settings icon
share icon

Die boek Daniël

Skrywer: Die boek Daniël identifiseer die profeet Daniël as die outeur (Dan 9:2; 10:2). Jesus verwys ook na Daniël as die outeur (Matt 24:15).

Datum van Skrywe: Daniël is ongeveer tussen 540 en 530 v C geskryf.

Doel van Skrywe: In 605 v C het Nebukadnesar, koning van Babilon, Juda oorwin en het baie van sy inwoners na Babilon ontvoer – Daniël ingesluit. Hy het in die koninklike hof van Nebukadnesar, asook verskeie regeerders wat Nebukadnesar opgevolg het, gedien. Die boek Daniël bevat die optredes, profesieë en visioene van die profeet, Daniël.

Sleutelverse: Dan 1:19-20, "Die koning het met hulle gepraat en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree. In enige saak wat wysheid en insig vereis het en waaroor die koning hulle uitgevra het, was hulle tien maal beter as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk."

Daniël 2:31, "U het 'n visioen gehad. Daar was 'n groot beeld. Dit was hoog en het baie geblink. Dit het voor u gestaan, iets skrikwekkends.

Dan 3:17-18, "Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie."

Dan 4:34-35 "Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: 'Wat doen U?' nie."

Dan 9:25-27, "Jy moet nou goed verstaan, vandat die opdrag gegee is dat Jerusalem herstel en herbou moet word, totdat 'n regeerder kom wat deur God uitgekies is, sal sewe tydperke wees. Twee en sestig tydperke lank sal Jerusalem opgebou bly, met strate en verdedigingslote, maar dit sal moeilike tye wees. Aan die einde van die twee en sestig tydperke sal 'n regeerder onskuldig doodgemaak word. Die stad en die heiligdom sal verwoes word deur die volk van 'n ander regeerder wat op die toneel sal verskyn. Die einde sal kom soos 'n oorstroming; daar sal oorlog wees tot die einde toe, rampe soos besluit is. Dié regeerder sal vir een tydperk 'n vaste ooreenkoms aangaan met die vooraanstaandes en teen die helfte van dié tydperk sal hy die diereoffers en die graanoffers afskaf. Hy sal op die een hoek van die tempel 'n ding sit wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, en dit sal daar staan tot alles verby is. Dan sal oor dié regeerder wat soveel verwoesting aangerig het, losbars wat oor hom besluit is."

Kort Samevatting: Daniël kan in drie afdelings verdeel word. Hoofstuk 1 beskryf die oorwinning van Jerusalem deur die Babiloniërs. Saam met baie ander is Daniël en sy drie vriende na Babilon ontvoer en as gevolg van hulle moed en die opmerklike seëninge van God oor hulle, is hulle bevorder in die koning se diens (Dan 1:17-20).

Hoofstukke 2-7 vertel van Nebukadnesar se droom wat net Daniël korrek kon uitlê. Nebukadnesar se droom van 'n groot standbeeld, wat die toekomstige koninkryke wat sou opstaan, verteenwoordig. Nebukadnesar het 'n groot standbeeld van homself laat maak en almal gedwing om dit te aanbid. Sadrag, Mesag en Abednego het geweier en is wonderbaarlik deur God gespaar, ten spyte daarvan dat hulle in die brandende oond gegooi is. Nebukadnesar is deur God gestraf vir sy trotse houding, maar is later vergewe toe hy God se soewereiniteit erken en aanvaar het.

Daniël 5 bevat die gegewens oor Nebukadnesar se seun, Belsassar, wat die tempelware in Jerusalem misbruik het en in antwoord 'n boodskap van God ontvang het, wat op die muur geskryf was. Net Daniël kon dit interpreteer – 'n boodskap van toekomstige straf vanaf God. Daniël is toe in die leeuhok gegooi, omdat hy geweier het om die keiser te aanbid, maar is wonderbaarlik gered. God het aan Daniël 'n visioen van vier groot diere gehad. Die vier diere verteenwoordig die koninkryke van Babilon, Medië en Persië, Griekeland en Rome.

Hoofstukke 8-12 bevat 'n visioen van 'n ram, 'n bok en verskeie horings – wat ook verwys na toekomstige koninkryke en hulle regeerders. Daniël 9 bevat Daniël se profesie aangaande die "sewentig tydperke". God het vir Daniël die presiese tydslyn gegee van wanneer die Messias sou kom en afgesny sou word. Die profesie praat ook van 'n toekomstige regeerder wat 'n sewentigjarige verbond met Israel sou sluit en dan na drie en 'n halwe jaar sou breek. Daarna sou die groot oordeel en voltooiing van alle dinge aanbreek. Daniël is besoek en versterk deur 'n engel, na hierdie groot visioen en die engel verduidelik die visioen aan Daniël in omslagtige besonderhede.

Voorspellings: Ons sien in die verhale van die brandende oond en Daniël in die leeukuil, die voorafvoorspelling van die verlossing wat deur Christus gebring sou word. Die drie mans verklaar dat God 'n reddende God is, wat 'n pad van verlossing kan bewerk (Dan 3:17). Op dieselfde wyse word Jesus gestuur om vir ons sondes te sterwe en daardeur bewerk God 'n ontvlugting van die helse vuur (1 Pet 3:18). In Daniël se geval het God 'n engel voorsien om die bekke van die leeus toe te sluit en sodoende vir Daniël van die dood te bewaar. Jesus Christus is ons voorsiening teen die gevare van die sonde wat dreig om ons te vernietig.

Daniël se visioen van die eindtye verwys na Israel se Messias, deur wie baie mense rein en heilig gemaak sou word (Dan 12:10). Hy is ons geregtigheid, deur wie ons sondes weggewas sal word en alhoewel dit bloedrooi is, so wit soos sneeu sal word (Jes 1:18).

Praktiese Toepassing: Soos Sadrag, Mesag en Abednego moet ons altyd opstaan vir wat ons weet wat reg is. God is groter as enige straf wat op ons pad mag kom. Of God kies om ons vry te maak of nie, Hy is altyd waardig om vertrou te word. God weet wat die beste is en Hy eer diegene wat Hom vertrou en gehoorsaam.

God het 'n plan en Sy plan is vol ingewikkelde besonderhede. God ken die toekoms en is in beheer daarvan. Alles wat God voorspel het, word waar soos Hy dit voorspel het. Dus moet ons glo en vertrou dat dinge wat Hy vir die toekoms voorspel het, eendag sal plaasvind, presies soos God dit bedoel het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Daniël
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries