settings icon
share icon

Die boek Esra

Skrywer: Geen spesifieke skrywer word genoem nie. Volgens oorlewering is dit so dat die profeet Esra die boek geskryf het, maar dit is interessant dat, toe Esra vir die eerste keer in hoofstuk 7 na vore kom, verander die skrywer se skryfstyl van die derde persoon na die eerste persoon. Dit verleen dan ook geloofwaardigheid dat Esra die skrywer kon wees.

Datum van Skrywe: Esra kan moontlik tussen 460 en 440 v C geskryf wees.

Doel van Skrywe: Esra is opgedra aan gebeure wat in die land van Israel gebeur het gedurende die tyd van die Babiloniese gevangenskap en daaropvolgende jare, ongeveer een eeu, wat begin in 538 v C. Die klem in Esra word op die herbouing van die Tempel geplaas. Esra bevat uitgebreide geslagsregisters, uitsluitlik vir die doel om die aanspraak op priesterskap te bevestig vir die afstammelinge van Aäron.

Sleutelverse:
Esra 3:11, “Hulle het die Here begin loof en dank: ‘Want Hy is goed, aan Sy liefde vir Israel is daar geen einde nie’. Die hele volk het dit tot lof van die Here uitgejubel, want die fondamente van die huis van die Here was gelê.”

Esra 7:6, “Hierdie Esra het uit Babel gekom en hy was ‘n geleerde man, kundig in die wet van Moses, wat deur die Here die God van Israel gegee is. Omdat die Here Sy hand oor Esra gehou het, het die koning hom alles gegee wat hy van hom gevra het.”

Kort Samevatting: Hierdie boek kan as volg verdeel word: Hoofstukke 1-6 – Die Eerste Terugkeer onder Serubbabel en die Bou van die Tweede Tempel. Hoofstukke 7-10 – Die Bediening van Esra. Tussen hoofstukke 6 en 7 het meer as ‘n halwe eeu verloop en die karakters van die eerste deel was reeds dood toe Esra met sy bediening begin het in Jerusalem. Esra is die een persoon wat uitstaan in die boeke van Esra en Nehemia. Beide boeke eindig met belydenisgebede (Esra 9; Neh 9) en ‘n daaropvolgende skeiding van die mense van sondige praktyke, waarin hulle verval het, geskoei op die konsep van die soort bemoedigende boodskappe van Haggai en Sagaria, wat hier in hierdie verhaal bekendgestel word (Esra 5:1). Hulle kom weer voor in die profetiese boeke wat hul name dra.

Esra dek die terugkeer vanuit ballingskap om die Tempel te herbou tot op die vlak van Artasasta, die gebeure wat aan die begin van die boek Nehemia, gedek word. Haggai was die hoofprofeet tydens Esra se tydperk en Sagaria was die profeet in Nehemia se tyd.

Voorspellings: Ons sien in Esra deurlopend die Bybelse tema van die oorblyfsel. God het elke keer wanneer verwoesting of straf plaasgevind het, ‘n klein oorblyfsel vir Homself gespaar – Noag en sy familie is van die vloed gered; Lot se familie van Sodom en Gomorra; die 7000 profete wat in Israel behoue gebly het, ten spyte van die vervolging van Agab en Isebel. Toe die Israeliete weer in ballingskap in Egipte verkeer, het God Sy oorblyfsel na die Beloofde Land geneem. Ongeveer 50 000 mense het na Judea toe teruggekeer (Esra 2:64-67 en tog, toe hulle hul met die getal mense in Israel vergelyk, toe Israel onder koning Dawid gefloreer het, was hulle opmerking dat hulle maar net ‘n oorblyfsel was wat vir daardie dag gespaar is. Die “oorblyfsel”- tema word tot in die Nuwe Testament oorgedra, waar Paulus sê, “Net so is dit ook vandag: daar is ‘n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is” (Rom 11:5). Alhoewel die meeste mense in die tyd van Jesus Hom verwerp het, het daar mense oorgebly wat God vir Hom in Sy Seun, in die Genadeverbond, behoue laat bly het. Deur al die generasies heen sedert Christus se koms, is daar die oorblyfsel van die getroues wie se voete op die smal pad loop na die ewige lewe (Matt 7:13-14). Hierdie oorblyfsel sal bewaar word deur die krag van die Heilige Gees, wat hulle geseël het, en op die laaste dag veilig sal aflewer (2 Kor 1:22; Ef 4:30).

Praktiese Toepassing: Die boek Esra is ‘n samevatting van hoop en herstel. Vir die Christen wie se lewe deur sonde en rebelsheid teenoor God geskend is, is daar groot hoop dat ons God vergewensgesind is. Hy sal nie Sy rug op ons draai, as ons Hom soek in gebrokenheid en berou nie (1 Joh 1:9). Die terugkeer van die Israeliete na Jerusalem en die herbou van die Tempel word in elke Christen se lewe herhaal, wat terugkeer na die ballingskap van sonde en rebellie teen God. Dan sal hy Hom in ‘n liefdevolle en welkome huis vind. Dit maak nie saak hoe lank ons weg was nie, Hy is altyd gereed om te vergewe en ons terug te neem in Sy familie. Hy is gewillig om ons te wys hoe om ons lewens te herbou en ons harte weer op te rig, sodat dit die Tempel van die Heilige Gees kan wees. Soos met die herbou van die Tempel in Jerusalem, so wil God toesig hou tydens die oprigting en herstel van ons lewens tot eer van Sy diens.

Die teenstanders van God wat wil verhoed dat die Tempel herbou sal word, vertoon ‘n patroon wat die tipies uitbeelding is van die vyand wat ons siele in puin wil laat. Satan gebruik diegene wat voorkom asof hulle in lyn is met God om ons te verlei en poog so om God se planne te dwarsboom. Esra 4:2 beskryf die misleidende taal van hulle wat voorgee dat hulle God aanbid, maar wat eintlik probeer om af te breek en nie op te bou nie. Ons moet op ons hoede wees vir sulke mense en teenoor hulle optree soos die Israeliete en weier om deur hul sagte woorde en valse geloofsverklarings mislei te word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Esra
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries