settings icon
share icon

Die boek Miga

Skrywer: Die skrywer van die Boek is die profeet Miga (Miga 1:1).

Datum van Skrywe: Miga is waarskynlik tussen 735 en 700 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Die boodskap van Miga is 'n ingewikkelde vermenging van straf en hoop. Aan die een kant voorspel die profesieë straf oor Israel vir sosiale euwels, korrupte leierskap en afgodery. Daar is verwag dat hierdie oordeel sy hoogtepunt sou bereik in die vernietiging van Samaria en Jerusalem. Aan die ander kant, verkondig die Boek nie net die herstel van die volk nie, maar ook die transformering en oprigting van Israel en Jerusalem. Die boodskappe van hoop en ondergang is nie noodwendig weersprekend teenoor mekaar nie, tog vind herstel en transformasie net na die strafgeding plaas.

Sleutelverse: Miga 1:2, "Luister alle volke! Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my God wil teen julle getuig, die Here wil uit Sy heilige tempel getuig."

Miga 5:1, "Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en Hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!"

Miga 6:8, "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God."

Miga 7:18-19, "Wie is 'n God soos U? U vergewe sonde, U straf nie die sonde wat uit u volk oorgebly het nie. U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde. Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi."

Kort Samevatting: Die profeet veroordeel die leiers, priesters en profete van Israel, wat die mense mislei en uitbuit. Dit is as gevolg van hul dade dat Jerusalem verwoes sal word. Die profeet Miga verkondig die bevryding van die mense wat van Jerusalem na Babilon sal gaan en sluit af met 'n vermaning aan Jerusalem om die volke wat teen hom saamgespan het, te vernietig. Die ideale regeerder sou vanaf Betlehem kom om die volk te vededig en die profeet voorspel die oorwinning van die oorblyfsel van Jakob en voorsien 'n dag wanneer Jahwe die volk van afgodery sal reinig en betroubaarheid op militêre front herstel. Die profeet gee ook 'n kragtige en saaklike opsomming van Jahwe se vereiste vir gereg en lojaliteit en kondig straf aan oor hulle wat die pad van Omri en Agab volg. Die Boek sluit met 'n profetiese liturgie, wat elemente van 'n klaaglied bevat. Israel bely hul sonde en is verseker van bevryding deur Jahwe se almagtige optrede.

Voorspellings: Miga 5:2 is 'n Messiaanse profesie, aangehaal deur die sterrekykers wat gesoek het na die koning wat in Betlehem gebore is (Matt 2:6). Aangesien hierdie konings van die Ooste bekend was met die Hebreeuse Geskrifte, het hulle geweet dat daar vanuit die klein dorpie, Betlehem, die Prins van Vrede, die Lig van die wêreld sou kom. Miga se boodskap oor sonde, belydenis en herstel vind uiteindelik vervulling in Jesus Christus, die soenoffer vir ons sondes (Rom 3:24-25) en die enigste Weg na God toe (Joh 14:6).

Praktiese Toepassing: God gee waarskuwings en dus sal ons nie Sy wraak hoef te ontgeld nie. Die straf is seker, indien Sy waarskuwings nie in ag geneem word nie en Sy voorsiening vir sonde in die offerande van Sy Seun, verwerp word. Die gelowige in Christus sal God dissiplineer – nie uit haatgevoelens nie – maar omdat Hy ons liefhet. Hy weet dat sonde verwoes en Hy wil ons heel mense hou. Hierdie ongeskondenheid is die belofte van herstel, wat vir diegene wag, wat aan Hom gehoorsaam is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Miga
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries