiriërs spoedig sou kry, wat hulle verdien het.

Sleutelverse: Nahum 1:7, "Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil."

Nahum 1:14a, "Maar oor jou, Nineve, bevel die Here: 'Jou naam sal nie meer genoem word nie!'"

Nahum 1:15a, "Kyk daar, oor die berge kom 'n boodskapper aangehardloop wat goeie nuus aankondig." Sien ook Jes 52:7 en Rom 10:15.

Nahum 2;13a, "Ek tree teen jou op, Nineve, sê die Here die Almagtige."

Nahum 3:19, "Jy is verwoes, en jy sal nie herstel nie, jou wond is dodelik; almal wat die tyding oor jou verneem, klap hande daaroor, want wie het nie almal voortdurend onder jou wreedhede gely nie?"

Kort Samevatting: Nineve het eenkeer gehoor gegee aan Jona se prediking en hulle bekeer van hul sondige lewens en sodoende die Here God Jehova gedien. 150 jaar later het Nineve weer begin afgode dien en geweld en verwaandheid het toegeneem (Nahum 3:1-4). God het weer een van Sy profete na Nineve gestuur om straf aan te kondig deur die stad se verwoesting en hulle te vermaan om berou te toon. Ongelukkig het hulle nie Nahum se waarskuwing ter harte geneem nie en die stad is onder Babilonië se oorheersing gebring.

Voorspellings: Paulus herhaal Nahum 1:15 in Rom 10:15 ten opsigte van die Messias en Sy bediening, sowel as die apostels van Christus gedurende Sy tyd. Dit kan ook gekoppel word aan enige Evangeliese bediening, wie se besigheid dit is om "die Evangelie van vrede te verkondig". God het vrede gemaak met sondaars deur die bloed van Christus en het aan Sy mense die vrede gegee "wat alle verstand te bowe gaan" (Fil 4:7). Die prediker se werk behels ook om goeie nuus oor goeie dinge te bring, soos: versoening, regverdigheid, vergewensgesindheid, lewe en ewige verlossing deur 'n gekruisigde Christus. Die prediking van so 'n Evangelie en die bring van sulke goeie nuus, maak hul voete pragtig. Die beeld wat hier gebruik word, is soos iemand wat na ander toe hardloop, begeesterd en vol vreugde om die Goeie Nuus oor te dra.

Praktiese Toepassing: God is geduldig en word nie gou kwaad nie. Hy gee elke land tyd om Hom as hul Here te bely. Hy laat Hom nie bespot nie. Enige tyd as 'n land van Hom af wegdraai om sy eie motiewe te dien, tree Hy in met straf. Byna 220 jaar gelede is die Verenigde State as 'n volk gevorm — gelei deur Bybelse beginsels. In die laaste 50 jaar het dinge verander en word daar daagliks in 'n teenoorgestelde rigting gedraai. As Christene is dit ons plig om op te staan vir Bybelse beginsels en Skrifwaarhede, want die Waarheid is hierdie land se enigste hoop.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Nahum
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries