settings icon
share icon

Die boek Maleagi

Skrywer: Maleagi 1:1 identifiseer die outeur van die boek Maleagi as die profeet Maleagi.

Datum van Skrywe: Die boek Maleagi is tussen 440 en 400 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Die boek Maleagi is 'n godspraak: 'n Woord van die Here aan Israel deur Maleagi (1:1). Dit was God se waarskuwing deur Maleagi om aan die mense te sê om terug te draai na God toe. Met afsluiting van die laaste boek van die Ou Testament, klink die aankondiging van God se reg en die belofte van Sy herstel, deur die koms van die Messias, in die ore van die Israeliete. Vierhonderd jare van stilte volg en eindig met 'n soortgelyke boodskap van God se volgende profeet, Johannes die Doper, wat verkondig, "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom" (Matt 3:2).

Sleutelverse: Maleagi 1:6, "'n Seun eer sy vader en 'n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, priesters, júlle wat My met minagting behandel."

Mal 3:6-7, "Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob. Van julle voorvaders se tyd af het julle van My voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie. Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, sê die Here die Almagtige."

Kort Samevatting: Maleagi het die woorde van die Here aan God se uitverkore mense geskryf, wat afgedwaal het, veral die priesters wat van die Here af weggedraai het. Priesters het nie die offerandes aan God ernstig opgeneem nie. Diere met gebreke is geoffer, al het die wet beveel dat diere sonder gebreke moes wees (Deut 15:21). Die Judese manne het met jong vroue troueloos omgegaan en gewonder waarom God nie hul offerandes wou aanvaar nie. Mense het ook nie hul tiendes gegee soos hulle moes nie (Lev 27:30,32). Ten spyte van die mense se sondes en die feit dat hulle van God weggedraai het, het Maleagi God se liefde vir Sy mense herhaal (Mal 1:1-5) en Sy beloftes van 'n komende Messias (Mal 2:17-3:5).

Voorspellings: Mal 3:1-6 is 'n profesie oor Johannes die Doper. Hy was die Boodskapper van die Here, gestuur om die pad voor te berei (Matt 11:10) vir die Messias, Jesus Christus. Johannes het oor berou en inkeer gepreek, asook om gedoop te word in die Naam van die Here. So het hy die weg voorberei vir Jesus se eerste koms, maar die Boodskapper wat skielik sal kom na Sy Tempel toe, is Christus Self, wanneer Hy weer kom in mag en krag (Matt 24). Daardie tyd sal Hy die seuns van Levi reinig, met ander woorde, diegene wat die Mosaïese Wet voorbeeldig navolg, moet gereing word van sonde deur die bloed van die Verlosser. Eers dan sal hulle bevoeg wees om "deur God vrygespreek" te word, sodat Christus se regverdigheid dan aan hulle oorgedra kan word deur geloof (2 Kor 5:21).

Praktiese Toepassing: God is nie gelukkig as ons nie Sy opdragte gehoorsaam nie. Hy sal diegene wat Hom ontken, laat betaal. God haat egskeiding (2:16) en daarom is die huweliksverbond vir Hom ernstig en Hy wil dit nie verbreek nie. Ons moet getrou bly aan die eggenoot van ons jeug af, lewenslank. God sien en ken ons harte. Hy weet wat ons intensies is; niks kan vir Hom weggesteek word nie. Hy sál terugkom en Hy sál oordeel, maar as ons na Hom terugkeer, sal Hy na ons toe draai (Mal 3:6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Maleagi
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries