settings icon
share icon

Die boek Jesaja

Skrywer: Jesaja 1:1 identifiseer die skrywer van Jesaja, as die profeet Jesaja.

Datum van Skrywe: Jesaja is geskryf tussen 701 en 681 v C.

Doel van Skrywe: Die profeet Jesaja was hoofsaaklik geroepe om oor die koninkryk van Juda te profiteer. Juda het deur tye van herlewing en tye van rebellie gegaan. Juda is gedreig met vernietiging deur Assirië en Egipte, maar is deur God se genade gespaar. Jesaja het 'n boodskap van berou oor sonde en hoopvolle verwagting van God se toekomstige bevryding aangekondig.

Sleutelverse: Jes 6:8, "Toe het ek die Here hoor vra: 'Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?' Ek het geantwoord: 'Hier is ek! Stuur my!'"

Jes 7:14, "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jongvrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal Hom Immanuel noem."

Jes 9:5, "Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors."

Jes 14: 12-13, "Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat 'n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter. En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde; ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self."

Jes 53:5-6, "Oor óns oortredings is Hy deurboor, oor óns sondes is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur Sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op Hom laat afkom."

Jes 65:25, "Die wolf en die lam sal saam wei, die leeu sal strooi vreet soos 'n bees, my dienaars sal bly wees, maar julle sal teleurgestel staan."

Kort Samevatting: Die boek Jesaja openbaar God se oordeel en verlossing. God is "heilig, heilig, heilig" (Jes 6:3) en dus kan Hy nie toelaat dat sonde ongestraf bly nie (Jes 1:2; 2:11-20; 5:30; 34:1-2; 42:25). Jesaja beeld God se opkomende oordeel uit as 'n "groot hoop brandhout" (Jes 30:33; 1:31).

Terselfdertyd verstaan Jesaja dat God 'n God van genade, barmhartigheid en medelye is (Jes 5:25; 11:16; 14:1-2; 32:2; 40;3; 41:14-16). Die volk Israel (beide Juda en Israel) is blind en doof ten opsigte van God se opdragte (Jes 6:9-10; 42:7). Juda word vergelyk met 'n wingerd wat daar moes wees en sal wees, waarop getrap word (Jes 5:1-7). Slegs as gevolg van Sy genade en Sy beloftes aan Israel, sal God nie toelaat dat Israel of Juda heeltemal verwoes word nie. Hy sal aan beide herstel, vergifnis en genesing bring (43:2; 43:16-19; 52:10-12).

Jesaja fokus meer as enige ander boek in die Ou Testament op die verlossing wat deur die Messias sal kom. Die Messias sal eendag in reg en geregtigheid regeer (Jes 9:7; 32:1). Die regering van die Messias sal vrede en veiligheid aan Israel bring (Jes 11:6-9). Deur die Messias sal Israel 'n lig vir al die nasies wees (Jes 42:6; 55:4-5). Die Messias se Koninkryk op aarde (Jes 65-66) is die doelwit, waarheen die hele boek van Jesaja wys. Dit is gedurende die regering van die Messias dat God se regverdigheid ten volle aan die wêreld geopenbaar sal word.

Daarteenoor beeld Jesaja ook die Messias uit as die lydende Een. Jes 53 beskryf duidelik hoe die Messias vir sonde ly. Dit is deur Sy wonde dat daar genesing plaasvind, Dit is deur Sy lyding dat ons tekortkominge weggeneem word. Hierdie blykbare teenstelling word opgeklaar in die Persoon van Jesus Christus. In Sy eerste koms, was Jesus die lydende dienskneg van Jes 53. In Sy tweede koms, sal Jesus die oorwinnaar en Koning wees, wat regeer, die Prins van Vrede (Jes 9:6).

Voorspellings: Soos bo genoem, beskryf Jes 53 die koms van die Messias en die lyding wat Hy sou verduur ten einde ons sondes te betaal. In Sy soewereiniteit het God elke besonderheid van die kruisiging uitgespel, om sodoende elke profesie van hierdie hoofstuk te vervul, maar ook al die ander Messiaanse profesieë van die Ou Testament. Die uitbeelding in hoofstuk 53 is aangrypend en profeties en bevat 'n volledige prent van die Evangelie, die Goeie Nuus. Jesus is verraai en verwerp (v. 3; Luk 13:34; Joh 1:10-11), verlate deur God (v. 4; Matt 27:46), en vir ons oortredinge deurboor (v. 5; Joh 19:34; 1 Pet 2:24). Deur Sy lyding het Hy die straf betaal, wat ons verdien het en die hoogste en volkome offerande vir ons geword (v. 5; Heb 10:10). Alhoewel Hy sonder sonde was, het God ons sonde op Hom geplaas, sodat ons God se regverdigheid in Hom kon word (2 Cor 5:21).

Praktiese Toepassing: Die Boek Jesaja bied ons Verlosser aan ons in onweerlegbare besonderhede. Hy is die enigste weg hemel toe, die enigste wyse waarop die genade van God verkry kan word, die enigste Weg, die enigste Waarheid en die enigste Lewe (Joh 14:6; Hand 4:12). Deur die prys te ken wat Christus vir ons betaal het, hoe kan ons "so 'n groot saligheid" verontagsaam of verwerp? (Heb 2:3). Ons het slegs 'n paar, kort jare op aarde om na Christus toe te kom en Sy verlossing aan te gryp, wat net Hy bied. Daar is geen tweede kans na die dood nie en ewigheid in die hel is 'n baie lang tyd.

Weet jy van mense wat sê dat hulle gelowiges in Christus is, wat tweegesigte en skynheilig is? Dit is miskien die beste opsomming van hoe Jesaja die volk Israel gesien het. Israel het die voorkoms van regverdigheid gehad, maar dit was vals. In die Boek van Jesaja, daag die profeet Jesaja Israel uit om God met hul hele hart te gehoorsaam en nie net aan die buitekant so voor te kom nie. Jesaja se begeerte was dat hulle wat sy woorde gehoor en gelees het, oortuig moes word om weg te draai van die sonde en na God toe te draai vir vergifnis en genesing.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Jesaja
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries