settings icon
share icon

Die boek Jeremia

Skrywer: Jeremia 1:1 identifiseer die profeet Jeremia as die skrywer.

Datum van Skrywe: Jeremia is tussen 630 en 580 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Dit bevat die finale profesieë oor Juda en waarsku oor die opkomende vernietiging indien die volk nie berou toon nie. Jeremia doen 'n oproep op die volk om na God terug te keer. Terselfdertyd erken Jeremia die onafwendbare vernietiging van Juda, as gevolg van die onbelyde afgodediens en immoraliteit.

Sleutelverse: Jer 1:5, "Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet van die nasies aangestel."

Jer 17:9, "Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?" Jer 29:10-11, "So sê die Here: 'Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder My sorg neem en dan sal Ek My belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe terug te bring. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!'"

Jer 52:12-13, "In die vyfde maand, op die tiende van die maand, in die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar van Babel, het Nebusaradan by Jerusalem aangekom. Hy was hoof van die lyfwag en in die persoonlike diens van die koning van Babel. Hy het die huis van die Here, die paleis en al die huise in Jerusalem, elke groot gebou, afgebrand."

Kort Samevatting: Die Boek Jeremia is hoofsaaklik 'n oordeelsboodskap oor Juda vir hul buitensporige afgodediens (Jer 7:30-34; 16:10-13; 22:9; 32:29; 44:2-3). Na die dood van koning Josia, die laaste regverdige koning, het die volk van Juda feitlik heeltemal vir God en Sy gebooie verwerp. Jeremia vergelyk Juda met 'n prostituut (Jer 2:20; 3:1-3). God het belowe dat Hy afgodery uiters swaar sal straf (Lev 26:31-33; Deut 28:49-68) en Jeremia het Juda gewaarsku dat God se straf naby was. God het Juda talle male van vernietiging verlos, maar Sy genade was nou op die einde. Jeremia bevat koning Nebukadnesar se oorwinning oor Juda en hoe dit aan hom onderwerp is (Jer 24:1). Na verdere rebellie het God Nebukadnesar en die Babiloniese leër teruggebring om Juda en Jerusalem te verwoes en verlate te los (Jer 52). Selfs in die ergste strafgeding, belowe God herstel vir Juda en terugkeer na die land wat God hulle gegee het (Jer 29;10).

Voorspellings: Jer 23:5-6 bestaan uit 'n profesie oor die koms van die Messias, Jesus Christus. Die profeet beskryf Hom as 'n tak/spruit van die huis van Dawid (v. 5; Openbaring 11:15). Dit is Christus wat uiteindelik deur Israel as sy ware Messias erken sal word en wat verlossing vir Sy uitverkore mense sal voorsien (v. 6; Rom 11:26).

Praktiese Toepassing: Die profeet Jeremia het die moeilikste boodskap om te gee. Jeremia het Juda liefgehad, maar hy het God baie meer liefgehad. So pynlik as wat dit vir Jeremia was om aanhoudend 'n boodskap van oordeel aan sy eie mense te bring, was Jeremia gehoorsaam aan wat God vir hom gesê het. Jeremia het gehoop en gebid vir genade van God teenoor Juda, maar hy het altyd vertrou dat God goed en regverdig was en geregtigheid laat seëvier het. Ons moet ook vir God gehoorsaam, al is dit moeilik. Ons moet God se wil erken as belangriker as ons eie begeertes en vertrou dat God, in Sy oneindige wysheid en volmaakte plan net die beste vir Sy kinders sal laat gebeur (Rom 8:28).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Jeremia
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries