settings icon
share icon

Die boek Esegiël

Skrywer: Die profeet Esegiël is die skrywer (Eseg 1:3). Hy was 'n tydgenoot van beide Jeremia en Daniël.

Datum van Skrywe: Esegiël is waarskynlik tussen 593 en 565 v C, gedurende die Babiloniese ballingskap van die Jode geskryf.

Doel van Skrywe: Esegiël het sy tydgenote bedien, toe hulle vol sonde en totaal sonder hoop was. Deur sy profetiese bediening het hy geprobeer om hulle tot onmiddellike berou te lei en tot vertroue in die nabye toekoms. Hy het geleer dat: (1) God werk deur menslike boodskappers; (2) Selfs in neerlaag en mismoed is dit nodig dat God se mense Sy soewereiniteit erken; (3) God se Woord faal nooit nie; (4) God is teenwoordig en kan oral aanbid word; (5) Mense moet God gehoorsaam, indien hulle seëninge wil ontvang; en (6) God se koninkryk sal kom.

Sleutelverse: Eseg 2:3-6, "Hy het vir my gesê: 'Mens, ek stuur jou na die Israeliete toe, 'n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe. Dit is moedswillige en hardkoppige mense na wie toe Ek jou stuur. Jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê, of hulle luister of nie, want hulle is 'n weerbarstige volk, maar hulle sal agterkom dat daar 'n profeet tussen hulle is.'"

Eseg 18:4, "Al die mense behoort aan My, vaders en kinders is Myne. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf.

Eseg 28:12-14, "Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is, 'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap: jy is uitgebeeld in die godetuin Eden, omring deur kosbare edelstene: karneool, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois, smarag en die reliëfwerk wat aan jou was van goud. So is jy gemaak die dag toe jy geskep is. Jy is uitgebeeld as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou, Ek het jou die opdrag gegee. Jy was op die heilige godeberg, daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene."

Eseg 33:11, "Sê vir hulle: 'So seker as Ek leef, sê die Here my God. Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle bose optrede! Waarom wil julle sterf, Israel?'"

Eseg 48:35, "en sy naam moet van vandag af wees: Die Here is daar."

Kort Samevatting: Hoe kan jy meeding met 'n wêreld wat die spoor byster geraak het? Esegiël wat beoog het om sy bediening as priester op die ouderdom van dertig te begin, is ontwortel van sy tuisland en moes na Babilon marsjeer op die ouderdom van 25. Vir vyf jaar het hy gekwyn in mismoed. Op die ouderdom van 30 het 'n wonderbaarlike visioen van Jahwe se glorie sy hele wese in Babilon bekoor. Die priester/profeet God wat ontdek is, is nie beperk tot die eng strukture van Esegiël se geboorteland nie. In plaas daarvan is Hy 'n universele God wat persone en volke beheer en aan hulle opdragte gee. In Babilon het God Sy Woord aan Esegiël meegedeel vir die mense. Sy ondervinding as gevolg van sy roeping het Esegiël verander. Hy het hom ywerig aan God se Woord toegewy. Hy het besef dat hy persoonlik niks het om die ballinge in hul treurige situasie mee te help nie, maar hy was oortuig dat God se Woord hul omstandigheid aangespreek het en hulle daarin die oorwinning gegee het. Hy het kuns gebruik om 'n uitbeelding van Jerusalem te maak, simboliese handelinge en ongewone gedrag om aandag te verseker. Hy het sy hare en sy baard gesny om te demonstreer wat God aan Jerusalem en sy inwoners sou doen.

Esegiël as boek kan in vier dele opgedeel word:
Hoofstukke 1-24: profesieë oor die verwoesting van Jerusalem
Hoofstukke 25-32: profesieë van God se straf vir naburige nasies
Hoofstuk 33: 'n laaste oproep vir Israel tot berou
Hoofstukke 34-48: profesieë rakende die toekomstige herstel van Israel

Voorspellings: Esegiël 24 is die hoofstuk waarin God die leiers van Israel aankla as valse herders as gevolg van hulle karige omgee vir Sy mense. In plaas van om vir die skape van Israel te sorg, kyk hulle net na hulself. Hulle het goed geëet, goed aangetrek en goed omgesien na die mense wat oor hulle aangestel was (Eseg 34:1-3). In teenstelling, Jesus is die Goeie Herder wat Sy lewe vir die skape afgelê het en hulle beskerm teen die wolwe wat die trop wou verwoes (Joh 10:11-12). Hoofstuk 34:4 beskryf mense wat die herders nie bedien nie, as swak, siek, beseer en verlore. Jesus is die Groot Geneesheer wat ons geestelike wonde genees (Jes 53:5) deur Sy dood aan die kruis. Hy is die Een wat soek en diegene wat verlore is, red (Luk 19:10).

Praktiese Toepassing: Die boek Esegiël roep ons om deel te wees van 'n vars en lewendige ontmoeting met die God van Abraham, Moses en die profete. Ons moet oorwinnaars wees of ons sal oorwin word. Esegiël daag ons uit om: 'n lewensveranderende visioen van God se almag, kennis, ewige teenwoordigheid en heiligheid te beleef; toe te laat dat God ons lei; die diepte en verbondenheid tot die bose wat in elke mens se hart woon, sal begryp; te erken dat God sy dienaars verantwoordelik hou om slegte mense teen hul gevaar te waarsku; 'n lewende verhouding met Jesus Christus te ervaar, wat gesê het dat die nuwe verbond slegs in Sy bloed gevind kan word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Esegiël
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries