settings icon
share icon

Die boek 2 Konings

Skrywer: 2 Konings noem nie ‘n skrywer nie. Volgens oorlewering is die profeet Jeremia die skrywer van 1 en 2 Konings.

Datum van Skrywe: 2 Konings en 1 Konings is blykbaar tussen 560 en 540 v C geskryf.

Doel van Skrywe: 2 Konings is ‘n vervolg op 1 Konings. Dit sit die verhaal voort van die konings oor die verdeelde koninkryk (Israel en Juda). Dit sluit af met die finale nederlaag en wegvoer van die mense van Israel en Juda na Assirië en Babilon onderskeidelik.

Sleutelverse:
2 Kon 17:7-8: “Dit het gebeur omdat die Israeliete gesondig het teen die Here hulle God wat hulle uit Egipte laat wegtrek het, onder die mag uit van die farao, koning van Egipte. Maar hulle het ander gode vereer en geleef volgens die gebruike van die nasies wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak, gebruike wat deur die konings van Israel nagevolg is.”

2 Kon 22:1a-2: “Josia was ag jaar toe hy koning geword het en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. Josia het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het in alles die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.”

2 Kon 24:2: “Die Here het bendes Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen Jojakim gestuur. Hy het hulle gestuur om Juda uit te roei, in ooreenstemming met wat die Here deur sy dienaars die profete gesê het.”

2 Kon 8:19: “Die Here wou Juda nie vernietig nie, ter wille van sy dienaar, Dawid. Die Here het hom belowe om altyd iemand uit sy nageslag op sy troon te laat sit.”

Kort Samevatting: 2 Konings beeld die val van die verdeelde koninkryk uit. Profete hou aan om die mense te waarsku dat die oordeel van God op hande is, maar hulle wil nie berou toon nie. Die koninkryk van Israel is herhaaldelik deur slegte konings geregeer en selfs al was ‘n paar konings van Juda goed, het die meerderheid die mense weggelei van die aanbidding van Jehova af. Hierdie paar goeie regeerders, saam met Elisa en ander profete, kan nie die volk se verval stop nie. Die Noordelike Koninkryk van Juda is uiteindelik deur die Assiriërs vernietig en ongeveer 136 jare later is die Suidelike Koninkryk deur die Babiloniërs verwoes.

Daar is drie uitstaande temas in 2 Konings. Eerstens wil die Here Sy mense straf vir hul ongehoorsaamheid en die feit dat hulle hul rûe op Hom gedraai het. Die Israeliete se ontrouheid is weerspieël in die bose afgodery van die konings en het daartoe gelei dat God Sy regverdige wraak teen hulle rebellie uitgeoefen het. Tweedens het die woorde van die ware profete van God altyd waar geword. Die Here het altyd Sy word gehou en so was die woorde van Sy profete altyd waar. Derdens is die Here getrou. Hy het Sy belofte aan Dawid (2 Sam 7:10-13) onthou en ten spyte van die mense se ongehoorsaamheid en die sondige konings wat hulle geregeer het, het die Here nie Dawid se familie tot niet laat gaan nie.

Voorspellings: Jesus gebruik die verhale van die weduwee van Sarfat van 1 Kon en Naäman in 2 Kon om die groot waarheid van God se medelye teenoor hulle wat die Jode as onwaardig geag het om God se genade te verdien – die armes, die swakkes, die onderdruktes, belastinggaarders, Samaritane en Heidene. Deur gebruik te maak van die voorbeelde van ‘n arm weduwee en ‘n melaatse, het Jesus Homself as die Groot Geneesheer bewys wat gesondmaak en diegene wat in die grootste nood is, bedien met Sy goddelike soewerine genade. Hierdie selfde waarheid was die grondslag van die geheimnis van die liggaam van Christus, Sy Kerk, wat uit alle vlakke van die samelewing getrek word, manlik en vroulik, ryk en arm, Jood en Heiden (Ef 3:1-6).

Baie van die wonderwerke van Elisa het daardie wat Jesus self gedoen het, voorafgegaan. Elisa het die Sunemmitiese vrou se seun (2 Kon 4:34-35) opgewek, Naäman genees van melaatsheid (2 Kon 5:1-19) en die brood vermeerder om 100 mense te voed, met nog oorskiet (2 Kon 4:42-44).

Praktiese Toepassing: God haat sonde en Hy sal nie toelaat dat dit onbepaald voortgaan nie. Indien ons aan Hom behoort, kan ons Sy dissipline verwag, as ons Hom nie gehoorsaam nie. ‘n Liefdevolle Vader dissiplineer Sy kinders tot hul voordeel en om te bewys dat hulle verseker aan Hom behoort. God kan soms ongelowiges gebruik om Sy mense op die regte pad te bring en Hy waarsku ons voordat Hy straf toedien. As Christene het ons Sy Woord as leiding en Hy waarsku ons wanneer ons afdwaal van Sy pad. Soos die profete van ouds, is Sy Woord betroubaar en altyd waar. God se getrouheid teenoor Sy menses al nooit faal nie, selfs al faal ons Hom.

Die verhale van die weduwee en die melaatse is voorbeelde vir ons na aanleiding van die Liggaam van Christus. Soos Elisa genade betoon het aan hulle wat die laagste in die samelewing was, so moet ons ook almal wat aan Christus behoort, in ons kerke verwelkom. God maak nie onderskeid tussen mense nie (Hand 10:34) en dus moet ons ook nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Die boek 2 Konings
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries