settings icon
share icon

Die boek Haggai

Skrywer: Haggai 1:1 identifiseer die skrywer as die profeet Haggai.

Datum van Skrywe: Haggai is ongeveer 520 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Haggai het die mense van God probeer uitdaag deur op hul prioriteite te fokus. Hy het hulle opgeroep om terug te keer en God te vereer deur die tempel te bou, ten spyte van plaaslike en amptelike teenstand. Haggai het hulle opgeroep om nie mismoedig te word nie, aangesien hierdie tempel nie heeltemal so weelderig soos Salomo s'n versier sou word nie. Hy het hulle vermaan om van die onreinheid van hul optrede weg te draai en op God se soewereine krag te vertrou. Die boek Haggai is 'n herinnering van die probleme wat God se mense op hierdie tydstip in die gesig gestaar het, hoe die mense vol moed op God vertrou het en hoe God in hul behoeftes voorsien het.

Sleutelverse: Haggai 1:4, "Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?

Haggai 1:4, "Daarom, so sê die Here die Almagtige: 'Neem ter harte wat met julle gebeur. Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek.'"

Haggai 2:9, "Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige."

Kort Samevatting: Sal God se mense hulle prioriteite heroorweeg, moedskep en handel op grond van God se beloftes? God wil die mense waarsku om na Sy woorde te luister. Nie net het God hulle gewaarsku nie, maar Hy het ook beloftes deur sy dienaar Haggai gegee om hulle te motiveer om Hom te volg. Omdat God se mense hul prioriteite verdraai en misluk het om God eerste plek in hul lewens te gee, is Juda in ballingskap na Babilonië gestuur. In antwoord op Daniël se gebed en in vervulling van God se beloftes, het God aan Sirus, die Persiese koning opdrag gegee om die Jode in ballingskap toe te laat om na Jerusalem terug te gaan. 'n Groep Jode het met groot blydskap na hul land teruggekeer, God eerste in hul lewens gestel, Hom aanbid en begin om die tempel in Jerusalem te herbou, sonder die hulp van die plaaslike mense wat in Palestina gewoon het. Hul moedige geloof is begroet met teenstand van die plaaslike mense, sowel as die Persiese regering vir ongeveer 15 jaar.

Voorspellings: Soos met die meeste boeke van die minder bekende profete, eindig Haggai met beloftes van herstel en voorspoed. In die laaste vers, Haggai 2:23 gebruik God 'n messiaanse titel met verwysing na Serubbabel, "my dienaar" (vergelyk 2 Samuel 3:18; 1 Kon 11:34; Jes 42:1-9; Eseg 37:24,25). Deur Haggai belowe God om hom soos 'n seëlring te maak, wat 'n simbool van eerbetoon, outoriteit en mag was, byna soos 'n koning se septer wat gebruik was om briewe en bepalings te seël. Serubbabel, God se seëlring, verteenwoordig die huis van Dawid en die voortsetting van die messiaanse geslagsregister wat deur die ballingskap onderbreek is. Serubbabel het die Dawidsgeslagregister van konings hervestig, wat in die duisendjarige ryk van Christus sy hoogtepunt sal bereik. Serubbabel verskyn in die geslagsregister van Christus aan beide kante van Josef (Matt 1:12) en ook Maria se kant (Luk 3:27).

Praktiese Toepassing: Die boek Haggai plaas aandag op algemene probleme wat die meeste mense vandag in die gesig staar. Haggai vra ons: 1) om ons prioriteite te ondersoek om te kyk of ons meer in ons eie plesier geïnteresseerd is as in die werk van God; 2) om 'n pessimistiese houding te verwerp wanneer ons in 'n opponerende of moedelose omstandigheid vasgevang word; 3) om ons mislukkings te bely en 'n rein lewe voor God te soek; 4) om vol moed vir God op te staan, omdat ons die versekering het, dat Hy altyd met ons is en in volle beheer van ons omstandighede is; 5) om veilig in God se hande te rus, wetende dat Hy ons oorvloediglik sal seën as ons Hom getrou dien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Haggai
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries