settings icon
share icon

Die boek Jona

Skrywer: Jona 1:1 identifiseer spesifiek die profeet Jona as skrywer daarvan.

Datum van Skrywe: Die Boek Jona is waarskynlik tussen 793 en 758 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Ongehoorsaamheid en herlewing is die sleuteltemas in hierdie Boek. Jona se ondervinding in die maag van die vis bied hom 'n unieke geleentheid om 'n unieke vrymaking te soek, terwyl hy gedurende hierdie soortgelyke unieke afsondering berou toon. Sy aanvanklike ongehoorsaamheid lei nie net tot sy persoonlike herlewing nie, maar ook tot dié van die mense van Nineve. Baie klassifiseer die herlewing wat Jona in Nineve gebring het, as een van die grootste evangelistiese pogings van alle tye.

Sleutelverse: Jona 1:3, "Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af."

Jona1:17, "Toe stuur die Here 'n groot vis om vir Jona in te sluk en hy was drie dae en nagte in die vis se maag."

Jona 2:2, ""In my nood het ek tot die Here geroep en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor."

Jona 3:10, "Toe God sien wat hulle doen en hoe hulle hul bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie."

Kort Samevatting: Jona se vrees en trots het gemaak dat hy van God af gevlug het. Hy het nie begeer om na Nineve te gaan en vir die mense te preek om hulle sondes te bely nie. God het hom die opdrag gegee, maar hy voel dat hulle sy vyande is en hy is oortuig dat God nie Sy dreigement om die stad te verwoes, sal uitvoer nie. Dus klim hy op 'n skip na Tarsis, in die teenoorgestelde rigting. Gou het 'n storm veroorsaak dat die skeepsbemanning tot 'n beslissing gekom en besluit het dat Jona die probleem is. Hulle gooi hom oorboord en 'n vis sluk hom in. In die vis se maag vir drie dae en drie nagte doen Jona afstand van sy sonde teenoor God. Die vis spoeg hom uit op die droë grond (ons wonder hoekom hy so lank geneem het om berou te kry). Daarna onderneem Jona die reis van 500 myl na Nineve en lei die stad tot 'n groot herlewing. Die profeet is egter ongelukkig (eintlik dikmond), in plaas van om dankbaar te wees vir Nineve se herlewing. Jona leer sy les. Tog gebruik God 'n wind, 'n plant en 'n wurm om Jona te leer dat God genadig is.

Voorspellings: Dat Jona 'n voorbeeld van Christus is, is duidelik vanuit Jesus se eie woorde. In Matt 12:40-41 verklaar Jesus dat Hy dieselfde tydsduur in die graf sal wees as wat Jona in die vis se maag was. Hy gaan voort deur te sê dat, terwyl die inwoners van Nineve tot bekering gekom het deur Jona se prediking, die Fariseërs en leermeesters van die Wet Jesus verwerp het, wat die Een is, wat baie groter as Jona is. Netsoos Jona die waarheid van God, betreffende berou en bekering, aan Nineve gebring het, so bring Jesus dieselfde boodskap (Jona 2:9; Joh 14:6) van verlossing van en deur God alleen (Rom 11:36).

Praktiese Toepassing: Ons kan nie vir God wegkruip nie. Wat Hy deur ons wil doen, sal so gebeur, ten spyte van al ons teenkanting en voetslepery. Ef 2:10 herinner ons dat Hy planne vir ons het en sal toesien dat ons daarvolgens optree. Hoeveel makliker sou dit nie wees, anders as Jona, as ons sonder versuim, ons aan Hom onderwerp nie!

God se liefde manifesteer in Sy toeganklikheid vir almal, ongeag ons reputasie, nasionaliteit of ras. Die gratis offer van die Evangelie is vir alle mense van alle tye. Ons taak as Christene is om ons beskikbaar te stel, sodat God ons kan gebruik om aan die wêreld van hierdie offer te vertel en bly te wees, wanneer ander tot redding kom. Dit is 'n ondervinding wat God wil hê dat ons met Hom moet deel. Ons moenie jaloers of afgunstig wees teenoor diegene wat laat in hulle lewe of deur heeltemal uiteenlopende omstandighede as onsself, by Jesus uitkom nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Jona
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries