settings icon
share icon

Die boek Job

Skrywer: Geen skrywer word spesifiek gemeld nie. Die moontlike kandidate is Job, Elihu, Moses en Salomo.

Datum van Skrywe: Die skryfdatum van Job word bepaal deur die skrywer. Sou dit Moses wees, dan is dit ongeveer 1440 v C. Indien dit Salomo is, 950 v C. Aangesien ons onsekerheid het, is dit moeilik om te bepaal.

Doel van Skrywe: Die boek Job help ons om die volgende te verstaan: Satan kan nie finansiële en fisiese vernietiging oor ons bring, indien God toestemming gee nie. God het mag oor wat Satan kan en nie kan doen nie. Dit is bokant ons menslike begrip om die “hoekoms en waaroms” agter al die lyding in die wêreld te verstaan. Die bose sal hul regverdige vergelding ontvang. Ons kan nie altyd ons lyding en sonde op ons “manier” van lewe blameer nie. Soms word lyding in ons lewens toegelaat om ons te suiwer, te toets, te leer of om ons gees te versterk. God bly vir ons volmaak en voldoende, Hy verdien en verlang ons liefde en om in alle omstandighede geloof en geprys te word.

Sleutelverse:
Job 1:1, “In die land Us was daar ‘n man met die naam Job. Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy.”

Job 1:21, “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.”

Job 38:1-2, “Toe het die Here vir Job aangespreek uit ‘n stormwind uit: ‘Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?’”

Job 42:5-6, “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien, en nou verag ek myself, nou sit ek vol berou, in sak en as.”

Kort Samevatting: Die boek begin met ‘n beeld vanuit die hemel waar Satan kom om Job voor God aan te kla. Hy hou vol dat Job God net dien, omdat Hy hom beskerm en nou soek Satan God se toestemming om Job se geloof en lojaliteit te toets. God het ingestem, maar daar was sekere beperkinge. Waarom ly die regverdiges? Dit is die vraag wat opgekom het, nadat Job sy familie, sy rykdom en sy gesondheid verloor het. Job se drie vriende Elihu, Sofar en Bildad het gekom om hom te troos en sy vernietigende reeks tragedies te bespreek. Hulle het volgehou dat dit alles gebeur, as gevolg van sonde in sy lewe. Job het egter toegewyd aan God gebly deur dit alles en aangevoer dat hy nie ‘n lewe van sonde geleef het nie. Elihu vertel aan Job dat hy homself moet verneder en onderwerp aan God se beproewings om sy lewe te suiwer. Uiteindelik vra Job vrae aan God en leer hy waardevolle lesse oor die soewereiniteit van God en die nodigheid om volkome op die Here te vertrou. Job se gesondheid is aan hom teruggegee, ook sy geluk en voorspoed, baie meer en beter as vantevore.

Voorspellings: Terwyl Job besig was om sy armoede te oordink, het daar drie vrae by hom opgekom, almal wat net in ons Here Jesus Christus beantwoord kan word. Hierdie vrae kom in hoofstuk 14 voor. Vers 4: Job vra, “Wie kan rein uit onrein laat voortkom? Niemand nie!” Job se vraag vloei uit ‘n hart wat erken dat dit nie moontlik is om God te plesier of regverdig voor Hom te staan nie. God is heilig; ons is nie. Daar bestaan dus ‘n groot gaping tussen die mens en God, veroorsaak deur sonde. Die antwoord op hierdie vraag, word gevind in Jesus Christus. Hy het die boete vir ons sonde betaal en het dit omgeruil vir Sy regverdigheid. Sodoende het ons aanvaarbaar in God se aangesig geword (Heb 10:14; Kol 1:21-23; 2 Kor 5:17).

Job se tweede vraag, “Maar die mens sterf en verdwyn, hy blaas sy laaste asem uit, en waar is hy?” (Job 14:10). Dit is ‘n vraag oor ewigheid en lewe en dood , wat net in Christus beantwoord kan word. Met Christus is die antwoord, die ewige lewe in die hemel. Sonder Christus is die antwoord, in die “diepste duisternis” waar hulle sal “huil en op hulle tande kners” (Matt 25:30).

Job se derde vraag, in vers 14, “As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe?” Weer lê die enigste antwoord in Christus. Ons gaan verseker weer lewe as ons in Hom is. “En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: ‘Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?’” (1 Kor15:54-55).

Praktiese Toepassing: Job herinner ons daaraan dat daar ‘n “kosmiese konflik” agter die skerms aan die gang is, waarvan ons gewoonlik nie van weet nie. Dikwels wonder ons waarom God iets toelaat en ons bevraagteken God se goedheid, sonder om die hele prentjie te sien. Job leer ons om God onder alle omstandighede te vertrou, nie net WANNEER ons nie verstaan nie, maar OMDAT ons nie verstaan nie. Die Psalmis sê “Wat God doen, is volmaak” (Ps 18:31). Indien God se manier van doen volmaak is, kan ons vertrou dat wat Hy ookal doen of toelaat, volmaak sal wees. Dit mag vir ons onmoontlik lyk, maar ons gedagtes is nie God s’n nie. Dit is waar dat ons nie kan verwag om Sy gedagtes volmaak en volledig te verstaan nie: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is My optrede verhewe bo julle optrede en My gedagtes bo julle gedagtes” (Jes 55:8-9). Dus, ongeag, is ons verantwoordelikheid teenoor God om Hom te gehoorsaam, Hom te vertrou en ons aan Sy wil te onderwerp, óf ons dit verstaan óf nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek Job
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries