settings icon
share icon

Die boek Levitikus

Skrywer: Moses was die skrywer van Levitikus.

Datum van Skrywe: Die boek Levitikus was tussen 1440 en 1400 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Aangesien die Israeliete vir 400 jaar in Egipte in slawerny gehou was, is die konsep van God verhinder deur die veelgodery van die heidense Egiptenare. Die doel van Levitikus is om opdragte en wette te voorsien om sondige, tog bevryde mense in hul verhouding met ‘n heilige God te lei. Daar is klem gelê in Levitikus op die behoefte vir persoonlike heiligheid in verantwoordelikheid tot ‘n heilige God. Sonde moet versoen word deur die offer van behoorlike offerandes (hoofstukke 8-10). Ander onderwerpe wat gedek word, is diëte (rein en onrein kosse), kindergeboorte en siektes wat versigtig gereguleer is (hoofstukke 11-15). Hoofstuk 16 handel oor die Dag van Versoening wanneer ‘n jaarlikse offerande vir die opgehoopte sondes van die volk gebring is. Verder is die volk van God versigtig in hul persoonlike, morele en sosiale leefwyses, in teenstelling met die huidige praktyke van daardie tyd se heidene rondom hulle (hoofstukke 17-22).

Sleutelverse: Lev 1:4, “Daarna sit hy sy hand op die offerdier se kop sodat dit aanvaar sal word as versoening vir hom.”

Lev 17:11, “Omdat die lewe van ‘n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens.”

Lev 19:18, “Jy mag nie wraak neem of ‘n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself, Ek is die Here.”

Kort Samevatting: Hoofstukke 1-7 beskryf die offerandes wat vereis was van beide, die gewone mens en die priesterdom. Hoofstukke 8-10 beskryf die toewyding van Aäron en sy seuns tot die priesterdom. Hoofstukke 11-16 word gewy aan die voorskrifte van die verskeie tipes onreinhede. Die finale 10 hoofstukke is God se riglyne aan Sy mense aangaande praktiese heiligheid. Verskeie feeste is ingestel vir die mense om Jehova God te vereer, byeen te kom en toe te pas volgens God se wette. Seëninge en vloeke sou toegepas word indien God se wette nie gehou of verwerp is (hoofstuk 26). Geloftes aan God word in hoofstuk 27 gedek.

Die primêre tema van Levitikus is heiligheid. God se opdrag in verband met heiligheid vir Sy mense is gebaseer op Sy eie heilige natuur (wese). ‘n Tema wat daarmee saamgaan, is versoening. Heiligheid moet voor God gehandhaaf word en heiligheid kan verkry word deur ‘n behoorlike versoening.

Voorspellings: Baie van die ritualistiese praktyke van aanbidding is op baie wyses die persoon en werk van ons Verlosser, die Here Jesus Christus. Heb 10 vertel dat die Mosaïese Wet is “’n skadubeeld van die weldade wat sou kom”, wat beteken dat die daaglikse offerandes wat deur die priesters vir die sondes van die mense geoffer word, ‘n voorstelling van die hoogste offerande is – Jesus Christus, Wie se offerande vir eens en altyd vir hulle sou wees, wat in Hom glo. Die heiligheid wat tydelik deel van die Wet vorm, sal eendag vervang word deur die volmaakte verkryging van heiligheid, wanneer Christene hul sonde verruil vir die regverdigheid van Christus (2 Kor 5:21).

Praktiese Toepassing: God is baie ernstig oor Sy heiligheid en so moet ons ook wees. Die neiging in die postmoderne kerk is om God na ons eie beeld te skep, deur aan Hom die kenmerke te gee wat ons graag sou wou hê dat Hy moet besit, in plaas van daardie eienskappe wat Sy Woord beskryf. God se volkome heiligheid, Sy voortreflike glans en Sy “ontoeganklike lig” (1 Tim 6:16) is vir baie Christene vreemde konsepte. Ons is geroep om in die Lig te loop en om die donkerte in ons lewens agter te laat, sodat ons welbehaaglik voor Hom kan wees. ‘n Heilige God kan nie blatante, onbeskaamde sonde in Sy mense verdra nie en Sy heiligheid vereis van Hom om dit te straf. Ons durf nie onverskillig in ons optrede teenoor sonde of God se verfoeilikheid daarvan te wees nie en ons mag geensins dit ligtelik opneem nie.

Prys die Here dat ons, as gevolg van Jesus se sterwe in ons plek, nie langer diereofferandes hoef te offer nie. Levitikus handel oor plaasvervanging. Die dood van die diere was ‘n plaasvervangende straf vir hulle wat gesondig het. Op dieselfde wyse, maar oneindig beter, is die offerande van Jesus aan die kruis – die plaasvervanger vir ons sondes. Nou kan ons in volkome heiligheid sonder vrees voor God staan, omdat Hy Christus se regverdigheid in ons sien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Levitikus
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries