settings icon
share icon

Die boek Genesis

Skrywer: Die outeur van Die boek Genesis is onbekend. Volgens tradisie is Moses as outeur aangewys. Daar is geen onweerlegbare bewys om te ontken dat Moses die skrywer van Genesis is nie.

Datum van Skrywe: Die boek Genesis dui nie aan wanneer dit geskryf is nie. Dit is waarskynlik tussen 1440 en 1400 v C, tussendeur die tyd wat Moses die Israeliete uit Egipte uitgelei het en sy dood.

Doel van Skrywe: Genesis is soms die “saadakker” (seed-plot) van die totale Bybel genoem. Die meeste van die hoofdoktrines in die Bybel staan bekend as “saad” wat deel vorm van Die boek Genesis. Saam met die val van die mens, is God se belofte van redding of verlossing opgeteken (Gen 3:15). Die leringe oor die skepping, toerekening van sonde, regverdiging, versoening, verdorwenheid, vervloeking, genade, soewereiniteit, verantwoordelikheid en baie meer word in hierdie boek of oorspronge, wat Genesis genoem word, aangespreek.

Baie van die groot lewensvrae word in Genesis beantwoord. (1) Waar kom ek vandaan? (God het ons geskep – Gen 1:1) (2) Hoekom is ek hier? (Ons is hier om ‘n verhouding met God te hê – Gen 15:6) (3) Waar gaan ek heen? (Ons het ‘n bestemming na die dood – Gen 25:8). Genesis het aantrekkingskrag vir die wetenskaplike, die historikus, die teoloog, die huisvrou, die boer, die reisiger en die man of vrou van God. Dit is ‘n gepaste begin vir God se storie of Sy plan vir die mensdom, die Bybel.

Sleutelverse: Gen 1:1, “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”

Gen 3:15, “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”

Gen 12:2-3, “Ek sal jou ‘n groot nasie maak. Ek sal jou seën en ‘n man van groot betekenis maak en jy moet tot ‘n seën wees. Ek sal seën wie jou seën en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal die volke van die aarde geseën wees.

Gen 50:20, “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het.”

Kort Samevatting: Genesis kan in twee dele verdeel word: Primitiewe Geskiedenis en Patriargale geskiedenis. Primitiewe geskiedenis bevat (1) Skepping (Genesis hoofstukke 1-2); (2) die val van die mens (hoofstukke 3-5); (3) die vloed (hoofstukke 6-9); (4) die verstrooiing (dispersie) (hoofstukke 10-11). Patriargale geskiedenis bevat die lewens van vier groot manne: (1) Abraham (Gen 12-25:8); (2) Isak (Gen 21:1-35-29); (3) Jakob (Gen 25:21-50:14; (4) Josef (Gen 30:22-50:26).

God het ‘n heelal geskep wat goed en sonder sonde was. God het die mensdom geskep om in ‘n persoonlike verhouding met Hom te staan. Adam en Eva het gesondig en sodoende boosheid en dood in die wêreld gebring. Die boosheid het algaande in die wêreld ingekom, totdat daar net een familie was, in wie God iets goeds gevind het. God het die Vloed gestuur om die boosheid uit te wis, maar Noag en sy familie was saam met die diere in die Ark. Na die Vloed het die mensdom weer begin om te vermeerder en regoor die wêreld te versprei.

God het Abraham uitgekies en deur hom sou Hy ‘n uitverkore volk skep en uiteindelik die beloofde Messias. Die uitverkore geslag is op Abraham se seun Isak oorgeplaas en daarna na Isak se seun, Jakob. God het Jakob se naam na Israel verander en sy twaalf seuns het die voorvaders van die twaalf stamme van Israel geword. In Sy soewereiniteit het God Jakob se seun, Josef, deur die gemene optrede van sy broers, na Egipte gestuur. Hierdie bose daad het God op iets goeds laat uitloop en uiteindelik is Jakob en sy familie gered van ‘n verwoestende droogte deur Josef, wat in Egipte magtige opgang gemaak het.

Voorspellings: Baie Nuwe Testamentiese temas het in Genesis ontstaan. Jesus Christus is die Saad van die vrou wat Satan se mag wil vernietig (Gen 3:15). Soos in Josef se geval het God beplan dat alles vir die mensdom goed sou wees deur die offerande van sy Seun, alhoewel diegene wat Jesus gekruisig het, het dit uit boosheid gedoen. Noag en sy familie is die eerste van baie oorgeblewenes wat in die Bybel uitgebeeld word. Ongeag oorweldigende oorblyfsels en moeilike omstandighede, behou God altyd ‘n oorblyfsel van die gelowiges vir Homself. Die oorblyfsel van die Israeliete het na die Babiloniese gevangenskap teruggekeer na Jerusalem; God het ‘n oorblyfsel behou, dwarsdeur al die vervolginge wat in Jesaja en Jeremia beskryf word; ‘n oorblyfsel van 7000 priesters is weggesteek van die vloek van Jesebel; God belowe dat ‘n oorblyfsel van die Jode eendag hul ware Messias sal omhels (Rom11). Die geloof wat deur Abraham geopenbaar is, sou die geskenk van God wees en die fondasie van verlossing vir beide Jood en Heiden (Ef 2:8-9; Heb 11).

Praktiese Toepassing: Die oorheersende tema van Genesis is God se ewige bestaan en Sy skepping van die wêreld. Daar is geen poging aan die kant van die outeur om die bestaan van God te verdedig nie; hy noem net dat God is, altyd was en altyd sal wees, ten volle Almagtig. Terselfdertyd het ons vertroue in die waarhede van Genesis, ten spyte van diegene wat dit ontken. Alle mense, ongeag die kultuur, nasionaliteit of taal het aanspreeklikheid teenoor die Skepper. As gevolg van sonde egter, ingebring in die wêreld, as gevolg van die sondeval, is ons van Hom geskei. Deur een klein nasie, Israel, is God se reddingsplan aan die mensdom geopenbaar en aan almal beskikbaargestel. Ons deel met vreugde in daardie plan.

God het die heelal geskep, die aarde en elke lewende wese. Ons kan Hom vertrou om die probleme in ons lewens te hanteer. God kan ‘n hopelose situasie oorneem soos die kinderlose Abraham en Sara en ongelooflike dinge doen, as ons net vertrou en gehoorsaam. Vreeslike en onregverdige dinge kan in ons lewens gebeur, soos met Josef, maar God sal altyd die goeie daaruit laat voortvloei, indien ons geloof in Hom en Sy soewereine plan behou. “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is” (Rom 8:28).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Genesis
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries