settings icon
share icon

Die boek van Hosea

Skrywer: Hosea 1:1 identifiseer die skrywer as die profeet Hosea. Dit is Hosea se persoonlike weergawe van sy profetiese boodskappe aan die kinders van God en aan die wêreld. Hosea is die enigste profeet van Israel wat enige geskrewe profesieë agtergelaat het en wat behoue gebly het.

Datum van Skrywe: Hosea, die seun van Beëri, het vir 'n hele lang tyd geprofeteer, vanaf 785 tot 725 v C. Die boek Hosea is waarskynlik tussen 755 en 725 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Hosea het hierdie boek geskryf om die Israeliete te herinner – en vir ons – dat ons God 'n liefdevolle God is, wie se lojaliteit teenoor Sy verbondsvolk vasstaan. Ten spyte van Israel se aanhoudende omdraai na valse gode, word God se standvastige liefde uitgebeeld in die lankmoedige man van die ontroue vrou. Hosea se boodskap is ook 'n waarskuwing aan hulle wat hul rug op God se liefde gekeer het. Deur die simboliese voorstelling van die huwelik van Hosea en Gomer, word God se liefde vir die afgodiese volk, Israel, vertoon in 'n ryk metafoor in die temas van sonde, straf en vergewende liefde.

Sleutelverse: Hosea 1:2, "Die Here het vir Hosea gesê: 'Gaan trou met 'n prostituut wat buite-egtelike kinders het, want die land is besig om te hoereer, om heeltemal ontrou aan die Here te word.'"

Hosea 2:22, "Ek sal my ontferm oor Sonder-ontferming en haar vrugbaar maak in die land. Ek sal vir Nie-my-volk sê: 'Jy is my volk,' en hy sal vir My sê: 'My God.'"

Hosea 6:6, "want Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers."

Hosea 14:2-5, "Keer terug na die Here jou God, Israel, want jy het geval deur jou sonde. Bely julle sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom: 'Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ons bely teenoor U. Assirië hou vir ons niks goeds in nie. Ons sal ons nie meer op wapens verlaat nie. Ons sal ook nie meer vir ons eie handewerk sê: 'Ons god' nie. By U alleen is daar liefde vir 'n weeskind. Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê. "

Kort Samevatting: Die boek van Hosea kan in twee dele verdeel word: (1) Hosea 1:1-3:5 is 'n beskrywing van 'n volwasse vrou en 'n getroue man, simboliek van die ontroue Israel teenoor God, deur middel van afgodery en (2) Hosea 3:6-14:9 bevat die veroordeling van Israel, spesifiek Samaria, vir die aanbidding van afgode en die uiteindelike herstel.

Die eerste gedeelte van die boek bevat drie verskillende gedigte om te illustreer hoe God se kinders keer op keer teruggekeer het na afgodery. God het Hosea bevel om met Gomer te trou, maar nadat sy vir hom drie kinders gebaar het, het sy van Hosea weggeloop na haar minnaars. Die simboliese klem kan duidelik in die eerste hoofstuk gesien word, waar Hosea Israel se optrede vergelyk met 'n huwelik wat oorgaan na die lewe van 'n prostituut. Die tweede gedeelte bevat Hosea se aanklag teen die Israeliete, maar dit word gevolg deur die beloftes en genade van God.

Hosea is 'n profetiese weergawe van God se meedoënlose liefde vir Sy kinders. Sedert die begin van tyd, ontvang die ondankbare en onverdiende skepping God se liefde, genade en barmhartigheid, maar is nog steeds nie in staat om af te sien van sy boosheid nie.

Die laaste gedeelte van Hosea wys hoe God se liefde opnuut weer Sy kinders herstel, wanneer Hy hul misdade vergeet en hulle met berou in hul harte na Hom toe terugkeer.

Die profetiese boodskap van Hosea voorspel die koms van Israel se Messias 700 jare vooruit in die toekoms. Hosea word dikwels in die Nuwe Testament aangehaal.

Voorspellings: Hosea 2:23 is die wonderlike profetiese boodskap van God wat die Heidene insluit (nie-Jode) as Sy kinders, soos ook in Rom 9:25 en 1 Pet 2:10 geskryf is. Die Heidene is nie oorspronklik "God se mense" nie, maar deur Sy barmhartigheid en genade, het Hy Jesus Christus voorsien en deur geloof in Hom is ons ingeënt in die boom van Sy mense (Rom 11:11-18). Dit is 'n ongelooflike waarheid aangaande die Kerk, eintlik gesien as 'n "geheimenis", omdat voordat Christus gekom het, is die Jode alleen as God se mense beskou. Toe Christus gekom het, is die Jode tydelik verblind, tot die "volle getal uit die heidennasies in die koninkryk ingegaan het" (Rom 11:25).

Praktiese Toepassing: Die boek Hosea verseker ons van God se onvoorwaardelike liefde vir Sy mense, maar dit is ook 'n beeld van hoe God oneer aangedoen is en kwaad gemaak is deur die optrede van Sy kinders. Hoe kan 'n kind wat so 'n oorvloed van liefde, barmhartigheid en genade ontvang, 'n Vader met soveel minagting behandel? Tog het ons presies dieselfde vir eeue gedoen. As ons besef hoe die Israeliete hulle rûe op God gedraai het, dan hoef ons nie verder te kyk as die spieël voor ons, met die weerkaatsing van daardie selfde Israeliete daarin nie.

Slegs deur te onthou hoe baie God vir elkeen van ons gedoen het, sal dit vir ons moontlik wees om verwerping te vermy, van die Een wat vir ons die ewige lewe in Heerlikheid, in plaas van die hel wat ons verdien, gegee het. Dit is uiters belangrik dat ons moet leer om ons Skepper te respekteer. Hosea het vir ons gewys dat as ons 'n fout begaan, 'n berouvolle hart het en ons sondes bely, dan sal God aan ons weer Sy ewige liefde bewys (1 Joh 1:9).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek van Hosea
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries