settings icon
share icon

Die boek Habakuk

Skrywer: Habakuk 1:1 identifiseer die boek Habakuk as 'n godspraak van die profeet Habakuk.

Datum van Skrywe: Habakuk is klaarblyklik tussen 610 en 605 v C geskryf.

Doel van Skrywe: Habakuk het gewonder waarom God toegelaat het dat Sy uitverkore volk deur die huidige lyding wat deur hul vyande opgelê is, moes gaan. God antwoord en Habakuk se geloof is herstel.

Sleutelverse: Habakuk 1:2, "Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U kla oor geweld voordat U red?

Hab 1:5, "Die Here het geantwoord: 'Kyk na die ander nasies: julle sal verstom staan oor wat julle sien. Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen wat julle nie sal glo as dit vir julle vertel word nie.'"

Hab 1:12, "U is tog van altyd af daar, Here; U is my heilige God; ons sal nie sterwe nie."

Hab 2:2-4, "Die Here het toe vir my gesê: 'Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette, sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom en sal sekerlik gebeur. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom verseker, dit sal nie uitbly nie. Dit is die boodskap; Wie nie reg gesind is nie, sal sy verdiende loon kry, maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly.'"

Hab 2:20, "Die Here is in Sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees."

Hab 3:2, "Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit ook in ons tyd, laat U dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in U toorn."

Hab 3:19, "Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop."

Kort Samevatting: Die boek Habakuk begin waar Habakuk voor God huil vir 'n antwoord op die vraag waarom God Sy uitverkore mense in hul ballingskap laat ly ( Hab 1:1-4). Die Here gee Sy antwoord aan Habakuk deur hoofsaaklik die volgende te sê, "julle sal verstom staan oor wat julle sien" (Hab 1:5-11). Habakuk volg dan op met die volgende woorde, "Ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê" (Hab 1:17-2:1). God antwoord hom weer en gee meer inligting en beveel die aarde om voor Hom stil te word (Hab 2:2-20). Toe skryf Habakuk 'n gebed, waarin hy sy sterk geloof in God uitspreek, selfs in moeilike tye soos hierdie (Hab 3:1-19).

Voorspellings: Die Apostel Paulus haal Hab 2:4 aan op twee verskillende plekke (Rom 1:17; Gal 3:11) om die lering van regverdigmaking deur geloof te herhaal. Die geloof wat 'n gawe van God is en verkrygbaar is deur Christus, is terselfdertyd 'n geloof wat red (Ef 2:8-9) en 'n geloof wat behoue bly dwarsdeur die lewe. Ons verkry die ewige lewe deur geloof en ons lewe die Christelike lewe deur dieselfde geloof. Anders as die trotse mens wat in die vers genoem word. Sy trotse houding is nie reg nie en sy begeertes is verkeerd. Ons egter wat deur geloof in Christus regverdig gemaak is, is volkome regverdig, omdat Hy Sy volmaakte regverdigheid omgeruil het vir ons sondes (2 Kor 5:21) en ons die vermoë gegee het om deur geloof te lewe.

Praktiese Toepassing: Die toepassing vir die leser van Habakuk is dat dit toelaatbaar is om te bevraagteken wat God besig is om te doen, maar wel met respek en eerbied. Soms is dit onduidelik vir ons wat aangaan, veral as ons vir 'n tydlank moet ly of as dit lyk of ons vyande floreer, terwyl ons skaars kan oorleef. Die boek Habakuk bevestig egter dat God soewerein en almagtig is en dat Hy alles onder beheer het. Ons moet net stil word en weet dat Hy besig is om te werk. Hy is wie Hy sê dat Hy is en Hy hou Sy beloftes. Hy sal die boosdoeners straf. Selfs al kan ons dit nie sien nie, is Hy steeds op die troon van die heelal. Ons moet net hierop fokus: "Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop." Om dit vir ons moontlik te maak om na die hoogtes te beweeg, is om ons na die hoë plekke te neem, waar Hy is en ons af te sonder van die wêreld. Soms is die pad wat ons moet loop om ons daar te kry deur lyding en hartseer, maar as ons in Hom rus vind en Hom vertrou, kom ons uiteindelik waar Hy ons wil hê.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Habakuk
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries